Episodios

  • Grys en Gatvol maar Glad Nie Stil Nie
    Mar 18 2026
    Ons gesels met kunstenaar en skrywer Maritza Breitenbach – ’n vrou wat nie net skep nie, maar ook voel, dink en kyk op maniere wat jou laat stilstaan.

    Van haar internasionaal erkende “The Cookie Book”, wat selfs Oprah se aandag getrek het, tot haar beeldhouwerk wat gevorm word deur die unieke lens waardeur sy die wêreld bekyk – Maritza vat ons in haar kop, haar hart en haar hande.

    Ons praat oor vrouwees. Nie die Instagram-weergawe nie, maar die rou, eerlike weergawe.

    En dan die podsending “Grys en Gatvol”, saam met joernalis Melanie Verwoerd – ’n ruimte waar vroue praat oor peri- en postmenopouse, oor die dinge waaroor daar te min gepraat word, en te veel in stilte “2-uur-in-die-oggend” gegoogle word.

    Maar dis KLETS. Ons bly nie lank op een plek nie.

    Die Peet en Mel Viljoen-sage wat soos ’n sepie bly ontvou, die Oscars wat al hoe meer hul glans verloor, en die vraag of Gwede Mantashe regtig weet hoeveel brandstof Suid-Afrika het… of hoop niemand vra nie, of dalk net hoop die spreadsheets lieg nie.

    En dan, soos ’n goeie laaste noot, kyk ons na Anton Goosen op 80 – want blykbaar is daar op 80 nog meer as net rock en roll in sy pype.

    Dis kuns en kommentaar. Dis vrouwees en wêreldnuus.
    Dis dieper gesprekke… Dis KLETS. The Cookie Book · Maritza Breitenbach · Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
    Más Menos
    1 h y 18 m
  • Die Eerste Agt Dae van die Oorlog: ’n Suid-Afrikaner in Doha vertel
    Mar 11 2026
    Die bomme val steeds in die Midde-Ooste en die wêreld kyk met groot oë na wat besig is om te ontvou. Ons praat met Adam du Plooy, een van ons getroue KLETS-luisteraars wat in Doha, Katar woon, om te hoor hoe dinge werklik op grondvlak voel.

    Adam gee vir ons sy perspektief ná die eerste agt dae van die oorlog. Hoe lyk die lewe tans daar? Hoe ervaar mense die spanning? En hoe lyk dit wanneer wêreldpolitiek skielik baie naby aan jou voordeur begin voel?

    Ons gesels ook oor iets wat baie Suid-Afrikaners ken: resilience. Daai vermoë om aan te gaan, selfs wanneer dinge skeefloop.

    Maar terug by die huis lyk resilience soms effens anders.

    Met petrolprysverhogings wat vir April 2026 voorspel word, ontdek Suid-Afrikaners nou ’n nuwe vorm van oorlewing: Uber Moto. Ja, daai klein motorfiets wat dalk binnekort die goedkoopste manier gaan wees om by die werk uit te kom.

    En dan herinner Suid-Afrika ons weer dat niks hier ooit werklik heilig bly nie… selfs nie in die dood nie.

    Ons praat oor die skokkende nuus van ’n sindikaat wat mense glo vermoor om lewensversekering uit te eis, en Matthys deel ook sy persoonlike ervaring met bedrog rondom sy ma se begrafenispolis. ’n Storie wat wys hoe maklik "trust" in banke en die polisie jou diep in die steek kan laat.

    So ja… ons het slaggate, waterprobleme, kragonderbrekings en bedrog.
    Maar soos baie Suid-Afrikaners half dankbaar sê: ten minste is ons nie in ’n oorlog nie.

    Dis wêreldpolitiek en plaaslike realiteit. Dis resilience en realiteitstoetse.
    Dis KLETS. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
    Más Menos
    1 h y 26 m
  • Ink op "Die Papier" en Vuur in die Midde-Ooste
    Mar 4 2026
    In hierdie week se KLETS praat Colene en Matthys met die nuusredakteur van die splinternuwe Afrikaanse weeklikse koerant, Die Papier.

    In ’n tyd waar verskeie Afrikaanse koerante hul deure gesluit het, verskyn Die Papier op Vrydag 6 Maart 2026 vir die eerste keer en gaan dit elke Vrydag landwyd op winkelrakke en aanlyn beskikbaar wees. Die koerant beloof om weer ’n ruimte te skep vir kwaliteit Afrikaanse joernalistiek met nuus, menings, sakenuus, sport, leefstyl, kultuur en gemeenskapsstories vir Afrikaanse lesers regoor die land. 

    Ons gesels oor hoekom hierdie koerant begin is, hoekom drukmedia dalk nog nie dood is nie, en hoekom daar steeds miljoene Afrikaanse lesers is wat ’n weeklikse koerant wil lees.

    Maar dis nie waar die KLETS stop nie.

    Terwyl dit reën in Gauteng val, kyk die wêreld met spanning na die bomme wat reën in die Midde-Ooste. Is dit bloot nog ’n konflik, of kyk ons dalk na die eerste tekens van iets veel groter? Sommige mense vra al klaar die vraag: Is dit dalk die begin van ’n derde wêreldoorlog?

    En dan draai die gesprek weer skerp na die alledaagse absurditeite van die lewe.

    Matthys hou vir Sophia ’n verjaarsdagpartytjie in die park vir haar honde-maatjies, iets wat vir hom heeltemal normaal klink… totdat die dame by die kasregister hom aankyk asof hy pas erken het hy vier ook sy toaster se verjaarsdag. Party dinge maak net sin vir honde-mense.

    En Colene bring ’n bietjie statistiek na die tafel: volgens verskeie studies raak nuwer generasies blykbaar nie noodwendig slimmer nie. In sommige gevalle wys data selfs dat kognitiewe vermoëns effens afneem. Surprise surprise.

    Dis opinies. Dis honde-partytjies en nuwe ink op papier.

    Dis KLETS. Die Papier · Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
    Más Menos
    50 m
  • Van SONA tot SAAI: Die werklikheid van Bek-en-Klouseer
    Feb 18 2026
    Hierdie week se KLETS begin by die groot verhoog: SONA 2026. Die rooi tapyt, die applous, die beloftes. Maar wat bly oor, ná al die woorde?

    Dan skuif ons van die Parlement se blink ligte na die stofpaaie van die platteland. Ons gesels met Dr Theo de Jager van SAAI, die Suider-Afrika Agri Inisiatief, oor Bek-en-Klouseer in Suid-Afrika. Waar het die pap op die grond geval? En belangriker: hoe gaan dit regtig met die boeregemeenskap? Is daar hoop vir produsente, of gaan die impak ons almal nog lank tref by die kasregister?

    Dis ’n gesprek oor verantwoordelikheid, realiteit en die mense wat elke dag moet opstaan en aanhou, selfs wanneer beleid en beheer hulle faal.

    Indien jy ’n boer is wat ondersteuning of raad benodig, of net wil weet hoe jy betrokke kan raak, kontak SAAI direk:

    WhatsApp: 066 071 6094
    Webblad: https://saai.org/
    E-pos: navrae@saai.org

    Maar dis nie net krisisse en kommissies nie. Ons skink ook ’n glasie. Wat is die beste waarde-vir-geld wyne tussen R100 en R200? Want as die ekonomie druk, moet jou wyn ten minste nie teleurstel nie.

    En dan, vir nagereg: hoe daai totsiens sê jou van kosbare tyd per jaar beroof. Ons ontleed die kuns van die Suid-Afrikaanse “ek gaan nou” wat nooit nou is nie.

    Dis die parlement en plaashek. Wyn en wagtyd. Dis Suid-Afrika soos hy nou is.
    Dis KLETS. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
    Más Menos
    59 m
  • Hitte, Hormone en Hoofopskrifte
    Feb 11 2026
    Hierdie week se KLETS begin nie met politiek nie. Dit begin met hitte.

    Daai Gauteng-hitte wat jou laat wonder of jy in Pretoria, Pofadder of binne-in ’n pizza-oond woon. Matthys is oortuig sy breinselle het begin saamsmelt, en Colene probeer vasstel of dit die hitte, menopouse, andropouse of net die nuus is wat almal so laat sweet.

    Wat gaan Cupcake in sy Staatsrede sê ná die G20? Gaan dit weer groot beloftes wees?

    Ons kyk terug na verlede jaar se SONA en vra, hoe het 'Onse Cyril' gevaar? Die waterkrisis, veral in Gauteng, raak al hoe minder ’n waarskuwing en al hoe meer ’n realiteit. Die Nasionale Gesondheidsversekering klink steeds soos ’n plan wat meer papier as praktyk het. En die Transformasiefonds? Dis daai fonds wat glo almal moet help… net nie almal nie.

    John Steenhuisen hang sy bokshandskoene op. Wie klim nou in die ring? Wie skuif op in die top-posisies? En wie sit stil en hoop niemand vra moeilike vrae nie?

    Intussen bly Gayton besig met alles wat nie dringend is nie en speel "Naam, Dier, Dorp", en die storie van Vermiste Tannie Mariana laat ’n mens ongemaklik rondkyk. Want in Suid-Afrika raak feite soms verdag en gerugte loop vinniger as water deur ’n stukkende pyp. En ja, lus is ’n lelike ding.

    En tussen al die hitte, hormone en hoofopskrifte deur herinner ons onsself: krane kan droogloop, leiers kan skuif, maar die hoop… die hoop beskaam nie.

    Dis hitte. Dis hormone. Dis leierskap wat skuif, krane wat droogloop maar die hoop beskaam nie!

    Dis Suid-Afrika soos hy nou is. Dis KLETS. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
    Más Menos
    1 h y 4 m
  • Donder, Bliksem, Dis steeds Januarie
    Jan 28 2026
    Dis Januarie. Nogsteeds. En asof die jaar self dit wil bevestig, breek Gauteng oop met ’n moerse donderstorm terwyl Matthys en Colene die mikrofone aanskakel. Perfekte weer vir ’n KLETS vol hoop, verwarring en ligte paniek.

    In hierdie week se episode gesels ons oor daardie emosionele rollercoaster van Januarie. Die vakansie is verby, die out-of-office is af, en skielik onthou jy weer hoekom jy in Desember belowe het: “Volgende jaar gaan anders wees.”

    Elke jaar dink ons Januarie gaan sag met ons wees, rustig, dalk selfs beter. En elke jaar tref die ongemaklike realiteit van “ek weet nie waar dit heen gegaan het nie” nie ’n finansiële strategie is nie.

    Januarie-salarisse het ’n unieke talent om in te kom en weer te verdwyn sonder dat jy eers asemhaal.

    Een van die oomblikke wat bly, is Colene se aanhaling:
    “Try again is the softest form of rebellion, but it rewrites everything.”
    ’n Sagte herinnering dat aanhou probeer, al voel jy moeg, steeds ’n vorm van weerstand is teen moedeloosheid.

    Natuurlik kyk ons ook na die nuus. Nuwe SARS-wetgewing wat jou nou nooi om verdagte dinge aan te meld van oor jou friende, familie en kollegas - die kan interessant raak. Lego en Crocs span saam om iets te skep wat niemand voor gevra het nie, Suid-Afrika word weereens geteister deur 'n dreigende waterkrisis en ons KLETS oor die impak van semigrasie op Kaapstad.

    En dan die groot vraag: wat sal gebeur as die aarde vir sewe sekondes sy swaartekrag verloor?

    Dis die laaste Woensdag in Januarie 2026. Dis donner. Dis bliksem. Dis KLETS. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
    Más Menos
    53 m
  • ’n Dieet, ’n Diktator en ’n App
    Jan 21 2026
    Is jou Nuwejaarsvoornemens om gewig te verloor? Colene deel ’n wenner-dieet uit 1977 wat jou óf laat maer word, óf gelukkig gaan maak.

    Carl Niehaus het ’n plan. ’n Groot plan. Hy vermoed hy weet presies hoe om Amerika op hul plek te sit, terwyl Cyril Ramaphosa meen ministers verdien eintlik meer geld. Want as daar een ding is wat Suid-Afrikaners kort, is dit empatie vir onderbetaalde politici.

    Ons leer waar Lego vandaan kom, kyk na millennials se liefdesgeite, en ontdek ’n app wat jou vra of jy dood is, net om seker te maak.

    Dis KLETS. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
    Más Menos
    56 m
  • Wat Wag vir Suid-Afrika in 2026?
    Jan 14 2026
    In deel twee van ons Astrologie KLETS oor 2026 bring ons alles terug huis toe. Die groot wêreldbewegings is een ding, maar wat beteken dit alles vir Suid-Afrika, ’n verkiesingsjaar, en vir jou persoonlik?

    Saam met Catherine Laurent kyk ons na die Suid-Afrikaanse politieke klimaat in 2026, ’n jaar waar druk, verwagtinge en magspeletjies nie meer agter geslote deure gaan bly nie. Die sterre wys duidelik dat die verkiesingsjaar nie stil of netjies gaan verloop nie. Daar is skuifwerk, herposisionering en name wat begin opduik waaroor mense fluister. Is Suid-Afrika op pad na nóg ’n “oorgang”, of staan ons op die rand van ’n werklike magsverskuiwing?

    Maar dis nie net politiek nie. Op grondvlak gebeur daar ook dinge wat hoop en ironie in een asem bring. Suid-Afrika het glo van die slimste matrikulante in sy geskiedenis opgelewer, jong mense met breinkrag en potensiaal. Die vraag bly net: in watter land gaan daardie breine uiteindelik hul toekoms bou?

    Intussen leer ons dat die DA se kredietkaart darem nie vir John se lyfie verantwoordelik is nie, en dat ministers steeds hoog en ver vlieg op die belastingbetaler se rekening, asof ekonomiese realiteite iets is wat net gewone mense raak.

    En dan, vir die deel waarvoor almal wag, die 12 sterretekens. Catherine vat ons deur wat 2026 vir elke teken inhou, met temas van begin, beweging, druk en keuses wat nie meer uitgestel kan word nie. Dis nie ’n jaar vir wegkruip nie. Dis ’n jaar vir posisie inneem, persoonlik én kollektief.

    Hierdie episode is minder oor voorspellings en meer oor voorbereiding. Minder oor vrees en meer oor bewussyn. Want of jy nou glo in sterre of nie, een ding is seker: 2026 gaan vra dat jy wakker moet wees.

    Dis politiek, astrologie, realiteit en ’n paar ongemaklike waarhede.
    Dis Suid-Afrika in ’n verkiesingsjaar.
    En dis KLETS. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
    Más Menos
    1 h y 15 m