God se Woord VARS vir jou Vandag Podcast Por Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet arte de portada

God se Woord VARS vir jou Vandag

God se Woord VARS vir jou Vandag

De: Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet
Escúchala gratis

Obtén 3 meses por US$0.99 al mes + $20 crédito Audible

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenking bevat ‘n kragtige Bybelvers, met ‘n paar woorde van inspirasie, hoop en aanmoediging wat daagliks per e-pos na jou slimfoon, tablet of rekenaar gestuur word. Jy kan na die klank luister of die teks lees. Dit gaan alles daaroor om jou te help om God se stem te hoor, sodat jy in ‘n ryk, dinamiese en kragtige verhouding met Jesus kan leef. God se Woord in Afrikaans. Vars, vir jou, elke dag.© 2025 God se Woord VARS vir jou Vandag Cristianismo Espiritualidad Ministerio y Evangelismo
Episodios
  • Wanneer die Bose Jou Aanval (3)
    Nov 20 2025

    Send us a text

    Handelinge 4:29-31 “En nou, Here, kyk hoe dreig hulle ons. Gee dat u dienaars met volle vrymoedigheid u woord sal verkondig. Laat u hand genesing bring, en laat daar tekens en wonders plaasvind deur die Naam van u heilige Dienaar, Jesus. Nadat hulle gebid het, het die plek waar hulle bymekaar was, geskud. Hulle is almal met die Heilige Gees vervul en het met vrymoedigheid die woord van God verkondig.

    Dit lyk asof mense deesdae glo dat hoe harder hulle skree, hoe meer sal hulle gehoor word; al is hulle in die minderheid, en al lê selfs dít wat hulle verkondig, êrens tussen waansin en ekstremisme. Maar die ergste is dat wanneer hulle nie met jou saamstem nie, wil hulle jou stilmaak, jou opsy stoot en jou invloed in die gemeenskap afsny. En dis ongelooflik intimiderend.

    In baie dele van die wêreld het dit onaanvaarbaar geword om te sê dat 'n man 'n man is en 'n vrou 'n vrou. Hoe mal dit ook al mag lyk; daardie eenvoudige stelling, van die duidelik voor die hand liggende waarheid, word deur sommige (slegs deur 'n paar, maar steeds deur sommige) as bevooroordeeld en aanstootlik beskou.

    En so kan die gemiddelde Jan Alleman geïntimideerd voel om op te staan; om die waarheid te praat. Sy natuurlike reaksie sal dan wees om hom van gesprekke wat saak maak, te onttrek.

    Daardie vervolging, watter vorm dit ook al mag aanneem (en ek het hier slegs een voorbeeld gebruik) gebeur al sedert die vroegste tye. Vroeë Christene het verskriklike vervolging gely. So hoe het hulle gereageer? Het hulle teruggetrek? Nee. Hulle het gebid. Hier is wat hulle gebid het:

    Handelinge 4:29-31 “En nou, Here, kyk hoe dreig hulle ons. Gee dat u dienaars met volle vrymoedigheid u woord sal verkondig. Laat u hand genesing bring, en laat daar tekens en wonders plaasvind deur die Naam van u heilige Dienaar, Jesus.” Nadat hulle gebid het, het die plek waar hulle bymekaar was, geskud. Hulle is almal met die Heilige Gees vervul en het met vrymoedigheid die woord van God verkondig.

    Daardie vroeë Christene het nie teruggedeins voor vervolging nie. Hulle het gebid. Hulle het gebid dat God hulle sal help om sonder vrees die Goeie Nuus te deel. Hulle het gebid dat God se krag in hulle en deur hulle sal werk.

    Wanneer jy geïntimideerd voel, is die antwoord om te bid. En onthou altyd: die Een wat in jou is, is groter as die een wat in die wêreld is.

    Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Más Menos
    3 m
  • Wanneer die Bose Jou Aanval (2)
    Nov 19 2025

    Send us a text

    Handelinge 8:9,20-24 In dieselfde stad was daar 'n man met die naam Simon, wat die inwoners van Samaria met sy toorkunste verstom het. Maar Petrus antwoord hom: “Gaan na die verderf met jou geld en al! Dink jy jy kan die gawe van God met geld koop? In hierdie werk is daar vir jou geen plek nie, want jou gesindheid teenoor God is nie reg nie. Bekeer jou van hierdie dwaling en bid tot die Here: miskien sal Hy jou hierdie gesindheid van jou hart vergewe. Ek sien jy is deur afguns vergiftig en deur die sonde verstrik.” Toe sê Simon vir die apostels: “Bid júlle tog vir my tot die Here, sodat niks van wat julle gesê het, my tref nie.”

    Daar is tye wanneer die bose ons heeltemal onverhoeds betrap. Mense, omstandighede, stelsels en sosiale ordes val ‘n mens aan wanneer jy iets goeds probeer doen. Het dit ook al met jou gebeur? Ja, my vriend, daar is op die ou end niks nuuts daaraan nie.

    Kyk net wat het met Jesus se apostels gebeur terwyl hulle besig was om goed te doen:

    Handelinge 8:9 In dieselfde stad was daar 'n man met die naam Simon, wat die inwoners van Samaria met sy toorkunste verstom het.

    Die mense was baie beïndruk met sy towerkunsies. Toe Simon, die towenaar, egter die ongelooflik kragtige wonderwerke van die apostels sien, het hy aangebied om hulle te betaal vir hulle ‘geheime krag’ wat baie beter as syne was.

    Handelinge 8:20-24 Maar Petrus antwoord hom: “Gaan na die verderf met jou geld en al! Dink jy jy kan die gawe van God met geld koop? In hierdie werk is daar vir jou geen plek nie, want jou gesindheid teenoor God is nie reg nie. Bekeer jou van hierdie dwaling en bid tot die Here: miskien sal Hy jou hierdie gesindheid van jou hart vergewe. Ek sien jy is deur afguns vergiftig en deur die sonde verstrik.” Toe sê Simon vir die apostels: “Bid júlle tog vir my tot die Here, sodat niks van wat julle gesê het, my tref nie.”

    Moenie geïntimideer word wanneer die bose jou aanval nie. Want die Een wat in jou is, is groter as die Een wat in die wêreld is.

    Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Más Menos
    2 m
  • Wanneer Die Bose Jou Aanval (1)
    Nov 18 2025

    Send us a text

    1 Johannes 3:8 wie aanhou sonde doen, behoort aan die duiwel, want die duiwel hou van die begin af aan met sondig. En die Seun van God het juis gekom om die werk van die duiwel tot niet te maak.

    ‘Boos’, is ’n sterk woord. Daar is nie baie dinge in ons lewens wat ons as boos sou bestempel nie. ‘Boos’ pas by ’n moordenaar, of ’n kindermolesteerder, nè? Maar dinge in ons eie lewens? Nee, nouja, nie regtig nie.

    En tog kan ons almal terugkyk na ’n paar besonder slegte dinge wat ons gedoen het – miskien is daar een of twee wat nog steeds in jou lewe voorkom. Dink aan mans wat dikwels onnadenkend hard met hul vrouens praat, en dag na dag daardie kosbaarste verhouding vernietig.

    Mense in die werkplek wat spog en die krediet neem vir wat ander gedoen het. Ons kan ’n lys, so lank soos môre heeldag, aframmel van gewone, alledaagse dinge wat eintlik, gegewe hul vernietigende impak, as ‘boos’ bestempel behoort te word.

    1 Johannes 3:8 ...wie aanhou sonde doen, behoort aan die duiwel, want die duiwel hou van die begin af aan met sondig. En die Seun van God het juis gekom om die werk van die duiwel tot niet te maak.

    God se siening is baie duidelik en ek dink ons sal met Hom saamstem dat ons sonde boos is. Hy draai nooit doekies om nie, Hy verbloem nie die waarheid nie. Maar die goeie nuus van die Evangelie van Jesus Christus is dat Hy gekom het om die duiwel se werk te vernietig.

    Met ander woorde, die Evangelie verplaas en vernietig die boosheid wat ons van binne-af aanval.

    Maar hoe werk dit in die praktyk? Wat is die kern van die saak wat van toepassing op ons lewe is? Wanneer ons Jesus in ons lewens toelaat, nie as 'n lekker en gerieflike toevoeging nie, maar as die Een vir wie ons leef, as die Here van ons lewens ... is dít wat Hy doen. Hy vernietig die duiwel se werk van binne.

    Dit is immers waarvoor Hy gekom het.

    En dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Más Menos
    3 m
Todavía no hay opiniones