Episodios

  • Episode 7: Ontmoet die skobbejakke!
    Jun 23 2025

    Constant gesels in hierdie episode met die booswigte van Kalimbula - Professor Christopher Waughbridge en Verona Barrington. Hulle is ... uniek ...

    Lekker luister!



    Más Menos
    10 m
  • Episode 6: Die nagapies hou jou dop...
    Jun 1 2025

    Daar is iets vreemds aan Kebospark - dis nie die eienaardige inwoners nie, ook nie die geheimsinnige, stom oom wat in die hoek van die park woon nie. Dis die nagapies wat Kruhan bekruip én die stem wat hy by die strandmeer se riete hoor...

    Kom deel in die 12-jarige Kruhan Malherbe se avonture in Kebospark - 'n anderste vakansieplek wat belowe om hom vir altyd te verander.

    Constant van Graan gesels oor sy nuwe boek in hierdie episode en lees kort uittreksels van Kruhan, Wijkie en die eksentrieke Mevrou Gorecki!

    Más Menos
    11 m
  • Episode 5: Hoe proe rysmierboepense?
    May 18 2025

    In hierdie episode gesels Constant met 'n paar Jungu Josh-aanhangers, en eet hy en twee gaste eienaardige (en soms grillerige) kos uit Kalimbula. Kom kuier saam!

    Más Menos
    16 m
  • Episode 4: Pas op! Hier kom die Minokkos...
    Apr 27 2025

    In hierdie episode besoek ons die Gombi-moerasse waar die monstermannetjies - die Minokkos - woon. Met hul kort lywe, skrikwekkende maskers, en aardige voorliefde vir mensvleis, boesem hulle vrees in by selfs die sterkste manne. Oudergewoonte neem Constant van Graan, skepper van die Jungu Josh-reeks, jou op 'n magiese toer deur Kalimbula.

    [Let wel: Hierdie episode is nie bedoel vir kinders jonger as 10 jaar nie en moet liefs nie voor slapenstyd geluister word nie.]

    Besoek jungujosh.com om meer oor Jungu Josh uit te vind!

    Más Menos
    10 m
  • Episode 3: Word 'n Magani-foendi!
    Apr 21 2025

    In hierdie episode hoor jy oor die Magani-taal: waar dit vandaan kom, hoe dit klink en hoe jy dit vlot kan leer praat! Sluit aan by Constant van Graan, skepper van Jungu Josh (en Magani), om te hoor oor die Magani-woordeboek, frases, en sy gunstelingwoorde en -gesegdes. Were waijona!

    Más Menos
    10 m
  • Episode 2: Wat is jou totemdier, ou maat?
    Apr 12 2025

    Is jy 'n sosiale sebra? Of 'n vorstelike leeu? Miskien 'n onverskrokke krokodil? Kom luister saam na die nuutste podsending oor Jungu Josh, die avontuurreeks, en vind uit wat is jou gunstelingkarakter (en jou eie!) totemdier. Oudergewoonte neem Constant van Graan, skepper van Jungu Josh, jou op 'n bondige, magiese reis deur Kalimbula.

    Más Menos
    10 m
  • Episode 1: Wat is Jungu Josh?
    Mar 29 2025

    Welkom by die heel eerste episode van die Jungu Josh-podsending! In hierdie kort en avontuurlustige 15 minute leer ken jy:

    • Wie Josh McGreer is – ’n 13-jarige seun wat homself skielik in ’n magiese, verborge Afrika-vallei bevind…
    • Wat Kalimbula is – ’n wêreld gevul met totemdiere, gevaarlike diere, ’n antieke taal, en geheime wat wag om ontbloot te word…
    • En hoekom hierdie fantasie-reeks anders is as enigiets wat jy al gelees het.

    Constant van Graan, die skrywer van Jungu Josh, neem jou saam op reis - met ’n voorsmakie van die karakters, temas, musiek én wat jy in komende episodes kan verwag.

    As jy hou van avontuur, geheime en stories wat met jou práát - dan is jy op die regte plek.


    Kalimbula wag…

    (Hierdie podsending is in Afrikaans. Besoek jungujosh.com/en vir meer oor die reeks in Afrikaans en Engels.)

    Más Menos
    13 m