Gesonde Verstand Podcast Por  arte de portada

Gesonde Verstand

Gesonde Verstand

Escúchala gratis

Ver detalles del espectáculo

Send us a text

Psalm 119:66-67 Gee my ’n wakker verstand en ’n kop vol kennis oor U, want ek glo al u voorskrifte. Vroeër het ek op verkeerde paaie geloop, maar daardie dae is vir goed verby; nou doen ek net wat U sê. (DB)

Dit is nogal verstommend hoe maklik ons emosies ons goeie gesonde verstand kan uitknikker. Alles ván trots tót vrees, van woede tot eensaamheid, kan veroorsaak dat ons baie verkeerde besluite neem; besluite waaroor ons uiteindelik baie spyt sal wees.

In 1812 het Napolean Bonaparte, die selfaangestelde keiser van Frankryk, 'n massiewe militêre veldtog teen Rusland geloods. Hy het met 600 000 soldate van verskeie Europese lande, een van die grootste leërs wat nog ooit in Europa versamel is, onder sy beheer, bymekaargemaak vir die aanval op Rusland.

Hy het die geografiese grootte van Rusland heeltemal onderskat; die strawwe klimaat geïgnoreer en nie rekening gehou het met die Russe se slim taktiek nie. Napoleon het geglo dat sy voortreflike militêre bekwaamheid en die blote grootte van sy Grande Armée 'n vinnige oorwinning sou verseker.

Napoleon se grootheidswaan het daartoe gelei dat hy, met rampspoedige gevolge, die waarskuwings en advies van sy eie generaals geïgnoreer het …. Sy leër is deur die vreeslike koue, hongersnood, siektes en voortdurende aanvalle deur Russiese magte vernietig. Slegs 100 000 van sy manskappe het lewend teruggekom Frankryk toe. Nie ‘n baie suksesvolle veldtog nie, of hoe!

So dink ‘n bietjie, wanneer laas het jy jou emosies toegelaat om jou goeie gesonde verstand te oorheers? En sê my, hoe goed het dit vir jou uitgewerk?

Psalm 119:66-67 Gee my ’n wakker verstand en ’n kop vol kennis oor U, want ek glo al u voorskrifte. Vroeër het ek op verkeerde paaie geloop, maar daardie dae is vir goed verby; nou doen ek net wat U sê. (DB)

God het jou onbeskryflik lief. Die laaste ding wat Hy wil hê, is dat jy die een flater na die ander moet maak. Vra Hom, want Hy sê – vra en vir julle sal gegee word. Vra dus: Here gee my ’n wakker verstand.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Todavía no hay opiniones