• Bizskoops - 20 Junie 2024
    Jun 20 2024
    Op die program vandag ... Media24 gaan 400 poste sny.
    Die ekonoom Waldo Krugel gaan ons meer vertel oor aanwysers.
    In internasionale sake-nuus... Soedan staar ‘n katastrofiese voedselkrisis in die gesig.
    In beleggingsnuus, Suid-Afrika se finansiële markte vaar baie goed.
    En ons gesels ook met Chris Hattingh van die Sentrum vir Risiko-ontleding oor die ekonomie en staatsfinansies.
    Show more Show less
    7 mins
  • Bizskoops - 13 Junie 2024
    Jun 13 2024
    Op die program vandag ... Sentiment in die bousektor bly onder druk.
    Die ekonoom Waldo Krugel gaan ons meer vertel oor sjokoladepryse.
    In internasionale sake-nuus... China se grootmaat kommoditeitspryse het vir drie opeenvolgende maande gestyg.
    In beleggingsnuus, Allen Gray glo in Suid-Afrikaanse maatskappye.
    En ons gesels ook met Chris Hattingh van die Sentrum vir Risiko-ontleding oor ’n nuwe president, die ekonomie en staatsfinansies.
    Show more Show less
    8 mins
  • Bizskoops - 06 Junie 2024
    Jun 6 2024
    Op die program vandag ... Afrika gaan die tweede vinnigste groeiende streek bly.
    Die ekonoom Waldo Krugel gaan ons meer vertel oor die ekonomiese impak van ‘n koalisie-regering.
    In internasionale sake-nuus... Britse huispryse het in Mei teruggekeer na groei.
    In beleggingsnuus, Koalisie-onsekerheid kan die rand verder verswak.
    En ons gesels ook met Chris Hattingh van die Sentrum vir Risiko-ontleding oor die belangrike aspekte van ‘n koalisie-regering
    Show more Show less
    9 mins
  • Bizskoops - 30 Mei 2024
    May 30 2024
    Op die program vandag ... Pick n Pay het aangekondig dat hy winkels gaan sluit aangesien dit groot verliese aanteken.
    Die ekonoom Waldo Krugel gaan ons meer vertel oor die vervaardigingsektor.
    In internasionale sake-nuus... Die wêreldvraag na Afrika-sjokolade neem toe.
    In beleggingsnuus, Aandele van genoteerde hospitaalgroepe het met soveel as 35 persent gedaal.
    En ons gesels ook met Chris Hattingh van die Sentrum vir Risiko-ontleding oor sakesiklusaanwysers, die uitwerking van die verkiesing en China se militêre oefeninge rondom Taiwan.
    Show more Show less
    9 mins
  • Bizskoops - 23 Mei 2024
    May 23 2024
    Op die program vandag ... Gesondheidsorgaktiviste beweer dat die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) die regering meer as 'n triljoen rand kan kos.
    Die ekonoom Waldo Krugel gaan ons meer vertel oor die stand van die ekonomie.
    In internasionale sake-nuus... Die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) het aanbeveel dat Britse rentekoerse verlaag moet word.
    In beleggingsnuus, Microsoft sal besighede in swart besit help.
    En ons gesels ook met Chris Hattingh van die Sentrum vir Risiko-ontleding oor die ANC se ondesteuning wat voor die verkiesing toeneem.
    Show more Show less
    8 mins
  • Bizskoops - 16 Mei 2024
    May 16 2024
    Op die program vandag ... Suid-Afrika se werkloosheidsyfer staan op 32-komma-nege persent.
    Die ekonoom Waldo Krugel gaan ons meer vertel oor sentrale banke en rentekoerse.
    In internasionale sake-nuus... Zimbabwe het boetes aangekondig om die gebruik van sy geldeenheid se amptelike wisselkoers af te dwing.
    In beleggingsnuus, Die private sektor is die belangrikste beleggingsdryfveer in Suid-Afrika.
    En ons gesels ook met Sanlam se Ray-ann Sedres wat ons meer sal vertel van hul vennootskap met SANParke wat daarop gemik is om entrepreneurs by te staan.
    Show more Show less
    11 mins
  • Bizskoops - 09 Mei 2024
    May 9 2024
    Op die program vandag ... Shell bevestig hulle gaan Suid-Afrika verlaat.
    Die ekonoom Waldo Krugel gaan ons meer vertel oor die impak van beurtkrag op die arbeidsmark.
    In internasionale sake-nuus... Die verkope van iPhones het in byna elke mark regoor die wêreld gedaal.
    In beleggingsnuus, Suid-Afrika is nie in die moeilikheid by beleggers nie.
    En ons gesels ook met Sanlam se Ray-ann Sedres wat ons meer sal vertel van hul vennootskap met SANParke wat daarop gemik is om entrepreneurs by te staan.
    Show more Show less
    8 mins
  • Bizskoops - 02 Mei 2024
    May 2 2024
    Op die program vandag ... Likwidasies in Suid-Afrika het afgeneem.
    Die ekonoom Waldo Krugel gaan ons meer vertel oor wat die springbokke vir die ekonomie gedoen het.
    In internasionale sake-nuus... Aandele in Meta daal weens planne om in kunsmatige intelligensie te belê.
    In beleggingsnuus, die vraag na Krugerrande floreer in Suid-Afrika.
    En ons gesels ook met Chris Hattingh van die Sentrum vir Risiko-ontleding om meer uit te vind oor afleggings in die mynbousektor, die ANC en terreurbefondsing.
    Show more Show less
    11 mins