Episodes

  • Episode 181: Giniel de Villiers
    Apr 16 2024

    Giniel de Villiers is 'n legende in die motorsportwêreld en ‘n trots Suid-Afrikaanse produk.

    Tussen 1997 en 2000, wen hy die Suid-Afrikaanse Touring Car kampioenskap vier keer. In 2003 maak hy 'n indrukwekkende Dakar debuut met Nissan, deur in die vyfde plek te eindig. Saam met Volkswagen, behaal hy 'n tweede plek in 2006 en 'n oorwinning in 2009.

    Met 'n loopbaan wat meer as twee dekades strek, is De Villiers 'n meester van konsekwentheid, met tallose Top 10 posisies en 15 podiumverskynings. As 'n hoeksteen van die Toyota Gazoo-span, spandeer hy baie van sy tyd om die Hilux te onwikkel in veral die Namibiese- en Kalahariwoestyn.

    Show more Show less
    1 hr and 20 mins
  • Episode 180: André Koegelenberg & Johan Pool
    Apr 8 2024

    André Koegelenberg en Johan Pool se lewens is op hul koppe gedraai toe ‘n gasontploffing in 2019 hulle elektriese winkel vernietig het. Na jare se harde werk om hul reputasie op te bou en ‘n kliëntebasis te vestig was daar net een ding om te doen: om oor te begin.

    Die konsessiehouers van die ACDC Express in Worcester gesels oor hoe hulle in die bedryf beland het, die uitdagings wat hulle moes oorkom en die lesse wat hulle geleer het, asook hoe hulle slegs 10 dae na die ontploffing weer operasioneel was. Hulle deel ook besigheidswenke en wyshede vir jong entrepreneurs wat hulle danksy hulle 8 jaar in die bedryf geleer het.

    Show more Show less
    1 hr and 1 min
  • Episode179: ”Maak my ’n Miljoenêr” Entrepreneur van die Jaar-kompetisie
    Jan 23 2024

    Ek het gesels met Roedolf van der Westhuizen, die Uitvoerende Hoof van Die MOS Inisiatief en Albert van Wyk oor entrepreneurskap. Ons het veral gesels oor Albert se televisiereeks op VIA "Maak my 'n Miljoenêr" Entrepreneur van die Jaar-kompetisie, waar Hoërskool kinders wat hul eie besighede bedryf, meegeding het om die gesogte titel.

    Gaan luister gerus ook na die nuwe podcast reeks, Pot Vol Kennis, wat ek saam met die MOS Inisiatief aangepak het. Ons help jou om op ’n ander manier te dink oor onderrig en die toekoms van onderrig.

    Show more Show less
    56 mins
  • Episode 178: Andrew Bartlett
    Dec 22 2023

    Andrew Bartlett het sy eerste groot besigheid in telekommunikasie in Bloemfontein opgebou. 'n Kombinasie van te vinnige en te diverse groei, tesame met Covid as kersie op die koek, het gelei tot die ineenstorting van die besigheid. Sy Covid-storie begin in 'n diep, donker geestelike gat.

    Gelukkig is sy post-Covid-storie 'n nuwe begin met 'n nuwe vennootskap wat oa 'n gemeenskapsradiostasie, 'n nuwe ateljee, 'n nuwe podcast reeks, 'n nuwe mediahuis genaamd Miele Media, 'n UFC-klub, en selfs vriesbaddens en 'n hyperbaric oxygen chamber insluit. Dit was ‘n mondvol! Ek benodig suurstof!

    Show more Show less
    59 mins
  • Episode 177: Andries Mulder
    Dec 8 2023

    "Wanneer jy oorweeg om sonpanele te installeer, is dit noodsaaklik om navorsing te doen oor die maatskappy wat jy van plan is om te gebruik, en te verseker dat die produk wat gebruik word in Suid-Afrika gediens kan word, anders gaan jy probleme ervaar," sê Andries, eienaar van die ACDC Express in Nelspruit.

    Andries het in verskeie bedrywighede gewerk, insluitend die klerebedryf, wegneemetes, en die petrolbedryf, voordat hy in die elektriesebedryf sy merk gemaak het.

    “Met 'n produkreeks van amper 36,000 in die winkel,” voeg hy by “is dit nie altyd maklik om by te bly met al die tegniese aspekte van alles nie, maar as ons nie dadelik 'n antwoord het vir ons kliënte nie, sal ons beslis die antwoord kry.”

    Show more Show less
    29 mins
  • Episode 176: Arnold Vosloo
    Nov 17 2023

    My gas vandag in die ateljee is die legendariese akteur en Suid-Afrikaanse skat, Arnold Vosloo! As jy nie weet wie hy is nie, vermoed ek jy is nie regtig Afrikaans, Suid-Afrikaans, of selfs bewus van die internet nie. Arnold het vir die afgelope 33 jaar in die VSA gebly en Hollywood aan die praat gehad met treffers soos "The Mummy" en "Blood Diamond."

    Gelukkig vir ons is sy plan om elke jaar vir ‘n paar maande te kom draai in Suid-Afrika om aan verkieslik “Afrikaanse projeke” te werk, se hy. Ons gesels oor sy grootwordjare, sy filmloopbaan, sy lewe in Amerika en sy nuutste drama, "Plan B”, wat geïnspireer is deur boekkarakters van Deon Meyer.

    Show more Show less
    1 hr and 27 mins
  • Agripreneurs Reeks: Stian Brandt
    Nov 3 2023

    Het jy al ooit gewonder waarom ry daar meestal oorsee-vervaardigde “rowwe-onbeskofte-ruwwe-terrein-bakkies” in Afrika rond? Wel, dis aan die verander. ‘n Vrystater het opgehou wonder. ‘n Plan gemaak en gedoen! So is die bekostigbare, taai, betroubare, geen fieterjasies Brandt BRV-werkeselbakkies in Bloemfontein gebore en nou ook vervaardig.

    Ek het onlangs die spartaanse, duursame, lae onderhoud, veldry-voertuig met sy stewige vragdravermoë by die Agriculture.Golf-gholfdag in Bloemfontein, te siene gekry. Ek het ook met die man agter die bakkies wat internasionale motorvervaardigers op eie werf aangedurf het, Stian Brandt van Brandt Radical Vehicles, gesels.

    Show more Show less
    17 mins
  • Episode 175: Die SONpaneel
    Sep 6 2023

    Elke laaste Vrydag van die maand, kuier Jacques, Dewald, Marais en Ernes saam om die Boma@21-besigheidsvuur. Hulle duik kop eerste in die swembad van handel, reg, geskiedenis en aktuele sake.

    Besoek ons webwerf: www.klipkouers.com

    Show more Show less
    1 hr and 12 mins