Episodios

  • Mevrou onthul hoe 2025 moontlik haar lewe gered het
    Dec 15 2025
    Mevrou kyk terug op die jaar wat was, en al die kere wat dit gevoel het of daar ’n slang was wat reg gelê het om te pik. Dié jaar was egter nie net een van weg hardloop van slange nie, Mevrou het ook ’n paar goeie lesse geleer en voel sy het die slang skubbe nou vervel en is reg vir 2026. Maar om daar te kom, moet Gerda de Sousa en Dianne Broodryk eers ’n paar swaar lasse van hulle skouers af kry, bely oor ’n paar ander goed, en dankie sê vir ’n besluit wat moontlik een van hulle se lewens gered het …. Podcast page on Jacaranda FM's website
    Más Menos
    25 m
  • Mevrou beplan ‘n Desember partytjie om wraak te neem teen die bure
    Dec 2 2025
    Mevrou is hierdie Fees Seisoen by die huis, en is besig met ’n plan vir ’n groot Desember swembad partytjie. Gerda de Sousa en Dianne Broodryk het agter gekom hulle het tussen die twee van hulle ’n rook masjien en ’n disko bal wat hulle nou wil inspan vir ’n partytjie wat deur die buurt gaan weergalm. Dis om al daai bure terug te kry wat so gou is om die vuurwerke af te skiet, sonder dat hulle die ander inwoners of die diere in ag neem. Podcast page on Jacaranda FM's website
    Más Menos
    19 m
  • Mevrou skinder oor wat op die Whatsapp groepies gesê word
    Nov 25 2025
    Mevrou het met ’n skok agter gekom dat haar gesin van drie nie hulle eie Whatsapp groepie het nie! Hoeveel Whatsapp groepies moet mens hê en wanneer kan jy maar jouself afhaal en die groepie toemaak? Gerda de Sousa en Dianne Broodryk delf in die status van hulle Whatsapps in om te probeer vasstel wanneer ’n Whatsapp groep die moeite werd is om te hou en wanneer mens jouself eerder maar moet verwyder …. Podcast page on Jacaranda FM's website
    Más Menos
    24 m
  • Mevrou kry lelik stry oor die lys vir Kerspersente
    Nov 18 2025
    Mevrou is besig met die laaste beplanning vir Kersfees – en heel bo-aan haar lys van wat om nog te doen, is die Kersfees geskenke. Wie kwalifseer vir ’n persentjie onder die Kersboom? Dianne Broodryk staan vas net dié lede van die familie wie saam met hulle is op Kersdag, kry gekoopte persente. Gerda de Sousa stem glad nie saam nie – of hulle nou bymekaar is of nie, sy draai iets toe vir onder die boom. En daar breek die groot gestryery toe uit ….. Podcast page on Jacaranda FM's website
    Más Menos
    25 m
  • Mevrou wonder hoe lank die strate so skoon gaan bly na die Gee-20 beraad
    Nov 11 2025
    Mevrou besef die G20 beraad is amper hier, want die paaie in Gauteng is ewe skielik baie skoon, die slaggate word opgevul, meeste van die verkeersligte werk en metro polisie word oral gesien. Dis nie aldag wat die provinsie so vere reg ruk nie en ook geen wonder nie, want van die grootste lande in die wêreld stuur hulle staatshoofde om in Johannesburg te kom beraadslaag. Nou besef Gerda de Sousa en Dianne Broodryk te laat dat hierdie eintlik ’n gulde geleentheid sou wees om ’n internasionale spanbou in Gauteng te kon hou – aangesien die provinsie nou spiekeries lyk ….. Podcast page on Jacaranda FM's website
    Más Menos
    21 m
  • Mevrou se gesukkel om die mediese forms in te vul
    Nov 4 2025
    Mevrou moet hospitaal toe gaan vir ‘n mediese prosedure, maar wat vir haar erger is as wat hulle aan haar gaan doen, is die stapel mediese forms wat sy voor die tyd moet invul. Asof dit nie genoeg is dat sy elke maand die derduisende moet opdok vir ’n mediese fonds nie, maak die administratiewe nagmerrie haar sommer naar. Hierdie is ’n bitter pil vir Mevrou om te sluk, en sy is bevrees daar is geen mediese fonds wat medikasie hiervoor het nie. Gerda de Sousa en Dianne Broodryk pak af oor mediese prosedures, administratiewe rompslomp en kroniese medisyne Podcast page on Jacaranda FM's website
    Más Menos
    26 m
  • Mevrou val in nostalgie vas, saam met die Jakarandas se pers tapyt
    Oct 28 2025
    Mevrou is in ’n onverwagse nostalgie vas gevang, aangebring deur die pers blommetjies van die Jakaranda bome in Pretoria. Skielik onthou Dianne Broodryk weer haar grootword jare in die Moot gebied, toe sy met haar fiets oor die Jakaranda blommetjies gery het. Vir Gerda de Sousa bring die asembrowende pers tapyt op die strate van Brooklyn weer al die herinneringe terug van haar seun in die hoërskool. En voor hulle dit kan keer, is die Mevrouens in ’n nostalgiese bui …… Podcast page on Jacaranda FM's website
    Más Menos
    26 m
  • Mevrou se siekwees sages
    Oct 21 2025
    Mevrou is nou siek en sat vir siekwees! Die winter is verby, die somer is in volle swang, en die twee wonder waar die skielike siektes vandaan kom wat hulle ook plat getrek het. Dit was so erg dat Gerda de Sousa en Dianne Broodryk altwee in die bed moes bly met anti-biotika en ’n bak vol ander medisyn – iets waaraan dié twee nie gewoond is nie. Nou voel dit of die hele wêreld om hulle ook siek word met ’n gehoes en ’n geproes en ’n gesoek na genoeg sneesdoekies ….. Podcast page on Jacaranda FM's website
    Más Menos
    20 m