Die Man se Plig Teenoor Sy Gesin Podcast Por  arte de portada

Die Man se Plig Teenoor Sy Gesin

Die Man se Plig Teenoor Sy Gesin

Escúchala gratis

Ver detalles del espectáculo
OFERTA POR TIEMPO LIMITADO. Obtén 3 meses por US$0.99 al mes. Obtén esta oferta.

Send us a text

1 Petrus 3: En julle, mans, behandel julle vroue met respek. Leef saam met jou vrou in die besef dat, al is sy fisiek swakker as jy, sy saam met jou deel in die lewe wat God as geskenk gee. As jy haar só behandel, sal jou gebede nie geblokkeer word nie. (NLV)

Dwarsdeur die wêreld, verbrokkel gesinne. Nouja, ons erken dat daar ook nog gelukkige gesinne is, maar hulle word al hoe skaarser, nè? Ons sien almal hoe die invloed van tegnologie en die ek-gesentreerde lewenstyl ‘n ontsettende negatiewe impak op uitgebreide en kerngesinne het.

'n Belangrike bydraende faktor is sonder twyfel dat baie mans, om die een of ander rede, hulle pligsbesef teenoor hul gesinne verloor het. In baie dele van die wêreld is gesonde manlikheid glad nie meer belangrik nie. Mans respekteer, beskerm en koester nie meer hulle vrouens nie. Die kinders gehoorsaam nie meer hul ouers nie. En so het baie mans eenvoudig moed verloor. Dit voel asof die samelewing in baie gevalle moed verloor het.

Die Amerikaanse astrobioloog David Grinspoon het eendag gesê: Mense word deesdae aangemoedig om sommer maklik moed te verloor en handdoek in te gooi as dinge nie heeltemal na hulle sin verloop nie. Pessimisme word tweede natuur, want mense redeneer deesdae dat as hulle niks aan die saak kan doen nie, dit mos nie hulle verantwoordelikheid is nie!

Ag nou ja, dit gebeur oral, so ek kan maar netsowel met die stroom afvaar. Nee, mans, luister!

1 Petrus 3:7 En julle, mans, behandel julle vroue met respek. Leef saam met jou vrou in die besef dat, al is sy fisiek swakker as jy, sy saam met jou deel in die lewe wat God as geskenk gee. As jy haar só behandel, sal jou gebede nie geblokkeer word nie. (NLV)

Elke man het 'n plig teenoor sy vrou en sy gesin. Kom manne, kry die regte perspektief op die lewe!

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Todavía no hay opiniones