God se Woord VARS vir jou Vandag  Por  arte de portada

God se Woord VARS vir jou Vandag

De: Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet
  • Resumen

  • JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenking bevat ‘n kragtige Bybelvers, met ‘n paar woorde van inspirasie, hoop en aanmoediging wat daagliks per e-pos na jou slimfoon, tablet of rekenaar gestuur word. Jy kan na die klank luister of die teks lees. Dit gaan alles daaroor om jou te help om God se stem te hoor, sodat jy in ‘n ryk, dinamiese en kragtige verhouding met Jesus kan leef. God se Woord in Afrikaans. Vars, vir jou, elke dag.
    © 2024 God se Woord VARS vir jou Vandag
    Más Menos
Episodios
  • Wonderlike Goeie Nuus
    May 31 2024

    Romeine 8:3,4 Wat die wet nie by magte was om te doen nie, omdat dit weens ons sondige natuur te swak was, dit het God gedoen. Hy het met die sonde afgereken deur sy eie Seun in dieselfde gestalte as die sondige mens te stuur; so het Hy die sonde in die sondige bestaan van die mens veroordeel. Nou kan ons aan die eise van die wet voldoen, óns wat ons lewe nie deur ons sondige natuur laat beheers nie, maar deur die Gees.

    Gehoorsaam jy die reëls? As jy 'n rybewys het, sê my, wanneer laas het jy gery sonder om die spoedgrens met 'n enkele kilometer per uur te oorskry?

    My eie onvermoë om die padreëls na te kom, het my nog altyd verstom. Ek is in 'n gedissiplineerde, Duitse gesin grootgemaak. Ek is vir vier jaar in die leër met streng dissipline opgelei om ‘n weermagoffisier te word. As iemand veronderstel was om te weet hoe om die reëls te gehoorsaam, sou jy tog gedink het dat dit 'n ou soos ek was, nè?

    Maar o nee, net soos jy, het ek al baie kere die padreëls oortree. Ons het immers almal gesondig. Ons almal het God beroof van die eer wat Hom toekom. (Romeine 3:23) Hoekom kan ons nie die reëls volg nie? Ons wil dalk, maar dit lyk asof ons net nie in staat is om dit te volg nie. Hier is die rede waarom:

    Romeine 8:3,4 Wat die wet nie by magte was om te doen nie, omdat dit weens ons sondige natuur te swak was, dit het God gedoen. Hy het met die sonde afgereken deur sy eie Seun in dieselfde gestalte as die sondige mens te stuur; so het Hy die sonde in die sondige bestaan van die mens veroordeel. Nou kan ons aan die eise van die wet voldoen, óns wat ons lewe nie deur ons sondige natuur laat beheers nie, maar deur die Gees.

    Ek het dit altyd 'n bietjie verwarrend gevind, totdat ek hierdie eenvoudige verduideliking van Martin Luther, die 16de eeuse Hervormer, gelees het: “Die wet ontdek die siekte. Die Evangelie gee die geneesmiddel.”

    God het gedoen wat die reëls nie kon doen nie. Hy het die lewe van Jesus aangebied om ons sonde te vernietig. Dis goeie nuus; ongelooflike goeie nuus.

    En dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the Show.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Más Menos
    3 m
  • Liefde is Nooit Oorbodig Nie
    May 30 2024

    Matteus 27:27-31 Daarna vat die soldate van die goewerneur vir Jesus in die ampswoning in en bring die hele leërafdeling rondom Hom bymekaar. 28Hulle trek toe sy klere uit en gooi Hom 'n pers mantel om. Hulle vleg 'n doringkroon en sit dit op sy kop en gee Hom 'n stok in sy regterhand. Toe bespot hulle Hom deur voor Hom te buig en te sê: “Ons groet u, Koning van die Jode!” Hulle het op Hom gespoeg en die stok gevat en Hom oor die kop geslaan. Nadat hulle Hom klaar bespot het, het hulle die mantel uitgetrek en weer sy eie klere vir Hom aangetrek. Toe lei hulle Hom weg om Hom te kruisig.

    Het jy al ooit 'n goeie daad vir iemand gedoen en dan verontwaardig gevoel omdat hulle dit nie eers erken het nie, wat nog te sê jou bedank het daarvoor? Dit laat jou nogal wonder, hoekom het ek die moeite gedoen?

    Is dit nie snaaks hoe ons reageer op hierdie oënskynlike afwesigheid van dankbaarheid nie? Wat sê dit van ons eie gevoel van ons reg op dank en erkenning? Ja, ons verbeel onsself mos al te maklik dat ons goeie daad op een of ander manier afneem in waarde, of selfs ongeldig gemaak word, deur 'n gebrek aan erkenning.

    Wat het geword van die idee dat 'n goeie daad op sigself intrinsieke waarde het? Dat liefde die waardevolste kommoditeit van almal is, selfs al aanvaar, verstaan of erken die voorwerp van ons liefde dit nie?

    Het jy dalk op die oomblik so iemand in jou lewe; iemand met wie jy in die versoeking kom om moed op te gee? Kom ons kyk hoe Jesus stilgebly het toe sondaars soos ek en jy, Hom uit onkunde beledig het.

    Matteus 27:27-31 Daarna vat die soldate van die goewerneur vir Jesus in die ampswoning in en bring die hele leërafdeling rondom Hom bymekaar. Hulle trek toe sy klere uit en gooi Hom 'n pers mantel om. Hulle vleg 'n doringkroon en sit dit op sy kop en gee Hom 'n stok in sy regterhand. Toe bespot hulle Hom deur voor Hom te buig en te sê: “Ons groet u, Koning van die Jode!” Hulle het op Hom gespoeg en die stok gevat en Hom oor die kop geslaan. Nadat hulle Hom klaar bespot het, het hulle die mantel uitgetrek en weer sy eie klere vir Hom aangetrek. Toe lei hulle Hom weg om Hom te kruisig.

    C.S. Lewis het dit so gestel: Liefde word nooit vermors nie, want die waarde daarvan berus nie op jou reg om op gelyke wyse behandel te word nie. Ons het lief, want God het ons eerste liefgehad.

    Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the Show.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Más Menos
    3 m
  • Wanneer Veiligheid Oorskat Word
    May 29 2024

    1 Korintiërs 15:30-32 En waarom sal ons ons lewens uur na uur in gevaar stel? Dag na dag verkeer ons op die randjie van die dood. Dit is die absolute waarheid, broers en susters, net so seker as dat julle ons trots is oor wat Christus Jesus ons Here vir julle gedoen het. Verder, waarom sou ek as’t ware met wilde diere in Efese geveg het as dit alles verniet was? As daar geen opwekking van die dooies is nie, “laat ons feesvier en dronk word, want môre sterf ons” (NLV)

    Die meeste van ons vermy gevaar. Ek praat nou nie van valskermspringers, bergklimmers en allerhande ander adrenalien-verslaafdes nie! Maar hier in die 21ste eeu smag die meeste van ons na veiligheid en gemak.

    Vandat ek onlangs 65 geword het, is dit ongelooflik hoe die sosiale media my peper met artikels oor wat dit verg om 'n gemaklike aftrede te hê, hoeveel geld ek sal nodig hê, watter sosiale kontakte ek moet maak, alles en nog wat oor hoe ek moet aftree.

    Afgesien van hoe ontstellend dit is om so deur hulle algoritmes geteiken te word, kan ek jou sê, dit is 'n ware lokval. Maar hierdie hoogs aantreklike wêreldse toevlug na veiligheid en gerief, is nie noodwendig wat God vir die res van ons tyd hier op aarde in gedagte het nie. Die apostel Paulus skryf in:

    1 Korintiërs 15:30-32 En waarom sal ons ons lewens uur na uur in gevaar stel? Dag na dag verkeer ons op die randjie van die dood. Dit is die absolute waarheid, broers en susters, net so seker as dat julle ons trots is oor wat Christus Jesus ons Here vir julle gedoen het. Verder, waarom sou ek as’t ware met wilde diere in Efese geveg het as dit alles verniet was? As daar geen opwekking van die dooies is nie, “laat ons feesvier en dronk word, want môre sterf ons” (NLV)

    Jawel, miskien is ek en jy nie tot dieselfde uiterstes as die apostel Paulus geroep nie, maar terselfdertyd, soos John A Shedd, ‘n19de eeuse skrywer dit gestel het, is 'n Skip in die hawe veilig, maar dit is nie die rede waarom skepe gebou word nie.

    Moenie te gemaklik raak nie. God het dalk 'n ander plan.

    Dis sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the Show.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Más Menos
    3 m

Lo que los oyentes dicen sobre God se Woord VARS vir jou Vandag

Calificaciones medias de los clientes

Reseñas - Selecciona las pestañas a continuación para cambiar el origen de las reseñas.