• Drie urineer-voorvalle by Maties: US se dr. Leslie van Rooi vertel wat fout is en hoe hulle dit aanspreek.
    Nov 4 2022

    Drie afsonderlike urineer-voorvalle by die Universiteit Stellenbosch het die laaste ses maande die nuus gehaal. Al die voorvalle was by manskoshuise en daar was glo baie drank betrokke by elkeen. In die jongste voorval verlede week het ‘n erg besope student in die kamer van medestudente by die Eendrag-koshuis geürineer. Mia Spies vra die senior direkteur van sosiale impak en transformasie aan die Universiteit Stellenbosch dr Leslie van Rooi wat die rede is vir die gedrag en wat daaraan gedoen word.

    Show more Show less
    18 mins
  • Brittanje het (wéér) ‘n nuwe premier. Hermann Pretorius vertel vir Mia Spies wat jy moet weet van Rishi Sunak.
    Oct 28 2022

    Teen dié pas gaan die Britse koning Charles III meer eerste ministers as sy ma deurdraf. 15 eerste ministers het onder Koningin Elizabeth II gedien. Koning Charles trek nou al by sy 2de, nadat Liz Truss ná net 45 dae (die kortste termyn in Brittanje se geskiedenis) bedank het. Ná 'n week van hoogdrama is Rishi Sunak, die voormalige minister van finansies, as haar opvolger aangewys. Hermann Pretorius van die Instituut vir Rasseverhoudinge, wat die Britse politiek fyn dophou, gesels met Mia Spies.

    Show more Show less
    15 mins
  • “Daar is groot fout” Só sê aktivis Caroline Peters ná jongste vlaag kindermoorde.
    Oct 21 2022

    Daar was die laaste ruk verskeie voorvalle van kindermoorde in die nuus, maar met ander groot nuus (Zuma se korrupsieverhoor is uitgestel en die Steinhoff-sage) het dit nie die hoofopskrifte gehaal nie. Die grusame moord op Bokgabo Poo (4) van die Gautengse Oos-Rand wat ontvoer, verkrag en vermink is het my opnuut laat besef hoe ernstig die “epidemie” van geweld teen vroue en kinders in Suid-Afrika is, en hoe belangrik dit is om dit aan die groot klok te hang. Die uitvoerende direkteur van die Callas Foundation Caroline Peters werk elke dag met voorvalle van geslagsgeweld, en vertel vir my wat die situasie op voetsoolvlak is.

    Show more Show less
    14 mins
  • Hittegolf laat SA’ners sweet: Klimaatwetenskaplike prof. Francois Engelbrecht verduidelik waarom jy só warm kry.
    Oct 14 2022

    Dit was die laaste ruk bloedig warm in groot dele van die land. Ek was vroeër die week in die Laeveld en dit was sonder twyfel die warmste wat ek al ooit in my lewe gekry het. Die kwik het elke dag tot in die veertigs gestyg, en met die land se huidige krag- en waterbeperkings is verligting soos lugverkoeling en ‘n koue stort ook maar beperk. Die uitermatige warm weer word toegeskryf aan ‘n "onverwagse" hittegolf. Die direkteur van die Global Change Institute aan die Universiteit van die Witwatersrand prof. Francois Engelbrecht verduidelik vir Mia Spies wat die weer makeer.

    Show more Show less
    13 mins
  • ”Vlaag ontvoerings in SA kommerwekkend.” Só waarsku Kriminoloog prof. Christiaan Bezuidenhout.
    Oct 7 2022

    Die ontvoering van ‘n vrou verlede week in Kaapstad is die jongste van ‘n reeks ontvoerings hier op eie bodem. Die 35-jarige Oekraïense vrou se geel Audi is in Blue Downs tot ‘n stilstand gedwing toe twee karre weerskante van haar stilhou, sy is uit haar voertuig gepluk, twee skote is afgevuur voor haar ontvoerders met haar weggejaag het. Dit alles helder oordag. ‘n Video van die voorval word wyd op sosiale media gedeel. Die kriminoloog verbonde aan die Universiteit van Pretoria prof. Christiaan Bezuidenhout praat met Mia Spies oor die kommer wat ontstaan oor ontvoerings en gyselaarsituasies in die land en wat jy kan doen as dit jou oorkom.

    Show more Show less
    22 mins
  • Plett haai-aanvalle eis 2 mense in 3 maande: “Dis iets ongehoord,” Só sê Nico Booyens van Shark Research Unit
    Sep 30 2022

    ‘n Naweekwegbreek saam met haar gesin het tragies geëindig vir Kimon Bisogno (39) van Kaapstad. Sy het Sondagoggend by die Sentraalstrand in Plettenbergbaai geswem, glo net heupdiepte, toe sy deur ‘n haai doodgebyt is. Dit is die tweede noodlottige haai-aanval in drie maande by dié kusdorp. In Junie is die 49-jarige Bruce Wolov deur ‘n grootwithaai doodgebyt. Nico Booyens, die hoofnavorser en mariene bioloog van Shark Research Unit, 'n navorsingsfasiliteit in Mosselbaai, gesels met Mia Spies.

    Show more Show less
    24 mins
  • Kragkrisis: “Minstens 2 donker jare lê nog voor.” Só waarsku kragkenner Corneels Schabort.
    Sep 23 2022

    Kragfrustrasies onder Suid-Afrikaners kook oor nadat Eskom dié week Fase-6 beurtkrag ingestel het. Daar was selfs praatjies van fase 8 of hoër. Dis duidelik dat daadwerklike ingryping en dringende oplossings nóú nodig is. President Cyril Ramaphosa het sy oorsese reis kortgeknip om 'n oplossing te probeer kry vir die beurtkrag-krisis. Maar wanneer gaan dit gebeur? ‘n Kragkenner verbonde aan die Noordwes-Universiteit Corneels Schabort vertel vir Mia Spies dat dit minstens twee jaar gaan vat voor die beurtkrag-situasie beter word.

    Show more Show less
    24 mins
  • SA loop kronkelpad met Britse monargie. Hermann Pretorius van die Instituut vir Rasseverhoudinge praat met Mia Spies.
    Sep 16 2022

    Koningin Elizabeth II (96) was tot haar dood verlede week meer as sewe dekades die koningin van die Verenigde Koninkryk, en vir bykans een dekade van haar heerskappy was Suid-Afrikaners self ook onderdane van haar. Dít is een van die groot redes vir die gemengde gevoelens hier op eie bodem teenoor die koninklikes. Hermann Pretorius van die Instituut vir Rasseverhoudings vertel vir Mia Spies oor Suid-Afrika se bande met die Britse monargie.

    Show more Show less
    19 mins