• Reddende Geloof
    Jun 17 2024

    Efesiërs 2:8,9 Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is 'n gawe van God. Dit kom nie deur julle eie verdienste nie, en daarom het niemand enige rede om op homself trots te wees nie

    Geloof is 'n wonderlike gawe om te hê, veral as ons geloof in iets of iemand is wat nooit sal misluk nie. Maar hoe goed hou jou geloof stand tydens die soet en suur van die lewe? Is dit rotsvas, of is jou paadjie so nou en dan ‘n bietjie glibberig?

    Wanneer ons die wind van voor af kry, is een van die grootste probleme dat ons begin twyfel of God ons nog liefhet en of ons sonde en ons omstandighede dalk ons ewigheid saam met Hom in gevaar gestel het.

    Jou vyand, die duiwel, wil 'n wig tussen jou en die rotsvaste, onwrikbare genade van God, wat jou vandag, môre en vir altyd veilig sal hou, indryf. En hoe dieper daardie wig ingaan, hoe erger word die gevoel dat ons al hoe verder van God af wegdryf.

    Ek weet dat daar vandag iemand, iewers in die wêreld is, wat hierdie boodskap kyk, luister of lees, wat só voel. En indien jy nie vandag ver van God af voel nie; kan jy jouself beslis eendag op daardie plek bevind ….

    Maar kom ons kyk wat is God se kragtige, lewensreddende waarheid oor sy genade om daardie aanval van die duiwel aan te spreek:

    Efesiërs 2:8,9 Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is 'n gawe van God. Dit kom nie deur julle eie verdienste nie, en daarom het niemand enige rede om op homself trots te wees nie.

    Ons geloof moet nooit, ooit gebaseer word op ons goeie werke om God te eer nie. Julle kan nooit julle redding verdien nie en die ‘goeie’ dinge wat jy probeer doen, gaan beslis van tyd tot tyd misluk. Ons geloof moet altyd, altyd gebaseer word op die offer wat Jesus aan die Kruis gebring het – want sy offer faal nooit nie.

    Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is 'n gawe van God.

    Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the Show.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Show more Show less
    3 mins
  • ‘n Ander Perspektief
    Jun 16 2024

    1 Petrus 1:24,25 Die Skrif sê: “Die mens is soos gras, en al sy prag soos 'n veldblom; die gras verdor en die blom val af maar die woord van die Here, dít bly vir ewig.” En hierdie woord is die evangelie wat aan julle verkondig is.

    Dit word al hoe moeiliker vir enigiemand wat in Jesus glo, om aan te hou glo wat in die Bybel staan. Stem jy saam? Miskien dink jy soos so baie mense om jou dat dit so verouderd is dat dit glad nie meer van toepassing op jou is nie. Wel, ek kan nie daarmee saamstem nie.

    Die 66 boeke van die Bybel is onder verskillende omstandighede deur verskillende mense, oor sowat 1 500 jaar geskryf. Dwarsdeur daardie tydperk en in die sowat 2 000 jaar sedertdien, het mense altyd daarteen gestry.

    God se eie volk, die Israeliete, het die profete wat Hy vir hulle gestuur het, verwerp. En onthou jy, hulle het Jesus, die Seun van God, gekruisig! Die kerk self het menigmaal deur die jare die Bybel teëgestaan. Die kerk het byvoorbeeld vir William Tyndale in 1536 op die brandstapel verbrand, omdat hy die Bybel uit Latyn na Engels vertaal het.

    Ja, die Bybel het 'n moeilike pad geloop, en tog is dit steeds met ons. Dit word steeds as God se boodskap aan ons geëer. Hoekom is dit?

    1 Petrus 1:24,25 Die Skrif sê: “Die mens is soos gras, en al sy prag soos 'n veldblom; die gras verdor en die blom val af maar die woord van die Here, dít bly vir ewig.” En hierdie woord is die evangelie wat aan julle verkondig is.

    Ek stem heelhartig saam met die teoloog R.C. Sproul, wanneer hy skryf: “Ons het geen reg om uit die perspektief van die 21ste eeu na ’n Bybelse teks te kyk en die betekenis daarvan te verander nie. As die perspektief van die 21ste eeu nie by die Bybel pas nie, is dit die perspektief wat verkeerd is, nie die Bybel nie.”

    die gras verdor en die blom val af maar die woord van die Here, dít bly vir ewig. En hierdie woord is die evangelie wat aan julle verkondig is.

    Dis sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the Show.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Show more Show less
    3 mins
  • Die Duurste Prys
    Jun 15 2024

    Romeine 12:1 Nou wil ek julle baie ernstig vra, broers en susters: As julle dink aan alles wat God in sy groot barmhartigheid vir julle gedoen het, gee dan julleself aan Hom as ’n lewende en heilige offer. Dit is dié soort offer waarvan Hy hou, en wat julle diens aan God werklik sinvol maak. (NLV)

    Die sentrale boodskap van die Evangelie – die 'Goeie Nuus'– is dat Jesus, die Seun van God, 'n mens geword het en vir ons sondes gesterf het, sodat die prys wat God se geregtigheid eis, betaal sou word, en as ons in Jesus glo, dan het ons die gawe van die ewige lewe. Dis dit.

    Dit is voorwaar goeie nuus. Trouens, dit is die beste nuus wat die mensdom – wat ek en jy – ooit sal ontvang. En as dit 'n boodskap is wat jy nog nie ontvang het nie, wil ek jou aanmoedig om vandag jou hart daarvoor oop te maak, om in Jesus te glo, met alles wat jy is.

    Die vraag is, sodra jy dit gedoen het, sodra jy finaal besluit het om te glo dat Jesus die weg, die enigste weg, na die Vader is, wat kom volgende? Hou ons net aan om die lewe te leef soos gewoonlik? Glad nie.

    Romeine 12:1 Nou wil ek julle baie ernstig vra, broers en susters: As julle dink aan alles wat God in sy groot barmhartigheid vir julle gedoen het, gee dan julleself aan Hom as ’n lewende en heilige offer. Dit is dié soort offer waarvan Hy hou, en wat julle diens aan God werklik sinvol maak. (NLV)

    God roep ons – om dit wat Hy vir ons gedoen het deur Homself te laat kruisig – om sy voorbeeld te volg; om dieselfde ding te doen. Om ons lewens as 'n lewende offer aan Hom te gee - 'n offer wat vir God welgevallig is.

    Jesus het die finale prys vir jou betaal. Die regte reaksie, die enigste reaksie daarop, is om jou lewe as 'n lewende offer aan Hom te bring; ‘n daaglikse offer wat uit jou hart uit kom.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the Show.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Show more Show less
    3 mins
  • ‘n Nuwe Manier om te Dink
    Jun 14 2024

    Romeine 12:2 Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.

    Kan ek jou vra: wat oorheers jou gedagtes? Waaraan dink jy onwillekeurig weer en weer? Jy sal met ‘n skok besef wat die antwoord van so ‘n onthullende oefening is, wanneer jy jouself afvra: wáároor jy dink.

    Vir sommige mense is dit geld en finansiële sekuriteit. Vir ander, 'n verhouding. Soms word ons gedagtes oorheers deur loopbaanaspirasies. Ander kere is daar 'n enkele probleem wat ons in die gesig staar wat dikwels in ons gedagtes opduik. Wat is daardie ‘ding’ op hierdie oomblik vir jou? Wat oorheers jou gedagtes?

    Dit kan 'n bietjie konfronterend wees, as jy in Jesus glo en God liefhet, om te besef dat baie van jou denke oorheers word deur die dinge wat jy wil hê. Jy dink die meeste van die tyd aan die dinge van hierdie wêreld, eerder as dit wat God wil hê – sy wil vir jou lewe. Miskien is dit tyd om hand in eie boesem te steek?

    Romeine 12:2 Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.

    Wat wil God vir jou hê? Wel, dit kan 'n verskeidenheid van op- en afdraandes inhou. Maar wat ook al sy plan vir jou lewe is, jy kan absoluut seker hiervan wees: dat sy wil goed, perfek en volmaak is. Jy kan vir niks beter vra nie.

    Indien jy dalk in jou gedagtes en verlange van Hom af weggedryf het, roep God jou vandag terug.

    Laat God julle verander deur julle denke te vernuwe - met 'n nuwe manier van dink.

    Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the Show.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Show more Show less
    3 mins
  • Beheer Jou Gedagtes
    Jun 13 2024

    Spreuke 9:10 Wysheid begin met die dien van die Here; wie die Heilige ken, het werklik insig.

    Vrees is 'n emosie wat niemand geniet nie. Beslis nie! Trouens, as dit van ons afhang, sou ons dit vir die res van ons lewe heeltemal vermy. Maar soms lei ons gedagtes en emosies ons direk in vrees se kloue in.

    Daar is soveel idees, opinies en gelowe wat deesdae die ronde doen – baie van hulle is foutief, baie van hulle gevaarlik, baie van hulle is selfs vernietigend.

    Dink aan die bevooroordeelde, partydige nuuskanale; of die bedrieglike aanloklike boodskappe van sekulêre kommersiële ondernemings wat daarop gemik is om ons van ons swaarverdiende ou geldjies te skei; of van die snert wat op die sosiale media in omloop is, wat samesweringsteorieë aanblaas … Ja, daar is soveel mense wat om die bos gelei word deur wêreldse idees wat beheer hulle oor hulle neem.

    En daardie indoktrinasie lei tot een ding: Vrees. Daardie een emosie wat, as ons kon, ons dit ten alle koste sou vermy. So wat is die antwoord? Wat is die teenmiddel vir die chroniese vrees waarmee so baie mense leef?

    Spreuke 9:10 Wysheid begin met die dien van die Here; wie die Heilige ken, het werklik insig.

    Wat ek en jy in hierdie wêreld, waar verdagte en ongegronde idees ons lewens probeer kaap, so broodnodig het, is wysheid. God se suiwer, ware en liefdevolle wysheid.

    En ons gryp daardie wysheid aan deur God se opdragte, sy woorde - met ander woorde, sy wysheid - bo die wêreld se sogenaamde wysheid te vrees, te respekteer en te eer.

    Dit is nie altyd maklik nie, omdat die gedagtes, idees en filosofieë van die wêreld ons so knaend uitdaag en knolle vir sitroene verkoop.

    Maar soos Charles Spurgeon eenkeer gesê het, die een wat God vrees, het niks anders om te vrees nie.

    Wysheid begin met die dien van die Here; wie die Heilige ken, het werklik insig.

    Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the Show.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Show more Show less
    3 mins
  • Wanneer moet jy Optree?
    Jun 12 2024

    Josua 1:10,11 Josua het die leiers van die volk beveel: “Gaan deur die kamp en sê vir die mense om padkos reg te kry. Oor drie dae gaan julle deur die Jordaan trek om die land wat die Here julle God vir julle gee, in ontvangs te neem.” (NLV)

    Wanneer moeilike emosies soos vrees en ontsteltenis ons beetpak, is ons geneig om te versteen. Soos 'n bok wat verblind is deur ‘n skietlamp, vries ons en hou ons op om reg op te tree - om die situasie korrek te hanteer.

    Gister het ons by Josua stilgestaan. Dit was 'n skrikwekkende tyd. Moses was dood. Josua het die leier van Israel geword net toe hulle geveg na geveg moes trotseer om die Beloofde Land in te neem. Maar God het vir Hom gesê:

    Josua 1:9 Ek self gee jou die opdrag. Wees sterk, wees vasberade. Moenie skrik nie, moenie bang wees nie, want Ek, die Here jou God, is by jou oral waar jy gaan.”

    God waarsku Josua teen daardie emosies van vrees en ontsteltenis, wat geneig is om ons te laat vries. En wat was God se opdrag in die aangesig van sy onsekerheid? Wees sterk, wees vasberade want Ek, die Here jou God, is by jou oral waar jy gaan.”

    Hoe het Joshua daarop gereageer? Hoe het hierdie opdrag en die belofte van God in sy lewe na vore gekom?

    Josua 1:10,11 Josua het die leiers van die volk beveel: “Gaan deur die kamp en sê vir die mense om padkos reg te kry. Oor drie dae gaan julle deur die Jordaan trek om die land wat die Here julle God vir julle gee, in ontvangs te neem.” (NLV)

    God se aanmoediging het hom in staat gestel om met selfvertroue op te tree. In plaas daarvan om uit vrees aan die veilige kant van die Jordaan weg te kruip, het hy die Israeliete met vertroue voorberei vir die geveg. Hy het hulle gelei om deur die rivier te stap en die Beloofde Land in te neem.

    Moenie dat vrees en ontsteltenis jou immobiliseer nie. Vra God vir bonatuurlike krag en waagmoed en tree met selfvertroue op.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the Show.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Show more Show less
    3 mins
  • Hoe om Vrees en Moedeloosheid te Oorwin
    Jun 11 2024

    Josua 1:9 Ek self gee jou die opdrag. Wees sterk, wees vasberade. Moenie skrik nie, moenie bang wees nie, want Ek, die Here jou God, is by jou oral waar jy gaan.”

    Het jy al opgelet wat met jou emosies gebeur wanneer dinge skeefloop? Die tye wanneer omstandighede baie sleg lyk en wanneer die donker wolke om ons saampak en ‘n massiewe storm vorm, wat dreig om ons te vernietig. Ja, dis amper asof ons emosies daarmee saamspeel, om dinge nog erger te maak. Het jy dit al ervaar?

    God het nogal ‘n sin vir humor. Die oggend toe ek hierdie boodskap voorberei het, was ek gekonfronteer met 'n ernstige kwessie wat ons bediening bedreig het. En net daar, het my emosies dinge nog erger laat lyk, soos wat met ons almal gebeur wanneer ons emosies handuit ruk.

    Ek is die ou in beheer. Ek is die een na wie mense kyk wanneer dinge verkeerd loop. Ek is die een ou wat nie wankelrig in sy geloof kan wees nie. Glo my, dit veroorsaak groot druk! Maar jy sien, ek was al voorheen in so ‘n situasie. En wanneer dit gebeur, is die eerste versie waarna ek soek, hierdie een in:

    Josua 1:9 Ek self gee jou die opdrag. Wees sterk, wees vasberade.

    Moenie skrik nie, moenie bang wees nie, want Ek, die Here jou God, is by jou oral waar jy gaan.”

    Dit was die woorde wat God net na Moses se dood, vir Josua gesê het toe hy as die leier van Israel moes oorneem. Hy moes oorlog voer om die land, wat God eeue tevore aan Abraham beloof het, in te neem.

    Dit was ’n skrikwekkende tyd en in sulke tye ervaar ‘n mens twee emosies. Vrees en moedeloosheid. Wat 'n giftige mengsel is dit nie! Vrees, wel ons verstaan wat dit is. Maar moedeloosheid of ontsteltenis – is daardie gevoel van om verpletter te wees wanneer dinge nie uitwerk soos ons gehoop het dit sou nie – dit is soos 'n leër van rysmiere wat aan ons siel vreet en ons vertroue in God vernietig.

    Maar die opdrag is: Wees sterk, wees vasberade. Hoe kry ons dit reg?

    ... want Ek, die Here jou God, is by jou oral waar jy gaan.”

    Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the Show.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Show more Show less
    3 mins
  • Meer as wat Jy Jou Kan Indink
    Jun 10 2024

    Efesiërs 3:20,21 Hy moet geprys word – Hy wat mag het om deur die krag wat in ons werk, oneindig meer te doen as wat ons vra of dink om te vra. Die kerk wat aan Christus Jesus verbind is, moet Hom prys deur al die geslagte heen tot in alle ewigheid! Amen. (NLV)

    Voel jy ooit … magteloos met alles wat in jou hart en verstand aangaan? Moedeloos met alles wat in jou lewe aangaan? Moedeloos met alles wat in die wêreld om jou aangaan? Ek bedoel, heeltemal magteloos? Jy is nie alleen nie.

    Daar is beslis tye wat ek ook magteloos voel. Ons almal beleef sulke frustrerende tye. Dinge wat heeltemal buite ons beheer is, oorweldig ons. Ons voel nie net onmagtig om die situasie te hanteer nie, maar dis so erg dat dit dreig om ons te verswelg.

    Gister het ons gesels oor die triljoene sterre in die hemele. Kom ons kyk vandag net na een van hulle - ons son. Elke sekonde lewer die son 384,6 septiljoen (1024) Watt in die vorm van krag. Anders gestel, dit is dieselfde as 1,82 miljard keer die krag van die grootste kernbom wat ooit gebou is.

    Maar weet jy, ons son is maar middelmatig in grootte en nie die grootste ster tussen die triljoen, triljoene waarvan ons weet nie. En God het hulle almal geskep. So wanneer ons van God se krag praat, moet ons besef hoe ongelooflik groot dit is. Regtig, regtig groot.

    Efesiërs 3:20,21 Hy moet geprys word – Hy wat mag het om deur die krag wat in ons werk, oneindig meer te doen as wat ons vra of dink om te vra. Die kerk wat aan Christus Jesus verbind is, moet Hom prys deur al die geslagte heen tot in alle ewigheid! Amen. (NLV)

    Wanneer ons magteloos voel, het God meer as genoeg, baie meer as genoeg mag om enige krisis waarmee ons te doen het, te konfronteer. En met daardie mag – sy mag – wat in ons werk, kan Hy baie, baie meer doen as enigiets waaraan ons selfs kan begin dink of voor kan vra.

    Al die eer kom Hom toe.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the Show.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Show more Show less
    3 mins