Episodios

  • BEER ADRIAANSE
    Oct 2 2025

    Hulle sê: “Probeer is die beste geweer...”

    Maar probeer is nie eers ’n geweer nie — dis ’n woord.
    Dis ’n werkwoord. Dis ’n wens. Dis daai ding wat jy doen nét voor jy uitvind wie jy regtig is.

    Om te probeer is dalk die coolste ding ooit.
    En as iemand weet hoe om mooi te probeer — op die verhoog, in teks, in stiltes en in skielike lagbuie — dan is dit vandag se gas.

    Hy’s daai ou wat altyd lyk of hy óf pas wakker geword het, óf pas ’n gedig klaargeskryf het. Of altwee.
    Hy’s ’n akteur wat soms ’n filosoof is, ’n regisseur wat soms ’n berg is, en ’n mens wat altyd ’n beer is — met ’n klein letter b én ’n groot letter B.

    Hy’t al gehuil met styl, gelag met wysheid, en geskryf soos iemand wat weet hoe stilte klink.

    Welkom by Praating.
    Die ou met die coolste naam in die land... Beer Adriaanse.

    To partner with PRAATING, visit www.praating.com
    Podcast en video production The Media Farm

    Más Menos
    1 h y 44 m
  • ZETSKE VAN PLETZEN
    Sep 25 2025

    Is mense met siblings beter af as enigste kinders? Dis ’n groot vraag.


    Een kind kry al die aandag en geskenke, terwyl twee (of ’n trop) kinders klere en aandag moet deel, mekaar moet opvoed en sterkmaak om reg te wees vir die wêreld.

    Vandag se gas is ’n aktrise wat jy dalk ken uit 7de Laan, Getroud met Rugby, Catch Me A Killer, Diepe Waters, Bakgat! en nog vele meer. Maar haar grootste rol bly haar rol as ma, mens en suster.

    Sit jul hande bymekaar vir Zetske van Pletzen — my sussie!

    To partner with PRAATING, visit www.praating.com
    Podcast en video production The Media Farm

    Más Menos
    1 h y 38 m
  • BRENDAN PEYPER
    Sep 18 2025

    Vandag se gas is soveel meer as net ’n spiertier!


    Hy is ’n talentvolle sanger en musikant met meer as 115 miljoen views op sy YouTube-kanaal!


    Hy sport gereeld ’n mullet en ’n snor, en jy kon hom ook sien op Op my Eish — deesdae is hy meer op dun eish.


    Die man ken van eishskaats! Maak geraas vir die absolute sensasie: Brendan Peyper!

    To partner with PRAATING, visit www.praating.com
    Podcast en video production The Media Farm

    Más Menos
    1 h y 18 m
  • DEMI LEE MOORE
    Sep 11 2025

    Elke paar dekades word ons gebless met ’n prinses.
    In dié geval ’n pop-prinses! Not a pop — ek is nie ’n seksistiese vark nie; vrouens is nie poppe of poplappe nie. Hulle is prinsesse! Dís die enigste aanvaarbare P-woord. Goeiste, moenie my hier vandag opgewerk maak nie!

    Ons is gelukkig genoeg om die pop-prinses van Afrikaanse musiek vandag hier by ons te hê!


    Sy drip van talent... not to be confused with Demi Moore.

    To partner with PRAATING, visit www.praating.com
    Podcast en video production The Media Farm

    Más Menos
    1 h y 23 m
  • ARNO CARSTENS
    Sep 4 2025

    Hierdie rock 'n roller oorskry die grense van taal met sy musiek, en sy loopbaan strek al oor meer as drie dekades. Tog lyk hy steeds smeulend jonk!

    Hy bewandel die Aarde reeds lank voordat die meeste van julle nog in julle pa se sak was!

    Hy het al ’n verhoog én ’n toilet met Bono van U2 gedeel. Nie op dieselfde tyd nie, maar steeds kak impressive!

    Wat het ’n Springbok en ’n kaal dame in gemeen?

    'n Arno Carstens.

    To partner with PRAATING, visit www.praating.com
    Podcast en video production The Media Farm

    Más Menos
    1 h y 17 m
  • MIKE BOLHUIS
    Aug 28 2025

    Vandag se gas is Suid-Afrika se eie legendariese privaatspeurder — 'n skaars glimlagger, 'n meester van ondersoek, en die ewige behoeder van geregtigheid.

    Hy het al in die in die oë van duisternis gekyk sonder om sy eie oë te knip...

    En tog dra hy sonbrille — want hy weet: lig is gevaarliker as skaduwee.

    But who is the man agter the bril? Hy’s die ou wat weet waar jou ex was op 12 Mei 2019.

    Die enigste mens wat ’n moordenaar, ’n politikus én ’n papegaai binne dieselfde uur kan ondervra... Sonder koffie.

    Hy is ook ’n fan van groot hare, en hy’s hier om te praat.
    Maar moenie probeer lieg nie — cos he will weet! Welkom by PRAATING...

    Die een, die enigste: MIKE BOLHUIS.

    To partner with PRAATING, visit www.praating.com
    Podcast en video production The Media Farm

    Más Menos
    1 h y 7 m
  • HANNON BOTHMA
    Aug 21 2025

    They say grysheid is wysheid — maar is dit mooi?
    They say die snor is powerful — maar is dit pragtig?
    They say borshare hou jou warm — maar is dit sexy?
    Is Crocs cool, of cringe...? Is veneers ’n vibe? Wie weet werklik?
    Ek draai met hierdie groot vrae na ons gas vandag... Ons land se top Glam Guru. Die Afrikaanse Ken Doll.

    Hy ooze Kenergy én King-energy! Entrepreneur, businessman en bad bitch!
    Dames en here, sit julle hande bymekaar vir die prins van prag... HANNON!

    To partner with PRAATING, visit www.praating.com
    Podcast en video production The Media Farm

    Más Menos
    1 h y 23 m
  • LIZZ MEIRING
    Aug 14 2025

    Vandag se gas is ’n ikoon van die kassie én die silwerdoek!


    Vanaf Lipstick Dipstick tot Poena is Koning.
    Sweet ’n Short tot Pretville.
    Hoener met die Rooi Skoene tot Diepe Waters.
    Vaaitjie sien sy gat tot Spoorloos.
    Hester en Ester Bester, Ballade vir ’n Enkeling, Agter Elke Man, Villa Rosa...

    Aktrise, skrywer, regisseur, vervaardiger — ’n kulturele ikoon.
    Haar bynaam is "Bizzie Lizzie" omdat sy soms aan ses of meer produksies tegelyk werk.


    Sy sit die Molly in Molly en Wors!

    Ek praat natuurlik van die charismatiese en snaakse:


    Lizz Meiring!

    To partner with PRAATING, visit www.praating.com
    Podcast en video production The Media Farm

    Más Menos
    1 h y 22 m