Ervaar God se Heerlikheid Podcast Por  arte de portada

Ervaar God se Heerlikheid

Ervaar God se Heerlikheid

Escúchala gratis

Ver detalles del espectáculo
OFERTA POR TIEMPO LIMITADO. Obtén 3 meses por US$0.99 al mes. Obtén esta oferta.

Send us a text

Johannes 11:40 Jesus sê toe vir haar: “Het Ek nie vir jou gesê dat as jy glo, jy die heerlikheid van God sal sien nie?” (NLV)

Gebeur wonderwerke nog steeds? Sê my, wanneer laas het jy iets so buitengewoons, so buitengewoons ervaar, dat jy dit as niks anders as ‘n wonderwerk kan beskou nie? Of het sommige mense net 'n ooraktiewe verbeelding om iets wat sommer net toevallig was, as ‘n "wonderwerk" te bestempel?

Ek het self nog nooit gesien hoe iemand 'n nuwe ledemaat kry waar een geamputeer is nie. Ek het ook nog nooit gesien hoe 'n glasoog in iemand se oogkas met 'n regte een vervang is nie. En ek het beslis nog nie gesien hoe iemand wat fisies dood was, weer lewendig geword het nie.

Lasarus was 'n goeie vriend van Jesus. Hy het gesterf. Hulle het laat weet dat hy siek is, maar Jesus het doelbewus getalm. Teen die tyd dat Hy daar aangekom het, was Lasarus al vier dae in 'n graf. Sy liggaam was teen hierdie tyd nie meer so vars nie! Toe Jesus vir hulle sê om die klip weg te rol, het Marta, Lasarus se suster, geprotesteer: "Dit sal sleg ruik!"

Johannes 11:40 Jesus sê toe vir haar: “Het Ek nie vir jou gesê dat as jy glo, jy die heerlikheid van God sal sien nie?” (NLV)

Nie alle wonderwerke vind voor jou oë plaas nie. Sommige dinge gebeur in ’n ‘stadige oond’. Eers wanneer jy terugkyk oor die jare, skud jy jou kop en wonder: “Hoe het God dit gedoen?”

Sommige dinge gebeur deur wonderbaarlike tydsberekening of voorsiening en jy staan verstom wanneer jy besef dat God aan die werk is, wanneer jy dit die minste verwag.

Wat ook al op die oomblik met jou aan die gang is … hou jou oë oop. Want as jy werklik glo, sal jy die heerlikheid van God sien!

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Todavía no hay opiniones