Episodes

  • Sokker Sondae - Episode 115 - Swanesang
    May 21 2024

    In ons laaste episode van SokkerSondae bespreek ons die volgende:

    - Ons gunsteling “streets will never forget” spelers - Die 23/24 Premier League seisoen - Wat voorlê vir ons klubs - Ons gunsteling SokkerSondae oomblikke - Fantasy Premier League

    Kom luister saam, vir die laaste keer!

    Show more Show less
    1 hr and 47 mins
  • Sokker Sondae - Episode 114 - Is KDB die Beste Midfielder in Premier League Geskiedenis?
    Jan 18 2024

    In episode 114 van SokkerSondae bespreek ons die volgende:

    - Is KDB die beste PL midfielder van alle tye?

    - Waar gaan Jose nou dat hy gesack is by Roma?

    - Wat gaan aan met die United Oorname?

    - Wat het gebeur met Everton en Forest en hoekom gebeur niks met Man City nie?

    - Ivan Toney is terug!

    Kom luister saam.

    Show more Show less
    1 hr and 13 mins
  • SokkerSondae - Episode 113 - Simon Hooper se Blooper
    Dec 4 2023

    In hierdie episode bespreek Falck, JP en Conna die kontroversiele besluit van Simon Hooper om advantage kort te knip nadat Jack Grealish deur Haaland deurgesit is in die doodsnikke van hulle 3-3 gelykop uitslag teen Spurs by die Etihad.

    Het ons ‘n three way battle vir die Premier League title tussen Liverpool, Arsenal en Man City of is dit nog heeltemal te vroeg om te se?

    In ons Fantasy-segment bespreek ons onder andere Newcastle se great assets, n paar Goalkeeper differentials en ons cappies vir die naweek.

    Kom luister saam!

    Show more Show less
    54 mins
  • SokkerSondae - Episode 112 - Die Beste Bicycle van Alle Tye?
    Nov 30 2023

    In die week se episode bespreek Barns, Brennas en Brandy Garnacho se wonder goal.

    Halaand breek die record vir die vinnigste tot 50 goals in PL geskiedenis.

    Arsenal se defence en goalkeeping situasie word ook in diepe ontleed en ons sluit af met FPL.

    To Darwin or not to Darwin?

    Kom luister saam!

    Show more Show less
    48 mins
  • Sokker Sondae – Episode 111 - Die Beste Striking Duo van Alle Tye
    Nov 8 2023

    In hierdie episode gesels Falck, Conna, Barns en Brennas oor die beste striking partnerships van die Premier League era – van Ronaldo en Rooney tot Kane en Son.

    Die kontroversie rondom die gebeure in die Newcastle Arsenal en Spurs Chelsea kragmetings het al die headlines in die media gekry en ons bespreek ook die insidente wat in hierdie wedstryde uitgestaan het.

    Na ‘n Fantasy GW11 van hel sit die ouens kop by mekaar om te besluit of ‘n knee jerk reaction nou geregverdig is en of ons liewer moet kalm bly en die prosesse vertrou. Nadat beide Salah en Haaland in GW11 geblank het is captaincy weereens nie ‘n eenvoudige besluit nie.

    Kom luister saam!

    Show more Show less
    1 hr and 5 mins
  • Sokker Sondae - Episode 110 - Salah of Haaland?
    Nov 2 2023

    In hierdie episode van SokkerSondae verwelkom ons ‘n nuwe gas, Alfonso Meyer (United ondersteuner).

    Ons skud bietjie die roes van die afgelope paar weke af en bespreek GW10 se resultate, United se tragiese vorm en die kompeterende aard van die liga sover die seisoen.

    GW11 beloof om ‘n uitdagende een te wees vir FPL breiers. Met Newcastle wat teen Arsenal kragte meet en Haaland en Salah wat beide goedgunstige bepalings het lê daar moeilike besluite voor.

    Kom luister saam!

    Show more Show less
    53 mins
  • Sokker Sondae - Episode 109 - Die einde van Eden Hazard, Manchester United se probleme en Arsenal se sege oor Man City
    Oct 10 2023

    In die week se episode bespreek, Barns, Connas, Brennas en Jean die einde van Eden Hazard se loopbaan. Is hy n Premier League legende of nie? Ons raak aan die naweek se resultate, en staan stil by wat aan en verkeerd gaan by Manchester United. Conna en Jean jeubel oor Arsenal se wen teen Man City en kan dit die begin wees waar Arsenal ernstig begin kompetiteer vir die Premier League. Ons sluit af deur om te bespreek of daar te veel sokker tans gespeel word en wat gebeur moet word om die spelers te beskerm. Dit en nog baie meer, kom luister saam!

    Show more Show less
    58 mins
  • Sokker Sondae - Episode 108 - VAR op sy slegste
    Oct 5 2023

    Hierdie week praat Conna en Andre Lerm (aka die Jbay Geordie) oor die absolute fiasco wat die naweek afgespeel het by die Tottenham Hotspur stadion. Ons raak ook aan 'n ongelooflike aand in Newcastle waar die Geordies hulle eerste tuis wedstryd in 20 jaar in die Champions League gespeel het met 'n groot sege oor PSG. Ons raak ook aan die nuutste FPL kopkrappers.

    Kom luister saam!

    Show more Show less
    43 mins