Klipkouers  By  cover art

Klipkouers

By: Jacques Basson
  • Summary

  • Klipkouers is ‘n Besigheids Podcast waar Jacques Basson gereeld gesels met Afrikaanse entrepreneurs en impakmakers ten einde praktiese besigheids-en lewensadvies te ontgin. Besoek ons webwerf: www.klipkouers.com Klipkouers is a Private Chamber of Commerce and Business Podcast. Jacques Basson regularly engages with Afrikaanse entrepreneurs and influencers to explore practical business and life advice.
    Jacques Basson
    Show more Show less
Episodes
  • Episode 181: Giniel de Villiers
    Apr 16 2024

    Giniel de Villiers is 'n legende in die motorsportwêreld en ‘n trots Suid-Afrikaanse produk.

    Tussen 1997 en 2000, wen hy die Suid-Afrikaanse Touring Car kampioenskap vier keer. In 2003 maak hy 'n indrukwekkende Dakar debuut met Nissan, deur in die vyfde plek te eindig. Saam met Volkswagen, behaal hy 'n tweede plek in 2006 en 'n oorwinning in 2009.

    Met 'n loopbaan wat meer as twee dekades strek, is De Villiers 'n meester van konsekwentheid, met tallose Top 10 posisies en 15 podiumverskynings. As 'n hoeksteen van die Toyota Gazoo-span, spandeer hy baie van sy tyd om die Hilux te onwikkel in veral die Namibiese- en Kalahariwoestyn.

    Show more Show less
    1 hr and 20 mins
  • Episode 180: André Koegelenberg & Johan Pool
    Apr 8 2024

    André Koegelenberg en Johan Pool se lewens is op hul koppe gedraai toe ‘n gasontploffing in 2019 hulle elektriese winkel vernietig het. Na jare se harde werk om hul reputasie op te bou en ‘n kliëntebasis te vestig was daar net een ding om te doen: om oor te begin.

    Die konsessiehouers van die ACDC Express in Worcester gesels oor hoe hulle in die bedryf beland het, die uitdagings wat hulle moes oorkom en die lesse wat hulle geleer het, asook hoe hulle slegs 10 dae na die ontploffing weer operasioneel was. Hulle deel ook besigheidswenke en wyshede vir jong entrepreneurs wat hulle danksy hulle 8 jaar in die bedryf geleer het.

    Show more Show less
    1 hr and 1 min
  • Episode179: ”Maak my ’n Miljoenêr” Entrepreneur van die Jaar-kompetisie
    Jan 23 2024

    Ek het gesels met Roedolf van der Westhuizen, die Uitvoerende Hoof van Die MOS Inisiatief en Albert van Wyk oor entrepreneurskap. Ons het veral gesels oor Albert se televisiereeks op VIA "Maak my 'n Miljoenêr" Entrepreneur van die Jaar-kompetisie, waar Hoërskool kinders wat hul eie besighede bedryf, meegeding het om die gesogte titel.

    Gaan luister gerus ook na die nuwe podcast reeks, Pot Vol Kennis, wat ek saam met die MOS Inisiatief aangepak het. Ons help jou om op ’n ander manier te dink oor onderrig en die toekoms van onderrig.

    Show more Show less
    56 mins

What listeners say about Klipkouers

Average customer ratings

Reviews - Please select the tabs below to change the source of reviews.