Neem Standpunt In! Podcast Por  arte de portada

Neem Standpunt In!

Neem Standpunt In!

Escúchala gratis

Ver detalles del espectáculo

Send us a text

Spreuke 31:8-9 Praat namens hulle wat nie self kan praat nie. Verseker dat daar reg geskied aan hulle wat hulpeloos is. Maak oop jou mond en lewer regverdige uitsprake. Laat reg geskied aan armes en ellendiges. (NLV)

Die manier waarop mense hul menings en bekommernisse oor besluite en die besluitnemingsproses uitspreek, word al hoe partydiger, al hoe onredeliker en getuig soms van slegte smaak. Die sosiale media speel natuurlik ‘n baie groot rol daarin om mense se opinies te beïnvloed. Dis ontstellend, nè?

Dié aan die linkerkant van die politiek is teen dié aan die regterkant, en omgekeerd. Die omgewingsbewustes is teen die nyweraars; die nyweraars is teen die omgewingsbewustes; die wêreldwye tegnologiemaatskappye is teen regeringsreguleerders, en … wel, ek is seker jy kan baie ander partye noem wat ook lynreg teenoor mekaar staan.

Maar hierdie mense wat soveel lawaai maak, vergeet van die klein mensies; die mense sonder die regte tipe geld, die mense sonder 'n stem, wat in die proses verpletter word.

Kan ek jou die ding vertel wat my regtig ontstel? Dit is dikwels die Christene wat hulle stemme dik maak en hul regte laat geld, terwyl hulle swyg oor die onregte wat aan die klein mensies gedoen word.

Elon Musk, ‘n ou wat party mense haat, en ander mense bewonder, is ‘n baie interessante openbare figuur. Iets wat hy onlangs gesê het, het my oog gevang: Tensy Christene dapperder optree en bereid is om op te staan vir wat reg en regverdig is, sal die Christendom vergaan.

Dit is miskien 'n bietjie van 'n oorbeklemtoning, maar dit is ontstellend. Ons het hom al in die laaste ruk leer ken as ‘n baie uitgesproke ou, maar ons verstaan sy punt. Waar is die Christene? Hoekom is hulle so stil as dit kom by die arrogante, ydel opmerkings van die uitgesprokenes?

Soos die 18de eeuse Ierse staatsman, Edmund Burke, opgemerk het, is die enigste ding wat nodig is vir die oorwinning van die bose, dat goeie mense niks doen nie.

Spreuke 31:8-9 Praat namens hulle wat nie self kan praat nie. Verseker dat daar reg geskied aan hulle wat hulpeloos is. Maak oop jou mond en lewer regverdige uitsprake. Laat reg geskied aan armes en ellendiges. (NLV)

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Todavía no hay opiniones