O My Volk Podcast Por Antoinette van der Merwe arte de portada

O My Volk

O My Volk

De: Antoinette van der Merwe
Escúchala gratis

Na vyf jaar in die wonderlikste land in die wêreld, Switserland, het ek en my gesin besluit om terug te trek na Suid-Afrika, bestemming van moord, roof, beurtkrag en korrupsie. Was ons heeltemal mal? Ek praat met mense wat soos ons in die buiteland gebly het en besluit het om terug te trek en ek probeer verstaan hoekom enige mens gelukkiger sal wees in hierdie moeilike land as in die land van kaas en sjokolade. In die vier-episode potgooi gesels ek met Angel Jones, Johann Rossouw, Inanda Bosman, James Scott, Wilma Rheeder en Barend la Grange. Ons vat ook 'n reis na die verlede om my eie familie geskiedenis te verstaan, die verbindtenis met hierdie land, wie ons is, en hoe mens ‘n deel daarvan verloor as jy weg gaan.

Van der Merwe 2024
Biografías y Memorias Ciencias Sociales
Episodios
  • Ep. 4 Hoop
    Apr 24 2024

    In hierdie episode soek ek na hoop. Ek wonder of daar 'n toekoms is in hierdie land vir my en my kinders. Ek praat met Barend la Grange en luister na briewe voorgelees deur Attie van Niekerk

    Más Menos
    25 m
  • Ep. 3 Karakter
    Apr 24 2024

    In die episode soek ek na antwoorde hoekom hierdie land en haar mense my elke keer terug trek. Ek praat weer met Johann Rossouw, Inanda Bosman en James Scott, kliniese. Ons volg ook my eie familie geskiedenis, my oumagrootjie en oupagrootjie wat van Nederland af hier kom vestig het met briewe van hulle dogter, my ouma Anneke, wat voorgelees deur Tiekie Boshoff.

    Más Menos
    26 m
  • Ep. 2 Identiteit
    Apr 24 2024

    In hierdie episode probeer ek verstaan wat hierdie land en haar mense nou juis so besonders maak. Ek praat met Johann Rossouw, professor in filosofie en die klassieke aan die Universiteit van die Vrystaat, Inanda Bosman, spelterapeut in Pretoria en James Scott, kliniese sielkundige in Australië. Ons volg ook my eie familie geskiedenis, my oumagrootjie en oupagrootjie wat van Nederland af hier kom vestig het. Met briewe van my ouma Anneke, eerste generasie Suid-Afrikaner met Hollandse ouers, voorgelees deur Tiekie Boshoff.

    Más Menos
    28 m
Todas las estrellas
Más relevante
Wat n konstruktiewe bydrae, Antoinette, baie dankie! Mag jou potgooi vlerke kry en veel verder as hier geluister word.

Hoera!

Se ha producido un error. Vuelve a intentarlo dentro de unos minutos.