Wat Gaan Aan?  Por  arte de portada

Wat Gaan Aan?

De: The Castery
  • Resumen

  • Het jy al ooit jouself afgevra: Wat gaan aan? Dalk het jy dit net in jou kop geverbaliseer. Of saggies vir jouself in die stort gefluister. Of dalk hardop van ’n baie hoë krans geskree? Of dit net bloot aan jou twee katte gestel terwyl hulle diep in jou oë kyk. Die wêreld is mal en ek love dit. Meestal... Everything is a choice, en mense maak besluite om betekenis en waarde aan hulle lewe te heg. Partykeer maak dit sin. Partykeer nie. Wie gee om? Right? Join my, Wilhelm van der Walt, waar ek met die einstes praat wat probeer sin gee aan die lewe. Theme music: Charl-Johan Lingenfelder Poster design: Hanco Kamper
    TheCasteryMedia2021
    Más Menos
Episodios
  • #11 Addiction
    Oct 4 2021
    In hierdie episode praat ek met Freddie van Rensburg. Hy's 'n addiction/verslawingsberader, geregistreer by die Raad van Verslawingskonsultante en die Vereniging vir Ondersteunende Beraders en Holistiese Praktyke. Hy het 'n Honneurs in Sosiologie, wat spesialiseer in Gesinsosiologie, Groepsdinamika en Bedryfsosiologie. Hy het daarna sy beradingskwalifikasie deur UNISA gedoen. Sy fokus is op verslawing en verslawende gedrag in al sy vorme en manifestasies (van alkohol en dwelms tot kos, seks, liefde en enige vorme wat verslawing kan aanneem) Hy het ook 'n spesiale liefde en band vir die 12-step Program. Sy Podcast getiteld: Meet me in the Field is op alle podcast platforms beskikbaar en hy is ook die skrywer van die boek Life Anon: A 12 step guide to life for non-addicts. The Castery
    Más Menos
    1 h y 17 m
  • #10 Die UFO Chaser
    Sep 26 2021
    Tydens 'n baie donker en moeilike tyd in sy lewe, het Dirk van Tonder afgekom op materiaal en inligting oor ET's ( Extra Terrestrial beings) en VVV's ( Vreemde Vlieënde Voorwerpe). Vir 5 jaar lank het hy dieper en dieper begin ondersoek instel oor hierdie vreemde verskynsels wat, volgens hom, orals is en vir almal sigbaar is. In 2019 het hy sy eerste 'Orb' ( 'n figuur in die lug)gewaar en die res is geskiedenis. Hierdie episode is out of this world! The Castery · Wat Gaan Aan?
    Más Menos
    1 h y 9 m
  • #9 Die Paramedic
    Sep 20 2021
    Debbie Mathys werk nou al die afgelope 13 jaar by Metro EMS. Sy het in 2008 begin as 'n basiese ambulans assistent en assistent vir intermediêre lewensondersteuning. Daarna kwalifiseer sy die Nasionale diploma, Advanced life support Paramedic in 2020. Sy spesialiseer as 'n gevorderde paramedikus, hoofsaaklik in ICU, naamlik pasiënte wat uit een ICU -hospitaal vervoer word na 'n ander ICU -hospitaal op 'n ventilator, vitale monitor en die toerusting wat gebruik word om medisyne aan die pasiënt toe te dien.Haar ander oproepe is veelvuldige ongevalle op 'n ongelukstoneel.Pasiënte wat vasgekeer was in motorongelukke of ander ongelukke op 'n werksplek of konstruksieplek, of net kritieke pasiënte oor die algemeen. Ek hoop jy geniet dit net so baie soos ek! The Castery · Wat Gaan Aan?
    Más Menos
    1 h y 8 m

Lo que los oyentes dicen sobre Wat Gaan Aan?

Calificaciones medias de los clientes

Reseñas - Selecciona las pestañas a continuación para cambiar el origen de las reseñas.