Marita van der Vyver Podcast Por  arte de portada

Marita van der Vyver

Marita van der Vyver

Escúchala gratis

Ver detalles del espectáculo

Acerca de esta escucha

Marita van der Vyver in gesprek met Elmarie Claassens.

Marita van der Vyver is een van Afrikaans se bekendste skrywers met meer as 30 publikasies agter haar naam, insluitende volwasse, kinder- en jeugromans, kookboeke, essays, radiodramas, vertalings, en so meer. Talle van haar boeke is met van die belangrikste toekennings in Suid-Afrika bekroon, en heelwat van hulle is in ander tale vertaal. Ook is van haar boeke omgeskakel in films of verhoogstukke, terwyl sy self ook die aanbieder van die TV-reeks "Marita kook" was.

Marita gesels in hierdie aflewering oor die voortgaande stryd rondom die onafhanklikheid van die vrou, taboes rondom vroulike wellus en seksualiteit, menstruasie, eufemismes en hoe 'Griet' steeds relevant bly.

[Elmarie Claassens is 'n kliniese sielkundige in 'n privaat praktyk.]

NB: Menings wat deur gaste in hierdie reeks uitgespreek word, verteenwoordig nie die menings van die onderhoudvoerders nie. Insgelyks verteenwoordig geen mening of uitspraak in hierdie podsendingreeks die opinie van die Noordwes-Universiteit, die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, BlueTek Computers of watkykjy.co.za nie. Afrikaans.Radio · vloek.co.za
adbl_web_global_use_to_activate_webcro805_stickypopup
Todavía no hay opiniones