• Fees van die ongenooides [Feast of the Uninvited]

  • By: PG du Plessis
  • Narrated by: Anrich Herbst
  • Length: 15 hrs and 52 mins
  • 4.7 out of 5 stars (76 ratings)

Prime logo Prime members: New to Audible?
Get 2 free audiobooks during trial.
Pick 1 audiobook a month from our unmatched collection.
Listen all you want to thousands of included audiobooks, Originals, and podcasts.
Access exclusive sales and deals.
Premium Plus auto-renews for $14.95/mo after 30 days. Cancel anytime.
Fees van die ongenooides [Feast of the Uninvited]  By  cover art

Fees van die ongenooides [Feast of the Uninvited]

By: PG du Plessis
Narrated by: Anrich Herbst
Try for $0.00

$14.95/month after 30 days. Cancel anytime.

Buy for $22.40

Buy for $22.40

Pay using card ending in
By confirming your purchase, you agree to Audible's Conditions of Use and Amazon's Privacy Notice. Taxes where applicable.

Publisher's summary

Dit is die jaar 1901. Die son het gesak oor ’n verskroeide landskap, en die landskap verwelkom die duister. Die doringdraad en tentrye van die konsentrasiekamp is nog net ’n swart vlek op die vlakte. En aan die rand hiervan gloei ’n tent soos ’n lantern. Diegene wat vanuit die duister na hierdie tent sou staar, sou teen die helder tentdoek die silhoeët sien van ’n man wat oor die klawerbord van ’n klavier buig. Die een wat vanuit die nag sou kyk, sou ook op die kampbed die regop gestalte van ’n sittende vrou kon uitmaak. Diegene wat vanuit die kamp sou luister, hulle wat nie reeds volledig deur die stryd tussen lewe en dood ingeneem is nie, sou dalk agter die onbeholpe klavierspel van die man die vergeefse smagting hoor, agter die wankelende note die stilte wat groter is as enige geluid.

Jare later buig majoor Philip Brooks in ’n biblioteek oor ’n vergelende foto. En hy probeer vasstel wat dit is wat hy op daardie foto sien. Hy probeer onthou wat gebeur het. Dit was hy in daardie tent. Die vrou op die bed was die mooiste vrou wat hy nog gesien het. Die klavier het gekom uit haar huis, een van die plaashuise wat sy soldate afgebrand het. Nou probeer hy kyk met die oog van Joey Drew, die skeeloog sukkelaar van Somerset, Engeland, wat die foto’s geneem het. Hy kyk na ’n foto van ’n vrou met ’n baba in haar arms. Hy weet wat die pa van die kind nie geweet het toe hý die foto gesien het nie, dat die kind dood was. Dat hy een van die duisende slagoffers van die konsentrasiekampe was. Hy kyk na ’n familiefoto van die Van Wyks, en nog een keer, voordat die vergetelheid so koud soos die graf self oor alle geheue sak, probeer hy deur Joey se foto’s die verhaal van die Van Wyks agterhaal.

Hierdie roman is sekerlik die uitnemendste toonbeeld van P.G. du Plessis se vertelkuns. Deur elkeen van hierdie onvergeetlike Van Wyks en hul bywoners, die Minters, dra hy ’n eie persoonlike tragedie in by die wyer ellende van die oorlog, en so word die oorloggegewe ’n vervlegting van uiters intense menslike dramas, onvergeetlike taferele van vergeefse liefde, verydelde drome en die verbryseling van menslikheid. Sentraal is die verhaal van Daantjie en Magrieta van Wyk, hy ’n Blinkstefaans en sy die allerpragtigste vrou. Hulle twee oorleef die oorlog, maar dan as draers en verteenwoordigers van die uiterstes in die menslike aard wat deur die oorlog op die spits gedryf is. Ook die Engelse offissier Philip Brooks oorleef die oorlog, en in sy bewussyn kry hierdie droewe geskiedenis ‘n nuwe relevansie.

Du Plessis se roman is weliswaar een van die heel grootste werke oor die Boereoorlog, maar dit is ook ‘n werk wat in ‘n hedendaagse idioom vrae vra oor hoe ons onthou, wat ons onthou en wat die implikasies is van vergeet. En stellig die klinkklaarste antwoord op hierdie vrae is die feit dat sy boek ‘n onvergeetbare leeservaring is.

Please note: This audiobook is in Afrikaans.

©2019 PG du Plessis (P)2019 Tafelberg

What listeners say about Fees van die ongenooides [Feast of the Uninvited]

Average customer ratings
Overall
  • 4.5 out of 5 stars
  • 5 Stars
    65
  • 4 Stars
    8
  • 3 Stars
    0
  • 2 Stars
    0
  • 1 Stars
    3
Performance
  • 5 out of 5 stars
  • 5 Stars
    58
  • 4 Stars
    8
  • 3 Stars
    2
  • 2 Stars
    0
  • 1 Stars
    1
Story
  • 5 out of 5 stars
  • 5 Stars
    60
  • 4 Stars
    6
  • 3 Stars
    0
  • 2 Stars
    0
  • 1 Stars
    2

Reviews - Please select the tabs below to change the source of reviews.

Sort by:
Filter by:
  • Overall
    5 out of 5 stars
  • Performance
    5 out of 5 stars
  • Story
    5 out of 5 stars

Very descriptive

Great story, great reader and extremely descriptive. Some scene may a bit too graphic and haunting, but has given me a new insight on South-African history. Really enjoyed it, and I don't normally listen to fiction or Afrikaans- but may be converted now

Something went wrong. Please try again in a few minutes.

You voted on this review!

You reported this review!

  • Overall
    5 out of 5 stars
  • Performance
    5 out of 5 stars
  • Story
    5 out of 5 stars

Uitstekende verhaal

Uitmuntende verhaal en fantasiese beskrywende taalgebruik. Karakter beskrywing is so goed gedoen dat mens elke persoon in jou geestesoog kan voorstel. Voorlesing is met volle oortuiging gelewer. Geskiedenis is baie akuraat saamgevat. Dankie vir die nostalgie.

Something went wrong. Please try again in a few minutes.

You voted on this review!

You reported this review!

  • Overall
    5 out of 5 stars
  • Performance
    5 out of 5 stars
  • Story
    5 out of 5 stars

Ongelooflik Goed

Dit is 'n boek wat elke Afrikaner moet luister... nee, elke mens. PG lees dit briljant voor. Ek kon nie ophou luister nie!

Something went wrong. Please try again in a few minutes.

You voted on this review!

You reported this review!

  • Overall
    5 out of 5 stars
  • Performance
    5 out of 5 stars
  • Story
    5 out of 5 stars

Put on your seatbelt!

I had memories, growing up in South Africa, of PG Du Plessis as a writer with some degree of controversy surrounding him. Maybe it was just that I heard much about him, saw him on TV shows - but never actually read anything he wrote. So, I thought - "I should give this book a try." OMG! Hold on to your seatbelts! This is an incredibly well written story and PG takes you on a roller coaster ride you will never forget. Dang! I was transferred to a reality I had never fully understood about South African history and the Boer War. Highly, highly recommended!

Something went wrong. Please try again in a few minutes.

You voted on this review!

You reported this review!

  • Overall
    5 out of 5 stars
  • Performance
    5 out of 5 stars
  • Story
    5 out of 5 stars

Briljant

Ek het die boek al verskeie kere geluister en hoor dit elke keer asof dit die eerste keer is. Hoogs aan te bevole. Briljant geskryf deur PG du Plessis

Something went wrong. Please try again in a few minutes.

You voted on this review!

You reported this review!

  • Overall
    5 out of 5 stars
  • Performance
    5 out of 5 stars
  • Story
    5 out of 5 stars

Die Pêrel in oom PG se kroon

‘n Eerlike samebimding van soveel emosies, Afrikaanse idiome en menslikhede teen die agtergrond van die hartseer stuk geskiedenis. Dankie oom PG, hierdie is ‘n geskenk vir ons kinders en hul kinders. Rus in vrede.

Something went wrong. Please try again in a few minutes.

You voted on this review!

You reported this review!

  • Overall
    5 out of 5 stars
  • Performance
    5 out of 5 stars
  • Story
    5 out of 5 stars

Briljante boek en voorlesing.

Vir my, briljante voorlesing. Met PG du Plessis moet jy elke woord kan hoor want dit is meesterlik gekies. Die storie was eerlik, geloofwaardig en boeiend.

Something went wrong. Please try again in a few minutes.

You voted on this review!

You reported this review!

  • Overall
    5 out of 5 stars
  • Performance
    5 out of 5 stars
  • Story
    5 out of 5 stars

Ek gaan die boek nog 'n paar keer luister!

Ek vertsaan nou hoekom die gesien word as een van die beste afrikaanse boeke daar buite! Dit was ongelooflik, ek weet ek sal die boek vir baie mense stuur, en Anrich se stem was ongelooflik! Die storie het my deur my emosies gesit en maak wonder hoekom ons nie meer op skool oor die oorlog en die daade van die Engelse geleer het nie. Ongelooflike storie! Dankie

Something went wrong. Please try again in a few minutes.

You voted on this review!

You reported this review!

  • Overall
    5 out of 5 stars
  • Performance
    5 out of 5 stars
  • Story
    5 out of 5 stars

Uitmuntend

Absoluut uitstekend. Anrich was briljant.
Die beste Afrikaanse roman wat ek nog gelees het. Kry dit - jy sal nie spyt wees nie.

Something went wrong. Please try again in a few minutes.

You voted on this review!

You reported this review!

  • Overall
    5 out of 5 stars
  • Performance
    4 out of 5 stars
  • Story
    5 out of 5 stars

The scars of war changes people ...or does it ?

Nothing . I hope , if not yet done , this can be translated so that the English audience can also en joy it .

Something went wrong. Please try again in a few minutes.

You voted on this review!

You reported this review!