BoerPot  By  cover art

BoerPot

By: Jacques Basson
  • Summary

  • BoerPot is ’n Agri Podcast waar ons gereeld gesels oor alles wat met landbou en Agripreneurskap te make het. Besoek ons webwerf: www.klipkouers.com BoerPot is podcast dedicated to the agricultural sector where we regularly discuss everything related to the business of farming.
    Jacques Basson
    Show more Show less
Episodes
  • Jongboerfinaliste Reeks: Andries Groesbeek
    Apr 6 2024

    Aangedryf deur John Deere AME & Santam Landbou

    Bewaringsboerdery klink dalk net soos die nuutste gons woord in natuur-aktiviste se woordeskat, maar dit is ‘n belangrike beginsel wat boere liewer vroeër as later moet aanvaar en implementeer.

    So sê Andries Groesbeek, Gauteng se Jongboer van die Jaar in 2017, wat glo dat beperkings op chemikalieë en brandstof meer prominent sal raak soos die wêreld na groen energie beweeg. Die mielie-, soja-, skaap- en beesboer van Nigel meen dat boere self beperkings op chemikalieë en brandstof op hul plase moet probeer instel om hierdie oorgang makliker te maak, sonder om ‘n hoë gehalte oes op te offer.

    Show more Show less
    37 mins
  • Jongboerfinaliste Reeks: Herman du Preez
    Mar 23 2024

    Aangedryf deur John Deere AME & Santam Landbou

    ‘n Noodgedwonge besluit in boerdery is nie iets wat enige boer wil neem nie. Inteendeel, ‘n boer probeer sy beste om ten alle tye volle beheer te hê van alles wat op sy plaas aangaan. Maar na erge droogtes Noord-Wes getref het in die 1980’s, moes Manie du Preez die besluit neem om sy boerdery te diversifiseer, met onder andere hoenders.

    Vandag bou sy seun, Herman, voort op die sukses van die hoenderboerdery. Die 2022 Jongboer van die Jaar gesels met ons oor die tegnologie wat hulle in die boerdery gebruik, wat hoenderboere in Suid-Afrika by boere in ander lande kan leer en hoekom dit belangrik is om jouself met suksesvolle mense te omring.

    Ten spyte van die sukses van die hoender afdeling, weet Herman dat mens nie al jou eiers in een mandjie kan laai nie, so hy boer ook steeds met beeste en mielies.

    Show more Show less
    38 mins
  • Jongboerfinaliste Reeks: Herman Janse van Rensburg
    Mar 8 2024

    Aangedryf deur John Deere AME & Santam Landbou

    “Boerdery is in my bloed. Dis my lewe en my liefde.”

    So sê Herman Janse van Rensburg, die Vrystaat Jongboer van die Jaar 2019. Die saaiboer van Arlington gesels met ons oor sy ervaring van boer in Amerika, die rol van integriteit in die boer bedryf en sy implemente besigheid, Arlington Staalwerke.

    Besoek ons webwerf: www.klipkouers.com

    Show more Show less
    43 mins

What listeners say about BoerPot

Average customer ratings

Reviews - Please select the tabs below to change the source of reviews.