Episodes

  • Hoe om die tempel te bou en evangelisasie te doen
    Mar 24 2024

    Hallo daar! Hierso is 'n gesprek wat ek met Friedrich gedoen het. Ons is besig om 'n hele reeks te doen deur die loop van hierdie jaar, waar ek sulke gesprekke gaan voer met verskillende mense oor hoe ons moet veg en bou in Suid-Afrika. Neem gerus deel aan die gesprek. En onthou: Jesus is Koning. Die drake voel hoe sy voet op hul koppe trap. Buig voor Hom. Bekeer voor Hom. Veg vir Hom. En bou saam met Hom.

    Show more Show less
    1 hr and 14 mins
  • Veg en Bou in Suid-Afrika
    Feb 18 2024

    Hallo daar! Dit was weer baie lekker om met Willem te gesels. Ons is besig om 'n hele reeks te doen deur die loop van hierdie jaar, waar ek sulke gesprekke gaan voer met verskillende mense oor hoe ons moet veg en bou in Suid-Afrika. Neem gerus deel aan die gesprek. En onthou: Jesus is Koning. Die drake voel hoe sy voet op hul koppe trap. Buig voor Hom. Bekeer voor Hom. Veg vir Hom. En bou saam met Hom.

    Show more Show less
    2 hrs and 10 mins
  • Hades: Land van Monsters
    Feb 5 2024

    Hallo! Hierdie is die beloofde opvolg episode oor die doderyk. Ek hoop jy geniet hierdie episode. Laatweet my gerus wat jy dink. Soos altyd, hierdie episode is in geskrewe formaat beskikbaar by dedomino.wordpress.com

    Show more Show less
    37 mins
  • Sheol: Land van Dood
    Jan 22 2024

    Ek hoop jy geniet dit om hierna te luister. Ek het gedink om net een episode hieroor te doen. Maar een was hopeloos te kort. Selfs soos dit is, is dit heelwat langer gewees as wat ek verwag het. En boonop is dit nog net helfte van wat ek eintlik oor wou gesels. As die HERE wil sal daar binnekort 'n opvolg episode wees. :-) Weereens, laatweet wat jy dink. Hierdie episode is tegnies ook deel van die monsters reeks.

    Show more Show less
    43 mins
  • Hoe om 'n man te wees
    Jan 19 2024

    Ek hoop jy geniet dit om hierna te luister. Ek het dit regtig geniet om hierdie een te doen. Stuur dit gerus aan vir vriende. Weereens, laatweet wat jy dink. Hierdie keer is dit so bietjie anders. Ek het besluit om die reeksie oor monsters in die Bybel te onderbreek en 'n episode te doen oor manlikheid. Ek hoop jy geniet dit.

    Show more Show less
    28 mins
  • Leviatan: Die draak in die see
    Jan 19 2024

    Ek hoop jy geniet dit om hierna te luister. Ek het dit regtig geniet om hierdie een te doen. Stuur dit gerus aan vir vriende. Weereens, laatweet wat jy dink. Hierdie keer het ek nie Michael Heiser se boek so erg gebruik nie - ek het meer staatgemaak op my eie navorsing. Ek is wel baie indirek gestimuleer deur wat ek reeds by hom gelees het, en natuurlik, deur die konings daar van Haunted Cosmos. Musiek: Miguel Johnson, Makai Symphony, Evan King, Alexander Nakarada, Savfk, Jingle Punks.

    Show more Show less
    32 mins
  • Reuse en skimme
    Jan 19 2024

    Ek hoop jy geniet hierdie een. Een episode was toe te kort om oor reuse in die Bybel te gesels. Weereens, laatweet gerus wat jy dink. Soos ek in die episode ook noem, ek het weer baie staatgemaak op Michael Heiser se boek, The Unseen Realm. Maar ek het ook probeer om so bietjie verder te gaan op plekke as hy. Ek maak ook nogal baie indirek staat op Haunted Cosmos. Jy kan gerus na daai ouens gaan luister! Musiek: Miguel Johnson, Evan King, Makai Symphony.

    Show more Show less
    30 mins
  • Reuse in die Bybel
    Jan 19 2024

    Ek het besluit ek wil met hierdie podgooi episodes bietjie kyk na die verskillende monsters wat die Bybel ons van vertel, wat almal op glorieuse maniere deur sy krygers (en die groot Kryger, Jesus) oorwin word. En daar is seker nie 'n beter plek om by te begin as by die reuse in die Bybel nie. Ek beplan om ten minste nog een opname te doen oor die reuse. In hierdie episode staan ek stil by wat ons in die Skrif leer oor die Nephilim. Volgende sal ons kyk na die Refaim - wat net so interessant is! Ek het vir navorsing baie staatgemaak op Michael Heiser se boek, The Unseen Realm. Skaf dit gerus vir jou aan. Ek het ook indirek gesteun op die gawe manne van Haunted Cosmos. Hulle besprekings is baie keer beter as myne, so gaan loer gerus daar. Laatweet wat jy dink. Is daar vandag nog sulke reuse? Musiek: Miguel Johnson.

    Show more Show less
    25 mins