God se Woord VARS vir jou Vandag Podcast Por Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet arte de portada

God se Woord VARS vir jou Vandag

God se Woord VARS vir jou Vandag

De: Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet
Escúchala gratis

OFERTA POR TIEMPO LIMITADO | Obtén 3 meses por US$0.99 al mes

$14.95/mes despues- se aplican términos.
JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenking bevat ‘n kragtige Bybelvers, met ‘n paar woorde van inspirasie, hoop en aanmoediging wat daagliks per e-pos na jou slimfoon, tablet of rekenaar gestuur word. Jy kan na die klank luister of die teks lees. Dit gaan alles daaroor om jou te help om God se stem te hoor, sodat jy in ‘n ryk, dinamiese en kragtige verhouding met Jesus kan leef. God se Woord in Afrikaans. Vars, vir jou, elke dag.© 2026 God se Woord VARS vir jou Vandag Cristianismo Espiritualidad Ministerio y Evangelismo
Episodios
  • Leef met ‘n Plan en die Regte Perspektief
    Jan 5 2026

    Send us a text

    Psalm 90:12-15 Leer ons ons dae so gebruik dat ons wysheid bekom. Hoe lank nog, Here, voordat U ons te hulp kom? Ontferm U tog oor ons. Skenk ons elke dag u liefde in oorvloed, dat ons ons lewe lank mag juig en bly wees. Soveel dae as dié waarin U ons verdruk het, soveel jare as dié waarin ons gely het, gee ons soveel jare van blydskap

    Dis snaaks hoe ons vasgevang raak in die dinge van hierdie wêreld; die dinge wat vandag só baie vir ons saakmaak ... dinge wat oor vyf jaar van nou af, heeltemal irrelevant sal wees. En, weet jy, dis veral wáár wanneer ons swaarkry – dinge word vir ons belangrik. Dis wanneer ons na strooihalms gryp in die hoop dat dit die pyn sal genees en ons behoeftes sal bevredig.

    Jy weet hoe dit gaan. Die jaar is op pad na 'n splinternuwe begin, en jy het dalk nog steeds 'n paar verwyte oor dinge uit die verlede, wat soos ‘n donker wolk oor jou hang. Jy het jou planne vir die toekoms, jy het jou doelwitte gestel, en hier gaan ons ... ja, hier gaan ons, op pad om al ons drome te verwesenlik en om reg te maak wat ons in die verlede verbrou het.

    Ons het vars moed en spring in asof ons vir ewig gaan leef. Maar, my vriend, ons gaan nie! Die psalmis besef wat die belangrikste is:

    Psalm 90:12-15 Leer ons ons dae so gebruik dat ons wysheid bekom. Hoe lank nog, Here, voordat U ons te hulp kom? Ontferm U tog oor ons. Skenk ons elke dag u liefde in oorvloed, dat ons ons lewe lank mag juig en bly wees. Soveel dae as dié waarin U ons verdruk het, soveel jare as dié waarin ons gely het, gee ons soveel jare van blydskap.

    Swaar tye kom soms oor ons pad en lyding is deel van die lewe. Ons het God se wysheid nodig om oor die swaar en die seer van hierdie lewe te triomfeer. Wanneer ons vashou aan God se liefde het ons niks anders nodig om ons waarde te gee nie. Dit is fataal om bevrediging en verligting van die dinge wat ons vreugde steel, in die verganklike dinge van hierdie wêreld te soek. God, skenk ons elke dag sy liefde in oorvloed, sodat ons ons lewe lank mag juig en bly wees. Hy sal ons elke môre opnuut versadig met sy goedertierenheid.

    Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Más Menos
    3 m
  • Omhels Jou Identiteit in Christus
    Jan 4 2026

    Send us a text

    2 Korintiërs 5:17 Iemand wat aan Christus behoort, is 'n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom.

    Heelwat mense hier op aarde leef vandag minder-as-ideale lewens. Of eintlik moet ek sê: verskriklike lewens, nie uitsluitlik as gevolg van hul omstandighede nie, maar omdat hulle waardeloos voel. Ek wonder of jy iemand ken wat so voel?

    Ja, my vriend, sommige mense leef wel onder verskriklike omstandighede. Mense leef in uiterste armoede, ander leef onder die bedreiging van oorlog en geweld, ander mense is verlate en heeltemal alleen. En in baie gevalle maak selfs die kleinste ingryping om daardie omstandighede te verander, 'n ontsettende groot verskil.

    Maar weet jy, ek het al mense ontmoet wat byvoorbeeld in uiterste armoede of onder erge vervolging leef, wie se gesigte met ‘n vrede en vreugde straal. Dit laat ‘n mens heeltemal verbysterd voel. Dit gaan jou verstand te bowe. Hulle getuig van ‘n innerlike liefde wat nie na die omstandighede kyk nie.

    Jy sal dit eers verstaan wanneer jy besef dat daardie vrede en vreugde uit 'n plek van volkome liefde, volkome aanvaarding, volkome versekering, kom. Ja, my vriend, dit kan nie deur geld gekoop word of uit enigiets wat hierdie wêreld bied, verkry word nie.

    2 Korintiërs 5:17 Iemand wat aan Christus behoort, is 'n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom.

    Tim Keller, ‘n pastoor en skrywer het oor hierdie nuwe identiteit gesê: Die enigste identiteit wat nie broos is nie – die enigste een wat jou werklik kan transformeer – is die een wat jy ontvang, nie die een wat jy bereik nie. In Christus word jy ten volle geken en ten volle liefgehê.

    Sodra jy weet hoe baie God jou liefhet deur wat Jesus aan die kruis vir jou gedoen het; ja, dis reg: wanneer jy werklik, jou nuwe identiteit in Christus ten volle omhels, verander dit alles.

    Want die oue is verby, die nuwe het gekom

    Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Más Menos
    3 m
  • Gebruik jou Tyd Slim
    Jan 3 2026

    Send us a text

    Efesiërs 5:15-17 Wees baie versigtig hoe julle lewe: nie soos onverstandige mense nie, maar soos verstandiges. Maak die beste gebruik van elke geleentheid, want ons lewe in 'n goddelose tyd. Moet daarom nie onverstandig optree nie, maar probeer te wete kom wat die Here wil dat julle moet doen.

    Kyk, ek verstaan hoe sommige mense hierdie nuwe jaar sleepvoetend, moeg en uitgeput binnegaan voordat dit eers begin het; en gevolglik leef hulle 'n halwe lewe, in plaas van 'n vol, ryk, oorvloedige een.

    Ek het self al tye deurgemaak waar ek uitgebrand gevoel het; tye waar ek net nie my beste kon gee nie. Uitbranding is 'n belangrike onderwerp, waaroor ons op 'n ander dag sal praat.

    Maar ons sien daagliks te veel mense wat geen lewenslus het nie: Dit mag dalk in hul werk wees. Ja, ons sien baie mense wat net die absolute minimum; die bietjie waarmee hulle kan wegkom, doen. Dit mag dalk in hul gesinslewe wees, waar hulle na hul slimfoonskerms onttrek en nie tyd maak vir hul maat of kinders nie.

    Was jy al ooit in die versoeking om 'n halwe lewe te leef, in plaas van 'n vol, ryk, oorvloedige lewe? As dit die geval is, laat hierdie Woord van God 'n nuwe asem, 'n nuwe geesdrif, 'n nuwe hoop in jou hart blaas.

    Efesiërs 5:15-17 Wees baie versigtig hoe julle lewe: nie soos onverstandige mense nie, maar soos verstandiges. Maak die beste gebruik van elke geleentheid, want ons lewe in 'n goddelose tyd. Moet daarom nie onverstandig optree nie, maar probeer te wete kom wat die Here wil dat julle moet doen.

    Soos Billy Graham eens gesê het: Tyd is die kapitaal wat God ons gegee het om te belê. Mense is die aandele waarin ons ons tyd moet belê... die beste gebruik van jou tyd, is om dit te spandeer aan iets wat die tyd sal oorleef.

    My vriend, moenie net goed leef nie; leef wys. Uiteindelik gaan dit nie oor hoeveel tyd jy gehad het nie, maar wat jy daarmee gedoen het; dít is wat tot in ewigheid sal weergalm.

    Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Más Menos
    3 m
Todavía no hay opiniones