In Alle Ernst  By  cover art

In Alle Ernst

By: Ernst J. van Zyl
  • Summary

  • Die In alle Ernst-podsending se doel is om die mal wêreld waarin ons leef te ontrafel in Afrikaans vir besige, nuuskierige mense. Wees die slimste meneer of dame rondom die braaivleisvuur hierdie naweek.
    Copyright Ernst J. van Zyl
    Show more Show less
Episodes
  • Onderhoud 16: Reiner Duvenage | AfriForum keer R50 miljoen-skenking aan Kuba
    Mar 25 2022
    Die burgerregteorganisasie AfriForum het hierdie week suksesvol ’n dringende interdik bekom om die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking (Dirco) te verhoed om R50 miljoen aan Kuba te skenk. AfriForum is verheug dat die hof te midde van ’n ernstige ekonomiese krisis in die organisasie se guns beslis het teen dié belaglike skenking. Hierdie interdik is deel van die eerste gedeelte van AfriForum se regsoptrede teen die skenking. Die tweede deel behels ’n hersieningsaansoek op ’n latere datum om die regering se besluit om die geld aan Kuba te skenk, om te keer. Die hof het bykomend ook beveel dat die respondente die koste van die aansoek moet betaal. Volgens regter Neukircher verteenwoordig AfriForum die publiek se breër belange en daar is geen rede waarom AfriForum hand in eie sak moet steek nie. Ek en Reiner Duvenage, Veldtogbeampte by AfriForum, gesels in hierdie episode oor AfriForum se groot wen.
    Show more Show less
    22 mins
  • Ep. 29 - Media se reaksie op AfriForum v Malema/EFF-hofsaak spreek boekdele
    Mar 16 2022
    In hierdie episode bespreek ek hoe die verwerplikste aspek van die AfriForum vs EFF “Kill the Boer”-saak sekerlik baie dele van Julius Malema se ontstellende getuienis onder eed was, die reaksies van die media en lede van die Suid-Afrikaanse rubriekskrywersgarde ’n verbasend sterk tweede plek ingeneem het.
    Show more Show less
    9 mins
  • Ep. 28 - Ramaforie en Zumafobie: Moenie geflous word deur ’n nuwe sondebok nie
    Feb 11 2022
    In hierdie episode bespreek Ernst die maak van nuwe sondebokke in die Ramaphosa-era, en evalueer President Ramaphosa se rekord sedert hy aan bewind gekom het.
    Show more Show less
    7 mins

What listeners say about In Alle Ernst

Average customer ratings

Reviews - Please select the tabs below to change the source of reviews.