God se Woord VARS vir jou Vandag  By  cover art

God se Woord VARS vir jou Vandag

By: Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet
  • Summary

  • JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenking bevat ‘n kragtige Bybelvers, met ‘n paar woorde van inspirasie, hoop en aanmoediging wat daagliks per e-pos na jou slimfoon, tablet of rekenaar gestuur word. Jy kan na die klank luister of die teks lees. Dit gaan alles daaroor om jou te help om God se stem te hoor, sodat jy in ‘n ryk, dinamiese en kragtige verhouding met Jesus kan leef. God se Woord in Afrikaans. Vars, vir jou, elke dag.
    © 2024 God se Woord VARS vir jou Vandag
    Show more Show less
Episodes
  • Wees Versigtig Hoe Jy Leef
    May 26 2024

    Efesiërs 5:15-17 Wees baie versigtig hoe julle lewe: nie soos onverstandige mense nie, maar soos verstandiges. Maak die beste gebruik van elke geleentheid, want ons lewe in 'n goddelose tyd. Moet daarom nie onverstandig optree nie, maar probeer te wete kom wat die Here wil dat julle moet doen.

    Ons het net een lewe om op hierdie aarde te leef en die dae flits so vinnig verby... So wat gaan jy met jou ‘vandag’ doen? Wat gaan jy, met jou ‘môre’ doen?

    Ons moet onsself gereeld afvra wat ons met ons kosbare tyd doen. Staan doelbewus terug van die geroesemoes van die lewe wat ons tyd opeis, asof dit geregtig is om ons tyd op te slurp. Nee, my vriend, wees proaktief oor jou prioriteite in die tyd wat jy oor het; dink mooi na oor: die soort lewe wat jy uiteindelik wil lei; die impak wat jy begeer om te maak ... die nalatenskap wat jy uiteindelik in die lewens van ander gaan agterlaat.

    Nouja, dit laat ‘n mens dink, nè? Wat gaan jy met jou ‘vandag’ doen? Wat gaan jy met jou ‘môre’ doen? Konsentreer hierop, terwyl ons na hierdie raad van God luister:

    Efesiërs 5:15-17 Wees baie versigtig hoe julle lewe: nie soos onverstandige mense nie, maar soos verstandiges. Maak die beste gebruik van elke geleentheid, want ons lewe in 'n goddelose tyd. Moet daarom nie onverstandig optree nie, maar probeer te wete kom wat die Here wil dat julle moet doen.

    En... wat sê God hier? Wees baie versigtig om verstandig te lewe. Met ander woorde, moenie jou lewe met waardelose dinge verkwis nie. Dit sal dwaas wees. Dis 'n vermorsing van jou kosbare tyd. Soek eerder in hierdie moeilike tye na elke geleentheid om goed te doen.

    Watter geleenthede het jy vandag en môre om goed te doen; om God se liefde aan ander te bewys; om ander aan te moedig; om hulle moed in te praat; om hulle te help … om hulle van Jesus te vertel?

    Wees baie versigtig hoe jy lewe

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the Show.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Show more Show less
    3 mins
  • Die Wêreld het Genoeg Kritici
    May 25 2024

    Efesiërs 4:29 Moenie enige vuil taal gebruik nie. Gebruik eerder die regte, opbouende woorde wat nodig is om dié wat luister, te bevoordeel. (NLV)

    Kritiek en konflik is deesdae hoogmode in die normale domein. Dit kom oral voor: in die politiek, in die ideologie, die sosiale sfeer en ook in die geloofslewe. Dit voel asof mense daarop uit is om alles en almal te kritiseer.

    En dit is nie net in die publieke domein wat dit aangaan nie - alhoewel ons moet erken dat die sosiale media dit deesdae baie makliker gemaak het - dit is ook op die interpersoonlike vlak. Ons het almal op die een of ander manier ook ons eie ou eiertjie om te lê. En my aarde, daar is werklik ‘n horde kritici daar buite!

    Voordat jy die vinger na ander wys, vra jouself nou af, hoeveel negatiewe kritiek het jy die afgelope 24 uur uitgespreek? Dit was dalk nie voor die persoon self nie; maar het jy in privaatheid sommige van die mense by die werk gekritiseer? Wat van 'n familielid, of die politici wat jou land bestuur? Dit kan 'n bietjie skrikwekkend wees as jy so 'n selfondersoek doen.

    Nouja, terwyl jy daardie vrae in jou gedagtes evalueer, kom ons kyk wat God, in hierdie kritiese wêreld, te sê het:

    Efesiërs 4:29 Moenie enige vuil taal gebruik nie. Gebruik eerder die regte, opbouende woorde wat nodig is om dié wat luister, te bevoordeel. (NLV)

    Stel jou voor as ek en jy, te midde van al die kritiek wat na mense geslinger word, verkies om anders te wees; verkies om vriendelik te wees; verkies om eerder aan te moedig as om te kritiseer; kies om ander op te bou en om hulle met ons woorde te seën. Hoe anders sal die wêreld nie wees nie?

    Jy kan, in 'n wêreld wat reeds meer as genoeg kritici het, eerder kies om ander mense aan te moedig.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the Show.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Show more Show less
    3 mins
  • Wat God Regtig van Jou Wil Hê
    May 24 2024

    Amos 5:21-24 Ek hou glad nie van hierdie feeste wat julle vir My hou nie. Ek het hoegenaamd geen plesier daarin wanneer julle bymekaarkom om tot My te bid nie. “Ek het niks daaraan wanneer julle vir My offers op die altaar brand of graan vir My kom aanbied nie. Ek sien dit nie eens raak wanneer julle offers bring wat julle saam met My wil eet nie. Dit roer My nie eens as julle diere kom offer wat julle vir My vetgemaak het nie. Spaar My die lawaai wat julle maak as julle vir My sing. Ek wil nie luister na die harpmusiek wat julle vir My maak nie. “Wees eerder regverdig. Laat dit aangerol kom soos branders by die see. Laat eerder alles wat regverdig is deur julle lewe vloei soos ’n rivier wat nooit gaan staan nie.

    Soos enigiets in die lewe, kan Christenskap omskep word in 'n winsgewende besigheid. Die rykdom van sommige kerke is verstommend. En dit is maklik vir eenvoudige godvresende mense soos ek en jy om daarby ingesuig te word.

    Ek klink nou ‘n bietjie onsensitief, nie waar nie? Maar ons weet dat die Christelike kerk regoor die wêreld triljoene rande se vaste eiendom en bates besit, en dat dit nie altyd met wysheid gebruik word nie. Ek is seker jy sien volop advertensies op sosiale media vir hierdie konferensie, daardie optrede, hierdie beweging van God en daardie profetiese … wel, daar is soveel dat jy nie kan voorbly met al die inligting nie!

    Natuurlik het die kerk bates nodig om God se werk te doen. Nouja, daar behoort seker vergaderings regoor die wêreld te wees om God se Woord te bestudeer en Hom te aanbid. Maar jy kan so maklik vasgevang word in die truuks; die selfverheerlikende besigheid van die hedendaagse Christendom, dat jy uit die oog verloor wat God regtig wil hê. Wat wil hy hê?

    Amos 5:21-24 Ek hou glad nie van hierdie feeste wat julle vir My hou nie. Ek het hoegenaamd geen plesier daarin wanneer julle bymekaarkom om tot My te bid nie. “Ek het niks daaraan wanneer julle vir My offers op die altaar brand of graan vir My kom aanbied nie. Ek sien dit nie eens raak wanneer julle offers bring wat julle saam met My wil eet nie. Dit roer My nie eens as julle diere kom offer wat julle vir My vetgemaak het nie. Spaar My die lawaai wat julle maak as julle vir My sing. Ek wil nie luister na die harpmusiek wat julle vir My maak nie. “Wees eerder regverdig. Laat dit aangerol kom soos branders by die see. Laat eerder alles wat regverdig is deur julle lewe vloei soos ’n rivier wat nooit gaan staan nie. (DB)

    Dit is nie alles so ingewikkeld nie. Aanbid God met jou hele hart, met alles wat jy is. Leef jou geloof in liefde uit deur billik en regverdig te wees. En moenie vasgevang word in al die bohaai nie.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the Show.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Show more Show less
    3 mins

What listeners say about God se Woord VARS vir jou Vandag

Average customer ratings

Reviews - Please select the tabs below to change the source of reviews.