Mevrou Mevrou Podcast Por JacPod arte de portada

Mevrou Mevrou

Mevrou Mevrou

De: JacPod
Escúchala gratis

Dis hier waar jy jou ore kan uitleen aan twee internasionaal bekroonde Mevrouens se alledaagse lewens - ‘n dosis hardop lag, lang trane huil, vra vir genade, pleit vir geduld. Elke dag se dinge op ‘n skinkbord en nee, nie met tee nie. Hierdie Mevrouens doen nie tee en toebroodjies nie. Maar dan is Gerda de Sousa en Dianne Broodryk nou ook nie alledaags nie. Hulle is maal twee. Mevrou Mevrou is deur die Africa Podcast and Voice Artists aangewys as die Beste Komedie Potgooi op die kontinent! Hierdie seisoen word aan jou gebring deur die Arrie Nel Apteekgroep. Audio design: Ethan Baird.JacPod Biografías y Memorias Ciencias Sociales
Episodios
  • Mevrou onthul hoe 2025 moontlik haar lewe gered het
    Dec 15 2025
    Mevrou kyk terug op die jaar wat was, en al die kere wat dit gevoel het of daar ’n slang was wat reg gelê het om te pik. Dié jaar was egter nie net een van weg hardloop van slange nie, Mevrou het ook ’n paar goeie lesse geleer en voel sy het die slang skubbe nou vervel en is reg vir 2026. Maar om daar te kom, moet Gerda de Sousa en Dianne Broodryk eers ’n paar swaar lasse van hulle skouers af kry, bely oor ’n paar ander goed, en dankie sê vir ’n besluit wat moontlik een van hulle se lewens gered het …. Podcast page on Jacaranda FM's website
    Más Menos
    25 m
  • Mevrou beplan ‘n Desember partytjie om wraak te neem teen die bure
    Dec 2 2025
    Mevrou is hierdie Fees Seisoen by die huis, en is besig met ’n plan vir ’n groot Desember swembad partytjie. Gerda de Sousa en Dianne Broodryk het agter gekom hulle het tussen die twee van hulle ’n rook masjien en ’n disko bal wat hulle nou wil inspan vir ’n partytjie wat deur die buurt gaan weergalm. Dis om al daai bure terug te kry wat so gou is om die vuurwerke af te skiet, sonder dat hulle die ander inwoners of die diere in ag neem. Podcast page on Jacaranda FM's website
    Más Menos
    19 m
  • Mevrou skinder oor wat op die Whatsapp groepies gesê word
    Nov 25 2025
    Mevrou het met ’n skok agter gekom dat haar gesin van drie nie hulle eie Whatsapp groepie het nie! Hoeveel Whatsapp groepies moet mens hê en wanneer kan jy maar jouself afhaal en die groepie toemaak? Gerda de Sousa en Dianne Broodryk delf in die status van hulle Whatsapps in om te probeer vasstel wanneer ’n Whatsapp groep die moeite werd is om te hou en wanneer mens jouself eerder maar moet verwyder …. Podcast page on Jacaranda FM's website
    Más Menos
    24 m
Todavía no hay opiniones