KLETS Podcast Por Afrikaans.Radio arte de portada

KLETS

KLETS

De: Afrikaans.Radio
Escúchala gratis

Van politiek tot polimiek, en van nuwe perspektiewe tot aweregse menings – Colene en Matthys laat niks ongesê nie. Saam met kundiges en ander lekker en interesante mense pak hulle die onderwerpe aan wat ons wêreld vorm. Elke Woensdag iets nuuts. Kom KLETS Saam! Word deel van die gesprekke wat jou laat dink en dalk selfs jou wêreldbeskouing veranderAfrikaans.Radio Ciencias Sociales Política y Gobierno
Episodios
  • Grys en Gatvol maar Glad Nie Stil Nie
    Mar 18 2026
    Ons gesels met kunstenaar en skrywer Maritza Breitenbach – ’n vrou wat nie net skep nie, maar ook voel, dink en kyk op maniere wat jou laat stilstaan.

    Van haar internasionaal erkende “The Cookie Book”, wat selfs Oprah se aandag getrek het, tot haar beeldhouwerk wat gevorm word deur die unieke lens waardeur sy die wêreld bekyk – Maritza vat ons in haar kop, haar hart en haar hande.

    Ons praat oor vrouwees. Nie die Instagram-weergawe nie, maar die rou, eerlike weergawe.

    En dan die podsending “Grys en Gatvol”, saam met joernalis Melanie Verwoerd – ’n ruimte waar vroue praat oor peri- en postmenopouse, oor die dinge waaroor daar te min gepraat word, en te veel in stilte “2-uur-in-die-oggend” gegoogle word.

    Maar dis KLETS. Ons bly nie lank op een plek nie.

    Die Peet en Mel Viljoen-sage wat soos ’n sepie bly ontvou, die Oscars wat al hoe meer hul glans verloor, en die vraag of Gwede Mantashe regtig weet hoeveel brandstof Suid-Afrika het… of hoop niemand vra nie, of dalk net hoop die spreadsheets lieg nie.

    En dan, soos ’n goeie laaste noot, kyk ons na Anton Goosen op 80 – want blykbaar is daar op 80 nog meer as net rock en roll in sy pype.

    Dis kuns en kommentaar. Dis vrouwees en wêreldnuus.
    Dis dieper gesprekke… Dis KLETS. The Cookie Book · Maritza Breitenbach · Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
    Más Menos
    1 h y 18 m
  • Die Eerste Agt Dae van die Oorlog: ’n Suid-Afrikaner in Doha vertel
    Mar 11 2026
    Die bomme val steeds in die Midde-Ooste en die wêreld kyk met groot oë na wat besig is om te ontvou. Ons praat met Adam du Plooy, een van ons getroue KLETS-luisteraars wat in Doha, Katar woon, om te hoor hoe dinge werklik op grondvlak voel.

    Adam gee vir ons sy perspektief ná die eerste agt dae van die oorlog. Hoe lyk die lewe tans daar? Hoe ervaar mense die spanning? En hoe lyk dit wanneer wêreldpolitiek skielik baie naby aan jou voordeur begin voel?

    Ons gesels ook oor iets wat baie Suid-Afrikaners ken: resilience. Daai vermoë om aan te gaan, selfs wanneer dinge skeefloop.

    Maar terug by die huis lyk resilience soms effens anders.

    Met petrolprysverhogings wat vir April 2026 voorspel word, ontdek Suid-Afrikaners nou ’n nuwe vorm van oorlewing: Uber Moto. Ja, daai klein motorfiets wat dalk binnekort die goedkoopste manier gaan wees om by die werk uit te kom.

    En dan herinner Suid-Afrika ons weer dat niks hier ooit werklik heilig bly nie… selfs nie in die dood nie.

    Ons praat oor die skokkende nuus van ’n sindikaat wat mense glo vermoor om lewensversekering uit te eis, en Matthys deel ook sy persoonlike ervaring met bedrog rondom sy ma se begrafenispolis. ’n Storie wat wys hoe maklik "trust" in banke en die polisie jou diep in die steek kan laat.

    So ja… ons het slaggate, waterprobleme, kragonderbrekings en bedrog.
    Maar soos baie Suid-Afrikaners half dankbaar sê: ten minste is ons nie in ’n oorlog nie.

    Dis wêreldpolitiek en plaaslike realiteit. Dis resilience en realiteitstoetse.
    Dis KLETS. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
    Más Menos
    1 h y 26 m
  • Ink op "Die Papier" en Vuur in die Midde-Ooste
    Mar 4 2026
    In hierdie week se KLETS praat Colene en Matthys met die nuusredakteur van die splinternuwe Afrikaanse weeklikse koerant, Die Papier.

    In ’n tyd waar verskeie Afrikaanse koerante hul deure gesluit het, verskyn Die Papier op Vrydag 6 Maart 2026 vir die eerste keer en gaan dit elke Vrydag landwyd op winkelrakke en aanlyn beskikbaar wees. Die koerant beloof om weer ’n ruimte te skep vir kwaliteit Afrikaanse joernalistiek met nuus, menings, sakenuus, sport, leefstyl, kultuur en gemeenskapsstories vir Afrikaanse lesers regoor die land. 

    Ons gesels oor hoekom hierdie koerant begin is, hoekom drukmedia dalk nog nie dood is nie, en hoekom daar steeds miljoene Afrikaanse lesers is wat ’n weeklikse koerant wil lees.

    Maar dis nie waar die KLETS stop nie.

    Terwyl dit reën in Gauteng val, kyk die wêreld met spanning na die bomme wat reën in die Midde-Ooste. Is dit bloot nog ’n konflik, of kyk ons dalk na die eerste tekens van iets veel groter? Sommige mense vra al klaar die vraag: Is dit dalk die begin van ’n derde wêreldoorlog?

    En dan draai die gesprek weer skerp na die alledaagse absurditeite van die lewe.

    Matthys hou vir Sophia ’n verjaarsdagpartytjie in die park vir haar honde-maatjies, iets wat vir hom heeltemal normaal klink… totdat die dame by die kasregister hom aankyk asof hy pas erken het hy vier ook sy toaster se verjaarsdag. Party dinge maak net sin vir honde-mense.

    En Colene bring ’n bietjie statistiek na die tafel: volgens verskeie studies raak nuwer generasies blykbaar nie noodwendig slimmer nie. In sommige gevalle wys data selfs dat kognitiewe vermoëns effens afneem. Surprise surprise.

    Dis opinies. Dis honde-partytjies en nuwe ink op papier.

    Dis KLETS. Die Papier · Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
    Más Menos
    50 m
Todavía no hay opiniones