Episodios

  • Agter geslote deure
    Apr 13 2026

    Soms leef ons agter geslote deure. Vasgevang in vrees, onsekerheid of twyfel. Tog is dit juis dáár waar Jesus inkom… nie afgeskrik deur ons grense nie, maar naby, teenwoordig en vol vrede.

    𝙋𝙞𝙚𝙧𝙧𝙚 𝙀𝙣𝙜𝙚𝙡𝙗𝙧𝙚𝙘𝙝𝙩 help ons ontdek hoe Jesus ons ontmoet agter ons geslote deure en nuwe lewe en hoop bring. Kom kuier saam.

    Más Menos
    24 m
  • DIE STORIES | Gesprek met Jaco Strydom | Echo Youth
    Apr 8 2026

    Welkom by eKerk Nood - Die Stories.

    In hierdie episode gesels ons met Jaco Strydom van Echo Youth, 'n organisasie wat al 25 jaar met moeilikheid besig is. Moeilikheid is hul besigheid, en besigheid is booming. Jaco deel eerlik oor Echo Youth se unieke gemeenskapsmodel, hul plaasprojek en die kinders wie se lewens verander het toe iemand besluit het om te bly. Want elke kind het iemand nodig, nie net iets nie. Luister, leer, en word geïnspireer.

    Besoek www.echoyouth.co.za om betrokke te raak.

    Kontak Jaco gerus by: jacostrydom@icloud.com / 084 477 7123

    #ekerk #ekerknood #echo

    Más Menos
    39 m
  • Opstanding: Ons sien vir Jesus!
    Apr 5 2026

    Op Opstandingsondag kyk ons weer, en hierdie keer sien ons nie net die kruis nie, maar die leë graf. Ons sien Jesus… lewendig, oorwinnaar, en naby aan ons.

    𝙎𝙩𝙚𝙥𝙝𝙖𝙣 𝙅𝙤𝙪𝙗𝙚𝙧𝙩 nooi ons om die vreugde, hoop en nuwe lewe van die opstanding opnuut te ontdek. Kom kuier saam en vier die lewe wat Jesus bring!

    Más Menos
    24 m
  • Goeie Vrydag: Ons sien vir Jesus...
    Apr 3 2026

    Op Goeie Vrydag staan ons stil by die kruis, en ons kyk weer. Nie net na wat gebeur het nie, maar na Wie daar hang. Ons sien Jesus… Sy liefde, Sy lyding, Sy oorgawe vir ons.

    𝙎𝙩𝙚𝙥𝙝𝙖𝙣 𝙅𝙤𝙪𝙗𝙚𝙧𝙩 nooi ons om stadiger te kyk, dieper te sien en die betekenis van die kruis opnuut te ontdek. Kom kuier saam en laat God jou hart aanraak in hierdie heilige oomblik.

    Más Menos
    23 m
  • Moenie die kortpad vat nie
    Mar 30 2026

    Ons leef in ’n wêreld wat vinnige oplossings en maklike uitweë soek. Maar God se pad is dikwels nie die kortpad nie. Dit is die pad wat vorm, verdiep en ware lewe bring.

    𝙎𝙩𝙚𝙥𝙝𝙖𝙣 𝙅𝙤𝙪𝙗𝙚𝙧𝙩 help ons ontdek hoekom die pad saam met Jesus nie altyd die maklikste is nie, maar altyd die regte een.

    #eKerk #Boodskap

    Más Menos
    24 m
  • Vier dae te laat
    Mar 23 2026

    Soms voel dit asof God te laat opdaag. Asof die deur al toegemaak het en hoop al verdwyn het. Maar juis daar wys die evangelie vir ons dat God se tyd anders werk as ons s’n.

    𝙋𝙞𝙚𝙧𝙧𝙚 𝙀𝙣𝙜𝙚𝙡𝙗𝙧𝙚𝙘𝙝𝙩 help ons ontdek hoe God selfs in oomblikke wat vir ons te laat voel, nuwe lewe en hoop bring.

    #eKerk #Boodskap

    Más Menos
    25 m
  • Die gevaarlikste woorde in die Bybel: “Ons weet”
    Mar 16 2026

    Soms dink ons ons verstaan alles klaar. Ons weet mos. Maar juis daar kan geloof begin stagneer. Wat gebeur wanneer God ons uitnooi om weer met oop oë, nederigheid en nuuskierigheid na Hom te luister?

    𝙋𝙞𝙚𝙧𝙧𝙚 𝙀𝙣𝙜𝙚𝙡𝙗𝙧𝙚𝙘𝙝𝙩 help ons nadink oor hoe die woorde “ons weet” soms ons harte kan sluit vir wat God nog vir ons wil wys.

    Más Menos
    25 m
  • Ek leef 'dankvinderig' voor God
    Mar 9 2026

    Dankbaarheid is meer as net ’n gevoel, dit is ’n manier van leef. Wat gebeur wanneer ons nie net dankbaar voel nie, maar doelbewus begin leef as mense wat God se goedheid raaksien en vier?

    𝙎𝙩𝙚𝙥𝙝𝙖𝙣 𝙅𝙤𝙪𝙗𝙚𝙧𝙩 help ons ontdek hoe ’n “dankvinderige” hart ons perspektief verander en ons nader aan God se vreugde bring. Kom kuier saam by ons eKerk Boodskap.

    Más Menos
    22 m