Godsdienstigheid Podcast Por  arte de portada

Godsdienstigheid

Godsdienstigheid

Escúchala gratis

Ver detalles del espectáculo

Send us a text

Lukas 13:10-15 Een Sabbatdag, terwyl Jesus in die sinagoge onderrig gegee het, het Hy ’n vrou gesien wat deur ’n bose gees inmekaargetrek is. Sy was vir agtien jaar lank kromgetrek en kon nie regop staan nie. Toe Jesus haar sien, roep Hy haar nader en sê: “Vrou, jy is van jou kwaal genees!” Toe het Hy haar aangeraak en sy kon dadelik regop staan. Hoe het sy God nie geloof en gedank nie! Maar die hoof van die sinagoge was verontwaardig dat Jesus haar op die Sabbatdag genees het. “Daar is ses dae van die week om te werk,” het hy vir die skare gesê. “Kom op daardie dae om genees te word, nie op die Sabbat nie.” Maar die Here antwoord hom: “Julle huigelaars! Julle werk op die Sabbatdag! Wie van julle maak nie op die Sabbat julle os of donkie los in die stal en lei hom uit om te drink nie? (NLV)

“Godsdiens” is 'n woord waarmee ek nie gemaklik is nie. Ek weet dis 'n algemeen gebruikte term wat almal gee aan 'n georganiseerde geloofstelsel. Maar ek hou steeds nie daarvan nie. Hoe voel jy daaroor?

Hoekom hou ek nie daarvan nie? Omdat soveel slegte dinge in die verlede in die naam van “Christelike godsdiens" gedoen is. En ek wys nie die vinger hier na enige ander godsdienste nie, kom ons draai nie doekies om nie, kom ons vlek die saak tot op die been oop. Soveel slegte dinge is gedoen in die naam van die Christelike godsdiens en sy godsdienstige tradisies.

Maar moenie dink dis ‘n nuwe ding nie, kom ons kyk wat het in Jesus se tyd gebeur:

Lukas 13:10-15 Een Sabbatdag, terwyl Jesus in die sinagoge onderrig gegee het, het Hy ’n vrou gesien wat deur ’n bose gees inmekaargetrek is. Sy was vir agtien jaar lank kromgetrek en kon nie regop staan nie. Toe Jesus haar sien, roep Hy haar nader en sê: “Vrou, jy is van jou kwaal genees!” Toe het Hy haar aangeraak en sy kon dadelik regop staan. Hoe het sy God nie geloof en gedank nie! Maar die hoof van die sinagoge was verontwaardig dat Jesus haar op die Sabbatdag genees het. “Daar is ses dae van die week om te werk,” het hy vir die skare gesê. “Kom op daardie dae om genees te word, nie op die Sabbat nie.” Maar die Here antwoord hom: “Julle huigelaars! Julle werk op die Sabbatdag! Wie van julle maak nie op die Sabbat julle os of donkie los in die stal en lei hom uit om te drink nie? (NLV)

Godsdienstige mense sal 'n persoon vernietig om 'n tradisie te red. Jesus sal 'n godsdienstige tradisie verbreek om 'n mens te red. Dit is die verskil.

En dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Todavía no hay opiniones