Episodios

  • Die Kroonstad Spoor Ramp
    Apr 29 2025
    Suid-Afrika is in Januarie 2018 geskud deur ’n gru spoor ramp toe ’n Shosholoza Meyl passasiers trein en ’n trok buite Kroonstad gebots het.
    Chaos het op die toneel uitgebreek sowat 10 minute na die ongeluk toe passasiers besef het hulle is vas gekeer in van die brandende waens – waarvan die deure geseël was.
    Die passasiers trein was besig om vakansie gangers terug te ry huis toe na die Desember vakansie en die ongeluk het opslae gemaak regoor die wêreld.

    Hierdie is die laaste episode van die huidige seisoen. Webpage · Find more from JacPod
    Más Menos
    28 m
  • Die reeks moordenaar, Sipho Thwala
    Apr 22 2025
    Sipho Thwala het op ’n heuwel gesit en uitkyk oor die suiker riet plantasies, en probeer onthou waar die liggame is van die vroue wat hy reeds vermoor het. Thwala het een van Suid-Afrika se mees berugte reeks moordenaars geword en KwaZoeloe-Natal se lowerige groen suiker riet plantasies in 1996 en 1997 gebruik as sy eie slagveld. Hy het die polisie laat kopkrap, totdat dit aan die lig gekom het dat een vrou uit sy kloue ontsnap het en Thwala kon uitken ….. Webpage · Find more from JacPod
    Más Menos
    33 m
  • Die moord op Gabriela Kabrins Alban
    Apr 15 2025
    Die poskaart mooi Kampsbaai in Kaapstad was in 2015 in die wêreld se soeklig toe ’n Amerikaanse toeris gru vermoor gekry is in een van die kamers van ’n luukse hotel.
    Gabriela Kabrins Alban en haar kêrel van Guatamala was in Suid-Afrika, waar hy behandeling gekry het vir sy dwelm verslawing. Die polisie ondersoek sou in eienaardige rigtings gaan van alternatiewe medisyne, hallusinerings en die moontlike betrokkenheid van ’n berugte internasionale bende. Dit als gemeng met miljarde rande se familie trust fondse ……. Webpage · Find more from JacPod
    Más Menos
    42 m
  • Die moord op Isaac Miggels
    Apr 8 2025
    Die 8-jarige Isaac Miggels het uitgesien na ’n sorglose Desember vakansie op ’n plaas in die Wes-Kaap, maar min het hy sy ouers geweet watter dodelike gevaar vir hom wag. Miggels se ouers het hom plaas toe gestuur om by sy twee ouma’s te gaan kuier, juis omdat hulle nie wou hê hy die hele skool vakansie en Fees Seisoen in die gevaarlike strate van hulle buurt op die Kaapse vlakte moes spandeer nie.
    ’n Stryery met drie ander jong seuns op die plaas het egter gelei tot ‘n tragedie wat die familie se vakansie planne in ’n dodelik nagmerrie laat ontaard het... Webpage · Find more from JacPod
    Más Menos
    25 m
  • Die Modimolle Monster
    Apr 1 2025
    Ina Bonnette het 2012 ingegaan met die hoop dat sy finaal van haar vervreemde man, Johan Kotzé, sou kon skei. Maar Kotze het ’n ander plan in sy kop gehad – hy wou Ina ’n les leer en seker maak haar grootste nagmerrie word bewaarheid. Wat Kotze daardie dag in Januarie in ’n Limpopose dorp aan Ina gedoen het, sou hom ontmasker as die Modimolle Monster.
    *Hierdie episode het ‘n addisionele waarskuwing vir luisteraars wat sensitief is vir inhoud oor geslags geweld en uiterste geweld teenoor vroue.* Webpage · Find more from JacPod
    Más Menos
    1 h y 5 m
  • Die moord op Lucky Dube
    Mar 25 2025
    Lucky Dube was een van Suid-Afrika se mees gewilde en geliefde sangers toe hy in 2007 dood geskiet is bloot omdat hy in die verkeerde kar gery het op die verkeerde tyd en in die verkeerde Johannesburgse straat. Die 43-jarige Dube het gedoen wat ouers met tieners elke naweek doen – rondry om sy kinders te gaan op- en aflaai. Sy sinnelose moord het die land geskok en die wêreld se fokus geplaas op die verhoor van die bende motor kapers ..... Webpage · Find more from JacPod
    Más Menos
    36 m
  • Die moord op Jayde Panayiotou
    Mar 18 2025
    Die oggend van 21 April 2015 was soos enige ander vir Jayde Panayiotou – sy het langs die straat gestaan en wag vir haar vriendin om haar te kom oplaai sodat hulle kon saamry werk toe. Maar binne vyf minute het Jayde spoorloos verdwyn voor die ingang na die kompleks waar sy en haar man gebly het. Min het haar familie en die land geweet dat die man naaste aan Jayde die een sou wees wat haar moord gereël het. Dié episode vertel die ware web van leuens wat aan die lig gekom het toe Christopher Panayiotou vir sy vrou se moord aangekla is ….. Webpage · Find more from JacPod
    Más Menos
    1 h y 11 m
  • Die Stander Bende, vertel met Joe Black
    Mar 11 2025
    Die eerste episode van True Crime South Africa - die Afrikaanse weergawe se Seisoen 3 vertel die verhaal van die Stander Bende en die polisie beampte wat in die 1980s sy vrye tyd gebruik het deur banke te beroof. Die legende van André Stander en sy bende het die hele land – en later selfs tot in Amerika – mense se verbeelding vas gevang. Dis ’n storie waarmee gewilde Afrikaanse sanger, Joe Black, ook in sy huis groot geword het omdat albei sy ouers aan die voorpunt was van misdaad bekamping. In hierdie spesiale episode, leen Joe sy stem om dié ware misdaad verhaal te vertel….. Webpage · Find more from JacPod
    Más Menos
    32 m