• Plectrum Podcast EP 5 - Droomsindroom
    Jun 15 2022

    In hierdie episode van die Plectrum Podcast gesels FP met Droomsindroom oor hul musiek, die lewe as vermaaklikheidskunstenaars en wat hul musiek inspireer.  Ons leer ook die twee broers beter ken en dié twee verklap 'n paar geheime van mekaar so deur die loop van die gesprek.

    LEES MEER HIER: https://www.plectrummusiek.co.za/droomsindroom-hey-sonneblom/

    Volg ons ook op sosiale media:

    Facebook, Instagram, TikTok

    www.plectrummusiek.co.za

    Show more Show less
    45 mins
  • Plectrum Podcast EP 4 - Cheralee
    Jun 13 2022

    In hierdie episode gesels FP met Afrikaanse country sangeres CheraLee.

    CheraLee se musiekloopbaan het twintig jaar terug begin toe sy in Idols deelgeneem het en dit tot by die TV-rondtes deurgemaak het. Daarna het sy haar fokus daarop geplaas om haar plek in die musiekindustrie uit te kerf as ’n onafhanklike kunstenaar.

    Ons gesels met haar oor haar inspirasies en wat haar siening oor die onafhanklike kunste in Suid-Afrika is.

    LEES MEER HIER: 

    https://www.plectrummusiek.co.za/cheralee-droomverlore/

    Volg ons ook op sosiale media:

    Facebook, Instagram, TikTok

    www.plectrummusiek.co.za

    Show more Show less
    43 mins
  • Plectrum Podcast EP 3 - Rita Li
    May 20 2022

    Die veelsydige Rita Li gesels met ons oor haar musiekskryfproses, liefde vir die plaas en wat haar hart aanraak.  Sy gesels oor haar opkomende projekte asook haar YouTube-reeks: Vuurwerke.

    Sy vertel meer oor wat haar nuwe enkelsnit, LUGBALLON, vir haar beteken en raak aan die tema van haar nuwe enkelsnit waaraan sy tans werk.

    LEES MEER HIER: https://www.plectrummusiek.co.za/rita-li-lugballon/

    Volg ons ook op sosiale media:

    Facebook, Instagram, TikTok

    www.plectrummusiek.co.za

    Show more Show less
    38 mins
  • Plectrum Podcast EP 2 - Christopher Branders
    Apr 28 2022

    SONNEBLOM, ’n liedjie wat Christopher Branders in 2020 op sosiale media gedeel het as Nes Jy Is, het in 2021 amptelik ’n nuwe baadjie aangetrek toe dit in Jattie de Beer van Artistry Productions se ateljee opgeneem is onder ’n nuwe naam.

    SONNEBLOM is geskep om jou te laat besef dat jy werklik goed genoeg is, ongeag van wat die wêreld mag dink. Dat jy so kosbaar is dat die berge en oseaan nog altyd wou weet wat jou naam is,” verklap hy oor dié aangrypende akoestiese-pop-lied uit sy eie pen.  “Dit het my nog altyd hartseer gemaak om te sien hoe mense afgekraak en uitgeskuif word. Ek het die liedjie geskryf om uiting te gee aan die boodskap wat op my hart gedruk het en omdat ek graag wil deel vorm van ’n kultuur wat ander opbou en bemoedig.”

    LEES MEER HIER: https://www.plectrummusiek.co.za/christopher-branders-sonneblom

    Volg ons ook op sosiale media:

    Facebook, Instagram, TikTok

    www.plectrummusiek.co.za

    Show more Show less
    33 mins
  • Plectrum Podcast EP 1 - Fransien Scott
    Apr 18 2022

    In hierdie episode gesels FP Engelbrecht met Fransien Scott om meer uit te vind oor haar musiek, lewe oorsee en haar vrouebediening. 

    Sy vertel ons meer van haar inspirasie, haar skryfproses en wat haar aan die gang kry in die oggende.


    Volg ons ook op sosiale media:

    Facebook, Instagram, TikTok

    www.plectrummusiek.co.za

     

    Show more Show less
    45 mins