• Opinies & Onkunde 1
    May 28 2022

    Welkom by Opinies & Onkunde 1!

    Dis 'n koue, donker laataand op die Stoep, en dinge ruk bietjie handuit op die Stoep. Wian en Leon probeer om een of twee global debates op te los, maar verval in 'n donker gat van ranting en stry oor die een onderwerp wat die mag het om die Stoep te kelder: Wat is beter? Wyn... of bier?

    Dis haar verjaarsdagmaand! Baie geluk, Hilde! Ons ongelooflike Stoepsit kuns word soos altyd gemaak deur Ineffable Digital Designs.

    Trek 'n stoel nader, en Welkom Op Ons Stoep.

    Tema Musiek: Infraction - Holiday

    Show more Show less
    1 hr and 1 min
  • Spookasem & Roller Coasters: Deel 2
    May 14 2022

    Welkom by Spookasem & Roller Coasters Deel 2!

    Dis Deel 2 van Spookasem & Roller Coasters en Wian en Leon gesels oor die "ander kant" van spoke, geeste, poltergeists, Van Hings, Uniondale en alles anders para-normaal.

    As jy 'n bydrae wil lewe op hierdie punt, laat weet ons asseblief by stoepsitpotgooi@gmail.com

    Die ongelooflike Stoepsit kuns word gemaak deur Ineffable Digital Designs.

    Trek 'n stoel nader, en Welkom Op Ons Stoep.

    Tema Musiek: Infraction - Holiday

    Show more Show less
    47 mins
  • Spookasem & Roller Coasters
    Apr 30 2022

    Welkom by Spookasem & Roller Coasters!

    Ons almal het eens op 'n tyd al te doen gehad met iets wat ons nie kan verduidelik nie. Deure wat kraak, fluisterstemme in die donker, of dalk 'n pragtige ryloper in die Klein Karoo wat op 'n geheimsinnige manier net jou kar verlaat na 'n rukkie.

    Of jy nou daarin glo of nie, ons kan nie die feit ignoreer dat daar dalk 'n paranormale deel van die wêreld is wat ons nie kan verstaan nie.

    Die begin koeler raak op die Stoep, maar Wian & Leon is gepanser teen die koue met 'n glas rooiwyn en 'n lang bier om te probeer uitvind of spoke wérklik bestaan. Wat dink jy?

    Hierdie episode se Instagram Digter is die amazing GeelChaos. Besoek GeelChaos se se social media om vir daardie spesiale persoon in jou lewe 'n persoonlike gedig te bestel, en onthou, soms is alles geel, en soms is alles chaos....

    Weereens word die fantastiese Stoepsit kuns gemaak deur Ineffable Digital Designs.

    'n Baie groot dankie gaan uit aan Miss Heidi Kriel vir die ongelooflike mooi Marlboro Moment en "Ghost Stories"!

    Volg Stoepsit Potgooi op Facebook en Instagram
    Volg Ineffable Digital Designs op Facebook en Instagram
    Volg GeelChaos op Facebook en Instagram
    Volg Miss Heidi Kriel op Facebook en Instagram

    Trek 'n stoel nader, skink vir jou 'n glasie en Welkom Op Ons Stoep.

    Tema Musiek: Infraction - Holiday

    Show more Show less
    1 hr and 14 mins
  • Afgestroop: Die Lewe Het 'n Punt Gemaak
    Mar 26 2022

    Welkom by Afgestroop!

    Dis twee jaar later en ons voel steeds die emosies wat niemand van ons gedink het ons sal voel nie. Dis twee jaar later en ons is steeds gatvol. Dis twee jaar later en ons voel steeds afgestroop. Dis twee jaar later en die lewe het 'n punt gemaak. Dis twee jaar later, en nou sluit ons dit af.

    Hierdie episode se Instagram Digter is Ilze du Plessis, 'n fantastiese mens wat met woorde kan toor.

    Die ongelooflike Stoepsit kuns word gemaak deur Ineffable Digital Designs.

    Baie dankie aan twee van die mees pure souls wat hierdie Stoep al gesien het, Lourens en Esté Rabé, van Bottomless Coffee Band dat ons hulle magic kon gebruik het op die stoep.  - "Alles en Niks & Ek Wou Nog".

    As jy in 'n situasie, dalk as gevolg van lockdown, is waar jy in 'n gewelddadige verhouding of omgewing is, kontak ASSEBLIEF een van die volgende nommers:

    Geslagsgeweld Hulplyn:
    0800 150 150

    Nasionale Berading Hulplyn:
    0861 322 322

    Selfmoord Voorkoming Hulplyn:
    080 056 7567

    Die Suid-Afrikaanse Depressie en Angs Groep (SADAG):
    080 021 2223

    Volg Stoepsit Potgooi op Facebook en Instagram
    Volg Ineffable Digital Designs op Facebook en Instagram
    Volg Ilze du Plessis op Instagram
    Volg Bottomless Coffee Band op Facebook en Instagram

    Trek 'n stoel nader, en Welkom Op Ons Stoep.

    Tema Musiek: Infraction - Holiday

    Show more Show less
    1 hr and 44 mins
  • Hier Is Ek Weer
    Feb 14 2022

    Welkom by Hier Is Ek Weer!

    Hoe werk dit dat as die klok Oktober slaan, almal soos een man begin funksies, troues, partytjies, braais, kuiers, ingrypings, vakansies en feeste reël?

    In hierdie kort incheck vra Wian en Leon plegtig omverskoning vir die laaste paar maande se radiostilte, maar stel ook gerus dat die Stoep uiteindelik weer lewe gekry het. Daar was beplan en verander, ge-backpaddle en ge-borsslag, wawiele en bollemakiesies gemaak. Als wyl daar 'n bestendige stroom van rooiwyn en bier deur loadshedding ons rustig gehou het.

    Deel van hierdie inloer is ook om een MOERSE dankie te sê aan elkeen wat sonder om twee keer te dink steeds op 'n daaglikse basis die Stoep ondersteun. So dankie aan jou wat luister in Johannesburg, Pretoria, Kaapstad, Frankfurt, Durban, Kempton Park, Victoria, Midrand, Londen, Centurion, Boksburg, Krugersdorp, Rustenburg, Fayetteville, Port Elizabeth, Benoni, Los Angeles, Ramona, Knysna, Wellington, Bath, Milnerton, Windhoek, Potchefstroom, Brits, Secunda, Germiston, Wellington (in die Kaap), Poole, Wishaw, Atlanta, Christchurch, Heidelberg, Vancouver, San Marcos, Nelspruit, Houston, Shanghai, Polokwane, Oudtshoorn, Cricklewood, Sandton, Copenhagen, Oos-Londen, Worcester, Trichardt, Stellenbosch, Gaborone, Canonsburg, Klerksdorp, Vryburg, Chicago, Silver Spring, Auckland, Louis Trichardt, Hamilton, Tzaneen, Québec, Kraaifontein, Roodepoort, Tembisa, Grahamstown, Stilbaai, Olten, Sasolburg, Selaya, Melbourne, Brisbane en Roanoke.

    Dankie dankie dankie. Ons sien jou raak. Dis wonderlik om te weet soveel mense reg oor die wêreld Stoepsit elke keer saam met ons. Dankie vir die musiek en mooi woorde. Dankie dat elkeen 'n hartsmens en 'n langtafelmens geword het, waar ook al jou Stoep is.

    Geniet 2022, maats. Dit gaan mooi wees. Maar vir nou...

    Trek 'n stoel nader, en Welkom Op Ons Stoep.

    Tema Musiek: Infraction - Holiday

    Die ongelooflike Stoepsit kuns word gemaak deur Ineffable Digital Designs.

    Show more Show less
    24 mins
  • Die Vere Maak die Voël
    Nov 24 2021

    Welkom by Die Vere Maak die Voël!

    Sonder dat ons dit besef, het ons almal al eens op 'n tyd die knie gebuig voor sosiale media. Dalk nogsteeds? Vanaand op die Stoep gesels Leon en Wian oor die gevare van sosiale media en hoe dit jou loopbaan, jou verhouding en jou eiewaarde kan kelder. As't ware maak die blou vere van Twitter werklik somtyds die voël.

    Hierdie episode se Instagram Digter is 'n anonieme persoon wat graag 'n Instagram blad wil begin vir hulle gedigte. As jy van hierdie gedig gehou het, laat weet ons asseblief!

    Die ongelooflike Stoepsit kuns word gemaak deur Ineffable Digital Designs.

    Baie dankie aan die Stoepsit legende Jak de Priester dat jou musiek deel vorm van ons Stoep.  - "Stellenbosch Lovesong ft Luna".

    Volg Stoepsit Potgooi op Facebook en Instagram
    Volg Ineffable Digital Designs op Facebook en Instagram
    Volg Jak de Priester op Facebook en Instagram

    Dankie ook aan Pieter van Zyl en Wade Knowles dat julle saam gekuier het op ons Stoep vandag.  As jy deel wil wees van "So Bek Kort Jêm" of "Die Laaste Sê", stuur vir ons 'n DM of 'n epos na stoepsitpotgooi@gmail.com.

    Trek 'n stoel nader, en Welkom Op Ons Stoep.

    Tema Musiek: Infraction - Holiday

    Show more Show less
    1 hr and 23 mins
  • Naald & Ink
    Oct 6 2021

    Welkom by Naald & Ink!

    Dis 'n warm somersaand op die Stoep en oor 'n glas rooiwyn en 'n yskoue Castle Light krap Wian & Leon onder die vel om by  'n onderwerp uit te kom wat  in sommige huishoudings steeds met 'n stywe lip bespreek word.

    Hierdie episode se Instagram Digter is Lindie van Gass. Besoek haar webwerf vir allerhande cool woorde en merch.

    Weereens word die fantastiese Stoepsit kuns gemaak deur Ineffable Digital Designs.

    Baie dankie aan die girls van SAARKIE vir "As die Hippies Begin Dans"!

    Volg Stoepsit Potgooi op Facebook en Instagram
    Volg Ineffable Digital Designs op Facebook en Instagram
    Volg Lindie van Gass op Facebook en Instagram
    Volg SAARKIE op Facebook en Instagram

    As jy deel wil wees van "So Bek Kort Jêm" of "Die Laaste Sê", stuur vir ons 'n DM of 'n epos na stoepsitpotgooi@gmail.com.

    Trek 'n stoel nader, en Welkom Op Ons Stoep.

    Tema Musiek: Infraction - Holiday

    Show more Show less
    1 hr and 19 mins
  • Welkom Op Ons Stoep
    Aug 24 2021
    WELKOM OP ONS STOEP

    Ons nooi jou uit om die Stoepsit reis saam met ons te begin! In hierdie kort trailer episode gesels Wian & Leon oor die kultuur van Stoepsit, watter sleutelelemente nodig is vir 'n lekker Stoepsit sessie en wat jy kan verwag van Stoepsit seisoen 1.

    Vind ons stoep op Facebook en Instagram as "Stoepsit Potgooi", of stuur vir ons 'n epos na stoepsitpotgooi@gmail.com

    Die fantastiese Stoepsit kuns word gemaak deur Ineffable Digital Designs.

    Trek 'n stoel nader, en Welkom Op Ons Stoep.

    Tema Musiek: Infraction - Holiday


    Show more Show less
    19 mins