
Heilige Gees Krag
No se pudo agregar al carrito
Add to Cart failed.
Error al Agregar a Lista de Deseos.
Error al eliminar de la lista de deseos.
Error al añadir a tu biblioteca
Error al seguir el podcast
Error al dejar de seguir el podcast
-
Narrado por:
-
De:
Send us a text
Handelinge 1:6-8 Toe hulle 'n keer weer bymekaar was, het hulle vir Jesus gevra: “Here, is dit nou die tyd dat U die koninkryk vir Israel weer gaan oprig?” Hy het hulle geantwoord: “Dit is nie vir julle om die tyd en omstandigheid te weet wat die Vader in sy eie mag bepaal het nie. Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.
Ons leef vandag in ‘n wêreld vol van soveel leë beloftes. Jy kan nie eers vyf minute aanlyn spandeer sonder dat die een of ander advertensie opduik wat die een of ander wonderwerkende produk adverteer nie. Meestal is dit net baie lawaai, maar wanneer jy gedaan is – soos wat ons al te dikwels in hierdie vinnige wêreld is – kan hulle maklik jou met hulle beloftes oortuig en mislei.
So in plaas daarvan, gaan ek vandag iets met jou deel, iets wat waar is, iets wat nooit sal misluk nie, iets wat ‘n ryk, oorvloedige lewe bring. Ná Jesus se dood en opstanding het sy dissipels na 'n hemelse oplossing vir hulle wêreldse probleem gesoek. Hulle wou hê dat Jesus hulle uit die Romeinse beheer bevry.
Handelinge 1:6-8 Toe hulle 'n keer weer bymekaar was, het hulle vir Jesus gevra: “Here, is dit nou die tyd dat U die koninkryk vir Israel weer gaan oprig?” Hy het hulle geantwoord: “Dit is nie vir julle om die tyd en omstandigheid te weet wat die Vader in sy eie mag bepaal het nie. Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.
In beide die Ou Testament (in Hebreeus) en die Nuwe Testament (in Grieks) beteken die woorde vir “die Heilige Gees” basies 'n rukwind, 'n asem … die asem van die lewe.
God kan besluit om jou omstandighede te verander. Dit hang net van Hom af. Maar wanneer jy Jesus volg, wanneer jy een van sy dissipels word, sal Hy jou met sy asem vul, met sy Gees. En dié krag sal jou bemagtig en jou die krag gee om ander van Hom te vertel. Heilige Gees Krag.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY