Pot Vol Kennis  By  cover art

Pot Vol Kennis

By: Jacques Basson
  • Summary

  • Welkom by Pot Vol Kennis, ’n nuwe opwindende potgooi reeks waarin ons jou help om op ’n ander manier te dink oor onderrig en die toekoms van onderrig. Of jy nou ’n onderwyser, ’n leerling of ’n ouer is, hierdie reeks dien as jou deur na ’n wêreld vol inspirasie en onbeperkte moontlikhede. Besoek ons webwerf: https://www.moswereldwyd.co.za/ A new exciting podcast series where we assist you in thinking differently about education and the future of learning. Whether you are a teacher, a student, or a parent, this series serves as your gateway to a world full of inspiration and unlimited possibilities.
    Jacques Basson
    Show more Show less
Episodes
  • Episode 12: Maak my ’n Miljoenêr” Entrepreneur van die Jaar-kompetisie
    Dec 7 2023

    Jacques Basson, Roedolf van der Westhuizen en Albert van Wyk gesels oor entrepreneurskap, en spesifiek Albert se televisiereeks "Maak my 'n Miljoenêr" Entrepreneur van die Jaar-kompetisie, waar leerders wat hul eie besighede bedryf, meeding om die gesogte titel.

    Show more Show less
    Less than 1 minute
  • Episode 11: Die MOS Inisiatief Toere & Wyne
    Nov 17 2023

    Jacques Basson gesels met Wikus Breetzke, wat aan die hoof staan van die innoverings-, tegnologie-, en bemarkingsaspekte van die MOS Inisiatief. Sedert hulle begin het in 2021, het hulle reeds tien skole gestig, en binnekort word ‘n elfde skool in Middelburg geopen.

    In minder bevoorregte gebiede bestaan 'n aansienlike behoefte, en die MOS Inisiatief streef daarna om daardie kinders deur 'n Beursfonds te ondersteun, sodat hulle onderrig in Afrikaans kan ontvang.

    Ter ondersteuning van die Beursfonds, is twee opwindende wynreekse, naamlik Geen Haas en Ware Jakob, geloods, asook MOS Toere wat opwindende lande soos oa Turkye volgende jaar gaan besoek.

    Al die opbrengste van die wyn- en toerverkope gaan direk na die Beursfonds.

    Show more Show less
    19 mins
  • Episode 10: Die Belangrikheid Van Veerkragtigheid In Kinders
    Nov 3 2023

    "Wat is veerkragtigheid en hoe ontwikkel dit by kinders? Volgens Jeanri Visagie, 'n leerbestuurder by die MOS-inisiatief, is dit die vermoë om voorwaarts te beweeg te midde van moeilike en negatiewe uitdagings. Alhoewel dit nie 'n aangebore eienskap is nie, is dit 'n kwaliteit wat beslis aangeleer kan word.

    Dr. Marcel Hatting, 'n besigheidseienaar en besturende vennoot by 'n konsultasiehuis, gesels oor verskeie soorte sones by kinders, insluitend stres- en uitbrandingsones. Dit is van uiterste belang dat kinders 'n gesonde en gebalanseerde lewe lei om te floreer.

    En as ouers nie kinders self die lewe se wedloop laat hardloop nie, berei ons hulle nie behoorlik vir sukses voor nie.”

    Show more Show less
    44 mins

What listeners say about Pot Vol Kennis

Average customer ratings

Reviews - Please select the tabs below to change the source of reviews.