Episode 164. - Deon Maas Podcast Por  arte de portada

Episode 164. - Deon Maas

Episode 164. - Deon Maas

Escúchala gratis

Ver detalles del espectáculo

Acerca de esta escucha

Deon Maas kom kuier vir ’n tweede keer in die garage om oor sy nuutste boek Witboy In Berlyn te gesels. Hy stel die boek bekend hierdie week by die US Woordfees en ook Dinsdag, die 12de Maart 2019 by La Bottega in Kaapstad – jol skop 18:00 af. Bespreek gerus JMK@JONATHANBALL.CO.ZA, dis gratis.

Deon is ’n skrywer (Witboy in Afrika, Melk Die Heilige Koeie, en nou ook Witboy in Berlyn), maker van dokumentêre films (Punk in Africa en Who Killed Johannes Kerkorrel?) en ’n televisievervaardiger (Jam Sandwich en Fortuinsoekers). Hy word somtyds daarvan beskuldig dat hy ’n moffie, daggaroker of kommunis is. Hy is wel skuldig aan van dié aantygings. Hy is getroud met Veda (’n vrou) en woon tans in Berlyn saam met haar en hul honde.

Todavía no hay opiniones