Wanneer die Bose Jou Aanval (3)
No se pudo agregar al carrito
Add to Cart failed.
Error al Agregar a Lista de Deseos.
Error al eliminar de la lista de deseos.
Error al añadir a tu biblioteca
Error al seguir el podcast
Error al dejar de seguir el podcast
-
Narrado por:
-
De:
Send us a text
Handelinge 4:29-31 “En nou, Here, kyk hoe dreig hulle ons. Gee dat u dienaars met volle vrymoedigheid u woord sal verkondig. Laat u hand genesing bring, en laat daar tekens en wonders plaasvind deur die Naam van u heilige Dienaar, Jesus. Nadat hulle gebid het, het die plek waar hulle bymekaar was, geskud. Hulle is almal met die Heilige Gees vervul en het met vrymoedigheid die woord van God verkondig.
Dit lyk asof mense deesdae glo dat hoe harder hulle skree, hoe meer sal hulle gehoor word; al is hulle in die minderheid, en al lê selfs dít wat hulle verkondig, êrens tussen waansin en ekstremisme. Maar die ergste is dat wanneer hulle nie met jou saamstem nie, wil hulle jou stilmaak, jou opsy stoot en jou invloed in die gemeenskap afsny. En dis ongelooflik intimiderend.
In baie dele van die wêreld het dit onaanvaarbaar geword om te sê dat 'n man 'n man is en 'n vrou 'n vrou. Hoe mal dit ook al mag lyk; daardie eenvoudige stelling, van die duidelik voor die hand liggende waarheid, word deur sommige (slegs deur 'n paar, maar steeds deur sommige) as bevooroordeeld en aanstootlik beskou.
En so kan die gemiddelde Jan Alleman geïntimideerd voel om op te staan; om die waarheid te praat. Sy natuurlike reaksie sal dan wees om hom van gesprekke wat saak maak, te onttrek.
Daardie vervolging, watter vorm dit ook al mag aanneem (en ek het hier slegs een voorbeeld gebruik) gebeur al sedert die vroegste tye. Vroeë Christene het verskriklike vervolging gely. So hoe het hulle gereageer? Het hulle teruggetrek? Nee. Hulle het gebid. Hier is wat hulle gebid het:
Handelinge 4:29-31 “En nou, Here, kyk hoe dreig hulle ons. Gee dat u dienaars met volle vrymoedigheid u woord sal verkondig. Laat u hand genesing bring, en laat daar tekens en wonders plaasvind deur die Naam van u heilige Dienaar, Jesus.” Nadat hulle gebid het, het die plek waar hulle bymekaar was, geskud. Hulle is almal met die Heilige Gees vervul en het met vrymoedigheid die woord van God verkondig.
Daardie vroeë Christene het nie teruggedeins voor vervolging nie. Hulle het gebid. Hulle het gebid dat God hulle sal help om sonder vrees die Goeie Nuus te deel. Hulle het gebid dat God se krag in hulle en deur hulle sal werk.
Wanneer jy geïntimideerd voel, is die antwoord om te bid. En onthou altyd: die Een wat in jou is, is groter as die een wat in die wêreld is.
Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY