True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe Podcast Por JacPod arte de portada

True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe

True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe

De: JacPod
Escúchala gratis

Acerca de esta escucha

True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe vertel die ware intrigues agter van Suid-Afrika se mees berugte en skokkende misdade ooit. In dié veel bekroonde potgooi, vertel Jacaranda FM se Gerda de Sousa die stories agter ware misdaad verhale wat strek van die Wes-Kaap in die suide tot bo in Limpopo in die noorde van die land. Seisoen 3 skop af met die bekende Afrikaanse sanger, Jo Black, wat sy stem leen om die storie te help vertel oor die Stander Bende. True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe is nagevors, geskryf en vervaardig deur Nicole Engelbrecht vir haar gewilde True Crime South Africa reeks. Toekennings vir True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe: * Top 5 Episodes op Spotify in 2024 * Silver toekenning in die Misdaad Kategorie by die 2024 South African * Podcasters Guild Toekennings * Goue toekenning by die 2023 New Generation Awards * Brons toekenning by die 2023 Bookmark Awards * Top 5 potgooi reekse op Spotify 2022 Meer oor True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe: True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe vertel die ware verhale van opgeloste en onopgeloste misdade. Dis een van die enigste misdaad potgooi reekse wat nie net fokus op die misdaad self nie, maar spesifiek ook op die slagoffers. Van die episodes strek meer as ’n eeu terug, terwyl daar in ander geluister kan word oor ’n meer onlangse verhaal wat Suid-Afrika tot stilstand geruk het. Luister by jacarandafm.com of op Spotify en Apple Podcasts!JacPod Crímenes Reales
Episodios
  • Die Kroonstad Spoor Ramp
    Apr 29 2025
    Suid-Afrika is in Januarie 2018 geskud deur ’n gru spoor ramp toe ’n Shosholoza Meyl passasiers trein en ’n trok buite Kroonstad gebots het.
    Chaos het op die toneel uitgebreek sowat 10 minute na die ongeluk toe passasiers besef het hulle is vas gekeer in van die brandende waens – waarvan die deure geseël was.
    Die passasiers trein was besig om vakansie gangers terug te ry huis toe na die Desember vakansie en die ongeluk het opslae gemaak regoor die wêreld.

    Hierdie is die laaste episode van die huidige seisoen. Webpage · Find more from JacPod
    Más Menos
    28 m
  • Die reeks moordenaar, Sipho Thwala
    Apr 22 2025
    Sipho Thwala het op ’n heuwel gesit en uitkyk oor die suiker riet plantasies, en probeer onthou waar die liggame is van die vroue wat hy reeds vermoor het. Thwala het een van Suid-Afrika se mees berugte reeks moordenaars geword en KwaZoeloe-Natal se lowerige groen suiker riet plantasies in 1996 en 1997 gebruik as sy eie slagveld. Hy het die polisie laat kopkrap, totdat dit aan die lig gekom het dat een vrou uit sy kloue ontsnap het en Thwala kon uitken ….. Webpage · Find more from JacPod
    Más Menos
    33 m
  • Die moord op Gabriela Kabrins Alban
    Apr 15 2025
    Die poskaart mooi Kampsbaai in Kaapstad was in 2015 in die wêreld se soeklig toe ’n Amerikaanse toeris gru vermoor gekry is in een van die kamers van ’n luukse hotel.
    Gabriela Kabrins Alban en haar kêrel van Guatamala was in Suid-Afrika, waar hy behandeling gekry het vir sy dwelm verslawing. Die polisie ondersoek sou in eienaardige rigtings gaan van alternatiewe medisyne, hallusinerings en die moontlike betrokkenheid van ’n berugte internasionale bende. Dit als gemeng met miljarde rande se familie trust fondse ……. Webpage · Find more from JacPod
    Más Menos
    42 m
Todavía no hay opiniones