God se Woord VARS vir jou Vandag Podcast Por Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet arte de portada

God se Woord VARS vir jou Vandag

God se Woord VARS vir jou Vandag

De: Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet
Escúchala gratis

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenking bevat ‘n kragtige Bybelvers, met ‘n paar woorde van inspirasie, hoop en aanmoediging wat daagliks per e-pos na jou slimfoon, tablet of rekenaar gestuur word. Jy kan na die klank luister of die teks lees. Dit gaan alles daaroor om jou te help om God se stem te hoor, sodat jy in ‘n ryk, dinamiese en kragtige verhouding met Jesus kan leef. God se Woord in Afrikaans. Vars, vir jou, elke dag.© 2026 God se Woord VARS vir jou Vandag Cristianismo Espiritualidad Ministerio y Evangelismo
Episodios
  • Moenie Vrees Jou Laat Beheer Nie
    Feb 22 2026

    Send a text

    Josua 1:9 Ek self gee jou die opdrag. Wees sterk, wees vasberade. Moenie skrik nie, moenie bang wees nie, want Ek, die Here jou God, is by jou oral waar jy gaan.

    Was jy al ooit so bang dat dit jou gekeer het om die regte ding te doen? Daardie ding wat jy geweet het jy behoort te doen? Of, miskien was jy te versigtig om die regte ding te doen. Omdat ek al in so ‘n situasie was, en die skaamte en teleurstelling beleef het, weet ek dat ons elkeen hoop dat ons volgende keer 'n bietjie meer moed aan die dag sal lê.

    Toe God uit die brandende bos vir Moses opdrag gegee het om terug te gaan na Egipte, het hy in plaas daarvan om dadelik in te stem, met God geargumenteer; want hy was bang. Moses het gevrees dat die Israeliete hom sal verwerp; dat hulle nie na hom sal luister nie en nie sal glo dat God hom gestuur het nie.

    Ten spyte van Moses se aanvanklike huiwering en vrees, het God met geduld en gerusstelling gereageer. God het beloof dat Hy by Moses sal wees; Hy het wonderbaarlike tekens gedoen om Moses te oortuig; en Hy het praktiese hulp aangebied in die vorm van Moses se broer, Aäron, om namens hom te praat. Moses het uiteindelik gehoorsaam; sy vrese in die gesig gestaar; en voortgegaan om sy roeping as leier, wat sy volk uit Egipte moet lei, te vervul.

    Na Moses se dood moes Josua die Israeliete die Beloofde Land inlei. Dit was ’n baie gevaarlike situasie, want die land was vol van vyandige heidense nasies in die gebied wat hulle moes inneem. Die toekoms van Israel het in die weegskaal gehang. Toe sê God vir hom …

    Josua 1:9 Ek self gee jou die opdrag. Wees sterk, wees vasberade. Moenie skrik nie, moenie bang wees nie, want Ek, die Here jou God, is by jou oral waar jy gaan.

    En dis hoe God werk. Wanneer God jou roep om dít te doen waarvoor Hy jou geroep het, en jy gehoorsaam, sal Hy met jou wees waar jy ook al gaan. Moenie in vrees terugdeins nie. Moenie toelaat dat vrees jou terughou van dít wat goed is, en van dít wat reg is nie. Moenie toelaat dat vrees die besluite in jou lewe neem nie.

    Moenie skrik nie, moenie bang wees nie, want Ek, die Here jou God, is by jou oral waar jy gaan.

    Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Más Menos
    3 m
  • Van Put tot Paleis
    Feb 21 2026

    Send a text

    Genesis 50:20 Julle wou my kwaad aandoen, maar God wou daarmee goed doen: Hy het gesorg dat 'n groot volk nou in die lewe gebly het.

    Die lewe is vol krissise. Jy het ongetwyfeld ook al baie beleef, of hoe? Party wat jy goed kan onthou - die grotes en die kleintjies. Alhoewel dit destyds ontstellend was, was dit op die ou end toe nie so sleg as wat jy gedink het dit sal wees nie.

    Ons lees in die Ou Testament van Josef. Hy was Jakob se jongste en ook sy gunsteling seun. Sy broers was so jaloers op Josef dat hulle saamgesweer het om hom dood te maak. Uiteindelik het hulle hom egter as slaaf aan Egiptenare verkoop. Daar het hy jare in die tronk deurgebring vir 'n misdaad wat hy nie gepleeg het nie.

    Die arme jongman het terugslag na terugslag beleef. Maar hy het elke keer opgestaan en dapper voortgegaan. Wanneer jy Josef se verhaal in Genesis, hoofstukke 37 tot 50 lees, sien jy hoe hy elke terugslag met integriteit hanteer het en hoe God dit geëer het.

    Josef was uiteindelik die Eerste Minister van Egipte; ja, hy was tweede in bevel, net onder Farao. Tydens 'n groot hongersnood, het dieselfde broers wat hom aan Egiptiese handelaars verkoop het, voor hom gestaan om kos te kom bedel. Josef het letterlik die mag van lewe en dood oor hulle gehad. Tog het hy so gereageer:

    Genesis 50:20 Julle wou my kwaad aandoen, maar God wou daarmee goed doen: Hy het gesorg dat 'n groot volk nou in die lewe gebly het.

    Alhoewel hy gehaat is, as slaaf verkoop is, valslik beskuldig is en gevange geneem is; het elkeen van hierdie massiewe terugslae Josef nader aan God se doel vir sy lewe gebring: naamlik om baie lewens te red. Ons sien in God se koninkryk is 'n terugslag die voorbereiding vir iets groter.

    Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Más Menos
    3 m
  • Die Beste Terapie
    Feb 20 2026

    Send a text

    Lukas 24:32 Hulle sê toe vir mekaar: “Het ons hart nie warm geword toe Hy op die pad met ons gepraat en vir ons die Skrif uitgelê het nie?”

    Het jy al ooit iemand wat jy ken op 'n onverwagte plek of in ‘n vreemde konteks raakgeloop? Jy herken hulle op ‘n manier, maar jy kan hulle nie heeltemal plaas nie. Soms herken jy hulle glad nie eers nie. Daardie onverwagte konteks verwar jou.

    Dis wat met die twee dissipels op pad na Emmaus gebeur het. Hulle het geloop en gesels oor die ontstellende gebeure van Jesus se kruisiging tydens die Pasgafees. Hulle was getraumatiseer toe hulle besef dat Jesus dood is, want hulle het nog gehoop dat Hy hulle van die Romeine sal red.

    Terwyl hulle oor die gebeure van die afgelope paar dae gepraat het, het 'n ander man langs hulle begin stap. Hulle het natuurlik nooit verwag dat daardie persoon Jesus kon wees nie, want Hy was immers die man aan die kruis. Hy was immers dood. Maar terwyl Hy gepraat het, het 'n vreemde, bonatuurlike gevoel oor hulle gekom.

    Toe Jesus weg is, het hulle tot hul ontsteltenis ontdek dat hulle Hom nie herken het nie …

    Lukas 24:32 Hulle sê toe vir mekaar: “Het ons hart nie warm geword toe Hy op die pad met ons gepraat en vir ons die Skrif uitgelê het nie?”

    Soms is goeie terapie om saam met 'n vriend te stap. En weet jy, die beste terapie, die beste genesing om die trauma diep binne-in te oorkom, is om saam met Jesus te stap.

    Dieselfde opgestane Jesus, die een wat vir jou gesterf en weer opgestaan het, leef en is gesond … en gereed om saam met jou te stap en te praat. Hy kan, en Hy sal jou siel diep binne-in jou genees. Hy het immers opgestaan om vir jou 'n nuwe lewe te gee.

    Mag dieselfde vuur in jou brand.

    Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Más Menos
    3 m
Todavía no hay opiniones