
Watter Tipe Mens is Jy?
No se pudo agregar al carrito
Add to Cart failed.
Error al Agregar a Lista de Deseos.
Error al eliminar de la lista de deseos.
Error al añadir a tu biblioteca
Error al seguir el podcast
Error al dejar de seguir el podcast
-
Narrado por:
-
De:
Send us a text
Hebreërs 3:13 Julle moet mekaar van dag tot dag aanspoor, ja, so lank as wat die “vandag” nog bestaan, om te keer dat een van julle deur die verleidelikheid van die sonde verhard word. (NLV)
‘n Mens hou nie daarvan om ander mense te etiketteer nie, maar kom ons wees eerlik, sommige mense is sommer net onaangenaam. Jy ken hulle, ek ken hulle … maar die vraag is, ontmoet jy elke oggend een wanneer jy in die spieël kyk?
‘n New Yorkse eiendomsmagnaat en hoteleienaar, Leona Helmsley, het in die vorige eeu die reputasie as een van die onaangenaamste openbare figure van haar tyd ontwikkel. Saam met haar man het sy 'n groot hotelindustrie ontwikkel.
Leona was veral bekend vir haar genadelose sakevernuf, die manier waarop sy haar werknemers mishandel het en haar bekende neerhalende houding. Haar ondergang het gekom toe sy in 1989 aan belastingontduiking skuldig bevind is. Tydens haar verhoor het een van haar voormalige werknemers getuig dat sy gesê het: "Ons betaal nie belasting nie. Net die gewone onbelangrike klein mensies betaal belasting." Sjoe! Dis darem neerhalend, nè?
Daar word gesê dat elkeen van ons die mag het om iemand anders gelukkig te maak. Sommige doen dit deur die kamer binne te kom, ander deur dit te verlaat. Die vraag wat ons onsself redelik gereeld moet afvra, is watter een is ek?
Terwyl jy daaroor nadink, kyk hierna; dit is goed, baie goed.
Hebreërs 3:13 Julle moet mekaar van dag tot dag aanspoor, ja, so lank as wat die “vandag” nog bestaan, om te keer dat een van julle deur die verleidelikheid van die sonde verhard word. (NLV)
Wanneer iemand ander persone aanmoedig, is dit ‘n teken van ‘n goeie hart, 'n goeie mens. Die soort mens wat mense gelukkig maak wanneer hulle by die kamer instap. Deur ‘n ander persoon te help … bied jy 'n kragtige teenvoeter vir die onaangename een.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY