Siel Podcast Por Afrikaans.Radio arte de portada

Siel

Siel

De: Afrikaans.Radio
Escúchala gratis

Acerca de esta escucha

Siel is jou gids na rustigheid en balans. Hierdie Afrikaanse meditasie-reeks bied ’n verskeidenheid oefeninge om jou gedagtes stil te maak, stres te verminder, en jou te help fokus op wat regtig belangrik is. Siel – Vind jou stilte in Afrikaans. Elke meditasie by Siel is ontwerp om jou innerlike wêreld te verken en jou te help om balans te vind, waar jy ook al is. Of jy wil afskakel ná ’n lang dag of net weer in voeling kom met jou gedagtes, Siel is daar om jou te lei. Afrikaanse Meditasies deur Greta van Rensburg. Die Meditasies is nie gekoppel aan enige geloof en is nie indringend nie.Afrikaans.Radio Desarrollo Personal Hygiene & Healthy Living Medicina Alternativa y Complementaria Éxito Personal
Episodios
  • Fokus en Helderheid in die oomblik
    Jul 2 2024
    Ons is bevoorreg om in hierdie tye te weet dat, as ons gedagtes gefokus is, ons beter werk en presteer. Die wete dat elkeen van ons ‘n doel het in die lewe, geld as inspirasie om daagliks die beste na te streef.

    Hierdie meditasie is uiters eenvoudig, maar leer dit aan en doen dit gereeld wanneer jy voel jou aandag dwaal, terwyl jy studeer of werk. Afrikaans.Radio · siel
    Más Menos
    3 m
  • Sukses
    Jul 2 2024
    Die meeste mense werk en woeker in die lewe. Nie om dowe neute nie, maar om iets te bereik. Meestal sukses. En die redes daarvoor is legio, maar hoofsaaklik wil mens ‘n verskil maak.

    Tydens hierdie meditasie kan jy jou talente, sterkpunte en vaardighede herontdek, want dit alles is alreeds diep binne jou. Afrikaans.Radio · siel
    Más Menos
    12 m
  • Oorvloed
    Jul 2 2024
    Wat is oorvloed? DIT IS WANNEER JY GENOEG HET. Absoluut geen gebrek. Genoeg om te kan uitdeel sonder om te dink dit sal opraak.

    Oorvloed kan baie vorme aanneem, byvoorbeeld in lewensmiddele soos geld of goed, kos in jou koskas, maar ook deur ‘n verrykte gees, waarmee jy liefde, geduld of die lig binne jou, kan uitdeel. Dink aan momente waarin jy sê “My hart loop oor”…

    Kom ons mediteer nou, om oorvloed, abundance lewendig te maak in ons lewens. Afrikaans.Radio · siel
    Más Menos
    19 m
adbl_web_global_use_to_activate_T1_webcro805_stickypopup
Todavía no hay opiniones