• 13 Uur

  • By: Deon Meyer
  • Narrated by: Nic De Jager
  • Length: 12 hrs and 23 mins
  • 4.8 out of 5 stars (183 ratings)

Prime logo Prime members: New to Audible?
Get 2 free audiobooks during trial.
Pick 1 audiobook a month from our unmatched collection.
Listen all you want to thousands of included audiobooks, Originals, and podcasts.
Access exclusive sales and deals.
Premium Plus auto-renews for $14.95/mo after 30 days. Cancel anytime.
13 Uur  By  cover art

13 Uur

By: Deon Meyer
Narrated by: Nic De Jager
Try for $0.00

$14.95/month after 30 days. Cancel anytime.

Buy for $25.00

Buy for $25.00

Pay using card ending in
By confirming your purchase, you agree to Audible's Conditions of Use and Amazon's Privacy Notice. Taxes where applicable.

Publisher's summary

Uiteindelik is dié blitsverkoper nou ook as luisterboek beskikbaar! Om 05:36 hardloop die vrou teen die hang van Leeukop. Sy is jonk, beeldskoon, Amerikaans - en beangs. Sy word soos ʼn dier gejag deur mans wat net ure gelede haar beste vriendin se keel afgesny het.Om 05:43 bel hulle vir speurder-inspekteur Bennie Griessel wakker. Hy moet kom, ʼn jong meisie se lyk lê langs St. Martini, die Lutherse kerk bo in Langstraat. Die vorige aand nog het hy gedink dit gaan vir hom ʼn spesiale dag wees: Die begin van ʼn nuwe era in sy loopbaan, as mentor van ʼn groep jong swart en bruin speurders. En hy verwag nuus oor sy bevordering.‘Kaptein Bennie Griessel'. Dit klink vir hom reg.Behoort ʼn redelik normale dag te wees. Tot sy jong span polisiemense begin stry, baklei, struikel. Met die kerkmoord. Met die middeljarige, alkoholis-vrou wat haar man, ʼn groot gees in die Afrikaanse musiekbedryf, twee keer met sy eie pistool deur die hart geboor het. Met die soektog na die Amerikaanse toeris. Terwyl die diplomatieke telefoonlyne vuurwarm gebel word en selfs die Minister begin druk toepas, sodat die hele mentor-ding soos mis voor die son verdwyn en Griessel self moet inklim om die gemors te probeer red.Om nie eens te praat van sy persoonlike probleme nie. Sy bankrekening lyk sleg, hy stoei nog met die dranklus, sy vervreemde vrou Anna bel uit die bloute en sê vanaand is die aand dat hulle oor die toekoms moet gesels. Weet sy van die 26-jarige rekenaartegnikus met die aansienlike borste wat hy gisteraand, in ʼn oomblik van swakheid, op sy sitkamerbank beetgekry het?Boonop kondig sy vriend en kollega Mat Joubert aan dat hy die SAPS gaan verlaat, en dan bel sy seun Fritz met die nuus dat hy klaar is met skool, hy gaan kitaarspeler word in ʼn rock-groep met die naam van ‘Wet & Orde'.En dan, net wanneer hy op die punt staan om die Amerikaanse meisie te red, skiet hulle vir Bennie Griessel. Reg in die hart.Redelik normale dag, jou tipiese dertien uur van Suid-Afrikaanse wetstoepassing.

Please note: This audiobook is in Afrikaans.

©2013 Deon Meyer (P)2013 NB Publishers

What listeners say about 13 Uur

Average customer ratings
Overall
  • 5 out of 5 stars
  • 5 Stars
    151
  • 4 Stars
    28
  • 3 Stars
    3
  • 2 Stars
    1
  • 1 Stars
    0
Performance
  • 5 out of 5 stars
  • 5 Stars
    140
  • 4 Stars
    23
  • 3 Stars
    1
  • 2 Stars
    0
  • 1 Stars
    0
Story
  • 5 out of 5 stars
  • 5 Stars
    132
  • 4 Stars
    26
  • 3 Stars
    3
  • 2 Stars
    1
  • 1 Stars
    0

Reviews - Please select the tabs below to change the source of reviews.

Sort by:
Filter by:
  • Overall
    4 out of 5 stars
  • Performance
    4 out of 5 stars
  • Story
    4 out of 5 stars

'n Raakvat spanningsverhaal in 'n SAPD milieu

This review is about Deon Meyer's 'Thirteen Hours' (also available as an audio book at Audible) in its original language Afrikaans. Most of it will be in Afrikaans with a short English summary at the end.

Afrikaans:
Speur-Inspekteur Bennie Griesel van die Provinsiale Taakspan van die Speurdiens in die Wes Kaap is opsoek na 'n Amerikaanse meisie wat agtervolg word. Haar vriendin is reeds vermoor. Griesel is 'n ou-skool speurder wat amper sy loopbaan en definitief sy gesin weens die bottel weggegooi het... maar as hy werk, werk hy hard en onverpoosd totdat hy resultate kry.

Ek dink 13 Uur is 'n sorgvuldig en deeglike boek. Deon Meyer skets 'n lewensgetroue beeld van die Polisiediens. Selfs die swak taalgebruik en vloekwoorde van Bennie Griesel en sommige van sy kollegas oortuig. Daar is niks wat buitensporig is nie.

Nic de Jager se voorlesing is duidelik, teen 'n goeie pas en hy kry dit reg om 'n mens met sy stem in die storie in te trek.

Waarom dan net vier vir uitvoering en die storie? Omdat ek regtig dink dat hoewel dit is hoe Polisielede vloek hulle nie elke oomblik so vloek nie. Dit is meer steurend op die oor as op papier. Verder dink ek Nic de Jager lees "S.A.P.S." verkeerd. In Afrikaans is dit net wanneer iemand vinnig na 'Saps' (soos 'sap' met 'n 's') verwys dat die woord Saps gebruik anders is dit SAPD vir Suid-Afrikaanse Polisiediens.

Deon Meyer slaag egter om 'n boeiende en spannende verhaal op te dis met 'n geloofwaardige SA Polisiediens. Bennie Griesel is 'n soort Afrikaanse Sherlock Holmes, sonder maniere, met 'n vuilbek en 'n briljante instink. Lekker luister!

English Summary:
Detective Inspector Bennie Griesel is a member of the Provincial Task team of the Detective Service in the Western Cape, South Africa. With limited time on his hands he needs to find an American girl who is being pursued by unknown men. But time is little and Griesel is a rehabilitating alcoholic.

Though very real, I didn't like the constant swearing of Griesel. Even if the language is typical SA Police language, I do think it is a bit overdone.

Nic de Jager is an excellent interpretative reader but I disagree with his pronunciation of S.A.P.S.

Deon Meyer succeeds with a gripping and thrilling story that rings true to the SA Police Service. Bennie Griesel is a sort of Afrikaans Sherlock Holmes, without manners, a dirty tongue but brilliant instinct. Enjoy the listen... if you understand Afrikaans or listen to the English version by Saul Reiclin.

Something went wrong. Please try again in a few minutes.

You voted on this review!

You reported this review!

  • Overall
    5 out of 5 stars
  • Performance
    5 out of 5 stars
  • Story
    5 out of 5 stars

Absolutely loved it...but angry at availability

Even though Afrikaans is my third language, I got hooked on Deon Meyer whilst reading 'Blood Safari' in Afrikaans.

Time and circumstance prevent me from reading at the moment so I decided to give the 'Bennie Griessl' series a go and started 'Devil's Peak' (narrated in English by Simon Vance). That story was absolutely amazing and albeit professional, I absolutely hated the narrator's countless and repeated mispronounciation of South African names, places, lingo, etc. It made me cringe.

I was thrilled at being able to listen to '13 Uur', the second book in series (narrated by Nic de Jaager), in Afrikaans. The story and performance are stellar. I don't think I enjoyed a crime thriller this much in a long time and loved being able to listen to it in the author's native tongue. For me, Meyer's work belongs in the upper echelons of crime thrillers next to those by Stieg Larsson and Jo Nesbo.

I am very angry and disappointed that the next book in the series, '7 Dae' is not available in Afrikaans (by de Jaager) although the fourth book, 'Kobra', is.

Now, if I want to continue listening to the series, I have to force myself to again listen to Vance's performance in English although I'd much prefer de Jaager in Afrikaans. The irony is, that there is another version of '7 Days' narrated by what is clearly a South African - correct pronunciation and all - but this title is not for sale in my country, South Africa.

Authors, publishers and Audible: please get your act together for the sake of your listeners!!!

Something went wrong. Please try again in a few minutes.

You voted on this review!

You reported this review!

  • Overall
    5 out of 5 stars
  • Performance
    5 out of 5 stars
  • Story
    5 out of 5 stars

Fantastic I really enjoyed listening.

I absolutely loved everything about Deon Myers story. The characters, the storyline. Felt as if I was there. Thanks so much!

Something went wrong. Please try again in a few minutes.

You voted on this review!

You reported this review!

  • Overall
    5 out of 5 stars
  • Performance
    4 out of 5 stars
  • Story
    5 out of 5 stars

Naelbyt-aksie en interessante karakters

Deon Meyer weet hoe om jou handpalms te laat sweet terwyl hy sy misdaad drama speurverhaal laat ontvou. Onder hierdie oppervlakkige eerste analise doen hy ten minste twee ander interessante dinge: hy skep ‘n denkbeeldige Suid Afrika waar Afrikaans ‘n toonaangewende en positiewe rol speel, en terselfdetyd breek hy stereotipes af en dra by tot ‘n visie van versoening en menslike waardigheid. Top notch.

Die voorleeswerk is uitstekend vir Bennie se karakter, maar stoei bietjie met die aksente.

Something went wrong. Please try again in a few minutes.

You voted on this review!

You reported this review!

  • Overall
    5 out of 5 stars

Heerlike luisterboek

Dit was 'n uitstekende en boeiende boek. Die voorlesing is onverbeterlik. Ek hoop om al Deon Meyer se luisterboeke aan te koop.

Something went wrong. Please try again in a few minutes.

You voted on this review!

You reported this review!

  • Overall
    5 out of 5 stars
  • Performance
    5 out of 5 stars
  • Story
    5 out of 5 stars

Uitstekend!

13 Uur is my eerste Deon Meyer boek, en ek kon eenvoudig nie ophou luister nie. As Deon se ander boeke selfs net die helfte so goed is soos 13 Uur, luister ek elke enkele een van begin tot einde. Aksie, spanning, intrige, humor, romanse en eenvoudig net die beskrywings van Kaapstad het my laat voel asof ek saam met Bennie deur die moederstad se strate jaag. Bravo, Deon!

Nic De Jager se voorlesing is briljant. Sy vertolking is een van die groot redes hoekom ek eenvoudig nie kon ophou luister nie. Na dese kan ek my nie vir Bennie met enige ander stem voorstel nie. Wel gedaan Nic!

Something went wrong. Please try again in a few minutes.

You voted on this review!

You reported this review!

  • Overall
    4 out of 5 stars
  • Performance
    5 out of 5 stars
  • Story
    3 out of 5 stars

Ongelooflik!

Dit het my maande gevat om die boek te lees, ek kon net nie verby die stadige begin kom waar die meisie hoofstuk na hoofstuk net hardloop nie. Die audiobook het my gehelp om daardeur te druk en by die beter gedeeltes van die boek te kom. Daar was ‘n beloning vir my deursetting, ‘n ongelooflike goeie storie op die ou einde.

Something went wrong. Please try again in a few minutes.

You voted on this review!

You reported this review!

  • Overall
    5 out of 5 stars
  • Performance
    5 out of 5 stars
  • Story
    5 out of 5 stars

Uitstekend! Jy sal nie jammer wees nie

Ek het 'n bietjie gehuiwer voordat ek hierdie boek gekoop het. Ek hou baie van Deon Meyer se boeke, en ek het al sy boeke gelees (behalwe Kobra, wat ek hou vir die Kers vakansie!). Maar ek het my betwyfelinge oor die produksie gehalte gehad. Gaan dit so goed wees soos die Engelse boeke op audible? Of gaan dit meer soos die RSG produksies wees? (Moenie my verkeerd verstaan nie --- hulle is ook baie lekker. Maar dis net nie dieselfde nie.)

Ek moes nie bekommer het nie! Die boek is puik gelees deur Nic de Jager. Dis 'n klein ding, maar die spoed waarmee hy lees is net reg --- vinnig genoeg om my belangstelling te hou, maar stadig genoeg om lekker gespanne te word. Ook, ek het nie onthou dat hierdie boek snaaks is nie, maar hy bring die humeur van die boek uit. Daar is een of twee plekke waar die klank gehalte verander in die middel van 'n hoofstuk, maar oor die algemeen is dit regtig goed. Hy lees ook baie duidelik, wat belangrik is vir my wat in die kar luister.

Die boek self is my gunstelling Deon Meyer boek. Dis spanningsvol, interessant, snaaks op plekke, en vol verrassings. Ja, daar's baie vloekwoorde, so as dit jou afsit, dan los maar. Anders, koop hierdie boek en luister!

Something went wrong. Please try again in a few minutes.

You voted on this review!

You reported this review!

4 people found this helpful

  • Overall
    4 out of 5 stars
  • Performance
    5 out of 5 stars
  • Story
    4 out of 5 stars

Great Book despite a lot of unnecessary swearing

I loved the book. I was spell bound right up to the end. I do however wish I could listen to a censored version of it as the excessive swearing was a thorn in my flesh throughout the book. Otherwise BRILLIANT

Something went wrong. Please try again in a few minutes.

You voted on this review!

You reported this review!

  • Overall
    5 out of 5 stars
  • Performance
    5 out of 5 stars
  • Story
    5 out of 5 stars

Amazing

The story was gripping and intense from the get go, I enjoyed the realism to South Africa and the language it was read in. I do recommend it.

Something went wrong. Please try again in a few minutes.

You voted on this review!

You reported this review!